Eskom moes Woensdag werkers van ʼn konstruksietonnel by die Ingula-pompstasie naby Ladysmith in KwaZulu-Natal ontruim.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Eskom soek nog nuwe baas
ʼn Tussentydse uitvoerende hoof sal aangestel word wanneer Eskom se huidige uitvoerende hoof, Brian Dames, aan die einde van Maart uittree.
Eskom: “Elektrisiteitskrisis nog nie verby”
Alhoewel Suid-Afrika se elektrisiteitnetwerk gestabiliseer is, is die land se kragkrisis nog nie verby nie, het EWN Maandag berig.
Video: “Daar kan weer beurtkrag wees”
Die hoofoorsaak van verlede week se beurtkrag is volgens Eskom opgelos maar tog beteken dit nie die ligte gaan noodwendig aanhou brand nie.
Geen beurtkrag vandag verwag
Eskom het Sondag gesê hulle voorsien nie die nodigheid om vandag beurtkrag in werking te stel nie.
Kragnetwerk steeds onder druk – Eskom
Eskom het Saterdag gesê die land se elektrisiteitnetwerk is steeds onder druk, maar dat beurtkrag tans nie oorweeg word nie.
Eskom: Kragtekort kan tot April voortduur
Eskom het Vrydag tydens ʼn perskonferensie gesê probleme met die land se elektrisiteitstoevoer kan tot in April voortduur met die moontlikheid dat gereelde beurtkrag ingestel kan word.
Nuuskommentaar: Eskom se twak (is nat), en die wêreld brand
Beurtkrag is kwalik wat ‘n regerende party twee maande voor ‘n algemene verkiesing wil hê. Eskom se verweer dat die baie reën die steenkool te nat gemaak het, word redelik algemeen as twakstorie beskou, terwyl ander meen die geure dui op ‘n omvattender probleem.
Beurtkrag voorlopig opgehef
Eskom het Donderdagaand om 22:00 die noodtoestand met die land se elektrisiteitstoevoer en gepaardgaande beurtkrag vir Vrydag voorlopig opgehef.
Pretoria gewaarsku oor beurtkrag
Inwoners van Pretoria moet gereed maak vir beurtkrag van tussen drie en vier ure per sessie.
Beurtkrag veroorsaak vertragings by OR Tambo
Die OR Tambo Internasionale Lughawe buite Johannesburg het Donderdag vlugvertragings ervaar weens ʼn kragonderbreking.
“Beurtkrag het geen impak op die ekonomie nie”
Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake het Donderdag gesê die regering het nie enige berigte ontvang dat die ekonomie deur die kragonderbrekings geraak word nie en het beurtkrag as ʼn “tydelike terugslag” beskryf.
Eskom: Beurtkrag begin vandag
Eskom het Donderdagoggend ʼn noodtoestand rakende die land se elektrisiteitstoevoer afgekondig en amptelik bekend gemaak dat beurtkrag vanaf 09:00 ingestel gaan word.
Eskom waarsku oor wintermaande
Malusi Gigaba, die minister van openbare ondernemings, het Dinsdag gesê die elektrisiteitstoevoer sal tussen April en Julie onder erge druk verkeer.
Eskom: Kragopwekkers steeds buite werking
Vier van Eskom se kragopwekkers, wat vandeesweek tegniese probleme ondervind het, is nog steeds buite werking.
Eskom-noodtoestand opgehef
Eskom het Vrydag die noodtoestand in die land se elektrisiteitstoevoer opgehef, aangesien die druk op die stelsel effens verlig is.
Eskom kondig noodtoestand aan
Eskom het Donderdag ʼn noodtoestand in die land se elektrisiteitstoevoer aangekondig en ʼn beroep gedoen op groot nywerheidskliënte om kragverbruik met ten minste 10% te verminder.
Man dagvaar Eskom omdat sy gebede kragonderbrekings voorkom het
ʼn Man van Noordwes dagvaar Eskom vir R250 miljoen omdat hy beweer sy gebede het verhoed dat kragonderbrekings tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 voorgekom het, het Beeld Dinsdag berig.
Eskom se salarisverhoging stel teleur
Die vakbond Solidariteit het vandag sy teleurstelling uitgespreek oor Eskom se 5,6%-verhoging op sy werknemers se basiese salaris in die 2013/2014-boekjaar.
Eskom ontken gerugte oor beurtkrag
Eskom het Donderdag gesê dat elektrisiteitstoevoer oor die volgende drie maande onder druk sal verkeer terwyl instandhoudingswerk gedoen word, maar het ontken dat daar enige formele planne vir beurtkrag op die tafel is.