Brian Dames het in moeilike tye die nodige kennis en ervaring na Eskom gebring en sy bedanking is ʼn terugslag vir die kragreus, het die vakbond Solidariteit Donderdag gesê.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Eskom-baas bedank
Eskom het Donderdag aangekondig dat sy uitvoerende hoof, Brian Dames, bedank het.
Munisipaliteite skuld Eskom miljoene
Munisipaliteite regoor die land skuld Eskom glo meer as R1.4 miljard in agterstallige elektrisiteitsrekeninge.
Kragvoorsiening is beter, sê Eskom
Eskom het Donderdag gesê die kragvoorsiening het effens verbeter, maar die noodprotokol is steeds van krag.
Elektrisiteitsvoorsiening gaan volgende twee weke onder druk wees
Eskom het kennis gegee dat elektrisiteitsvoorsiening oor die volgende twee weke beduidend laer sal wees omdat Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in die Wes-Kaap vir langer as sewe weke vir geskeduleerde brandstofinname, inspeksie en instandhouding afgeskakel gaan word.
Medupi, Kusile in 2014 in werking
Suid-Afrika kan van volgende jaar af elektrisiteit van steenkoolkragstasies soos Medupi in Limpopo en Kusile in Mpumalanga verwag, het Eskom Woensdag gesê.
AfriForum verhoed dat elektrisiteit afgesny word
Die elektrisiteitstoevoer na Lydenburg, Graskop en Sabie sou afgesny word.
Eskom dreig om krag in Vrystaat te sny
Eskom dreig glo om elektrisiteitstoevoer na sommige munisipaliteite in die Vrystaat, wat die kragvoorsiener miljoene rande skuld, af te sny, het RSG Vrydag berig
Video: Eskom in sop oor kabels
Inwoners van ‘n landgoed in Midrand in Gauteng sleep Eskom hof toe. Hulle wil die kragvoorsiener dwing om kabels, wat oor hulle huise gespan is, te verwyder, omdat hulle glo dit hou ‘n gesondheidsgevaar in.
DA gaan Medupi-kontrakte ondersoek
Eskom het ingestem om die Demokratiese Alliansie toegang te bied tot al sy ooreenkomste met Medupi-kontrakteurs.
NUM ontken Eskom-ooreenkoms
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Vrydag ontken dat hy ʼn loonooreenkoms met Eskom aangegaan het nadat sy sustersvakbond, Numsa, aangevoer het dat die ooreenkoms onderteken is.
“Meeste werknemers” terug by Medupi
Eskom het gesê meeste van sy personeellede het Donderdag by die Medupi-aanleg vir werk opgedaag.
Protesaksie by Medupi
Konstruksiewerk by Eskom se Medupi-aanleg is Woensdag glo weer ontwrig ná ʼn beweerde arbeidsgeskil.
Eskom: Solidariteit-lede staak nie
Ondanks die feit dat werknemers van Eskom tans onder selfs groter druk moet werk en Eskom se loonaanbiedings tot dusver ’n klap in die gesig was, beklemtoon die vakbond Solidariteit dat sy lede nie aan enige onwettige stakings sal deelneem nie.
Eskom: Voorafbetaalde-elektrisiteitstelsel tydelik buite werking
Eskom se voorafbetaalde-elektrisiteitstelsel sal van Sondagaand tot Maandagoggend nie beskikbaar wees nie weens ‘n opgradering aan die stelsel.
Solidariteit ontevrede met Eskom-aanbod
Die vakbond Solidariteit het Eskom se salarisaanbod van 5,6% as teleurstellend beskryf en verder sy kommer uitgespreek oor die elektrisiteitsreus se voorstel vir ʼn vyfjaar-ooreenkoms.
Numsa versoek Medupi-ondersoek
Numsa het Donderdag versoek dat ʼn onafhanklike ondersoek oor beweerde samespanning deur konstruksiemaatskappye by die Medupi-kragstasie in Limpopo ondersoek moet word.
Geen beurtkrag nie, sê Eskom
Eskom het Suid-Afrikaners verseker dat hulle nie, weens probleme by die Medupi-kragstasie, aan kragonderbrekings blootgestel gaan word soos wat in 2008 gebeur het nie, het die SAUK Woensdag berig.
Medupi-vertraging dalk weens sabotasie
Volgens Numsa het kontrakteurs wat by Eskom se Medupi-kragaanleg werk, moontlik glo met opset die werk daar saboteer.
Medupi nie gereed teen Desember 2013
Een van Medupi se ses 800MW-eenhede sal nie teen die einde van die jaar kan krag lewer nie, het Eskom Maandag gesê.