Dan Marokane sal na verwagting as die nuwe uitvoerende hoof van Eskom aangestel word nadat daar amper ʼn jaar lank na ʼn nuwe kandidaat gesoek is.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Fase 4 weer hier
Fase 4-beurtkrag is vanmiddag laat ingestel.
‘Ganse kragstelsel moet herbou word’ – verslag
Luidens ʼn verslag deur die Harvard Universiteit kan ongeveer 40% van die vertraging in Suid-Afrika se ekonomiese groei toegeskryf word aan die ineenstoring van nutsdienste, soos Eskom.
Beurtkrag ‘ongrondwetlik’, beslis hof
Die hof het dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, opdrag gegee om hospitale, skole en polisiestasies teen volgende maand van beurtkrag vry te stel.
‘In duie stort van kragnetwerk onwaarskynlik’
ʼn Stemboodskap wat die afgelope week die rondte gedoen het, waarsku dat groot ondernemings regmaak vir ʼn algehele ineenstorting van die kragnetwerk.
Fase 5, 6-beurtkrag geld nou ondanks nog ʼn Kusile-eenheid
Eskom se aankondiging oor ʼn hoër fase beurtkrag kom enkele ure nadat hy met tevredenheid aangekondig het dat die Kusile-kragstasie se eenheid 2 Dinsdag, twee dae voor die beplande datum, tot die kragnetwerk bygevoeg is.
Eskom ‘mislei’ oor beurtkragskedules
Dit is nie die eerste keer dat gerugte die ronde doen dat beurtkrag op veel hoër fases ingestel word as wat amptelik aangekondig word nie.
Fase 6-beurtkrag: Noodreserwes moet aangevul word
Die kragvoorsiener het vroeër gesê ’n tekort aan opwekkingsvermoë en noodreserwes het hom genoop om drasties die fase te verhoog.
Fase 6 is terug (en dít heelnaweek)
Eskom het Vrydag “met groot spyt” aangekondig dat fase 6 vanaf 12:00 ingestel sal moet word.
NVG wil voortgaan met korrupsiesaak teen oud-Eskombaas
“Die geskiedenis sal diegene van ons vryspreek wat die ligte vir drie ononderbroke jare in die tydperk van 2015 tot 2018 suksesvol aangehou het sonder om geld met diesel te verbrand en sonder om op instandhouding te besnoei.”
Korrupsiesaak teen oud-Eskombaas van hofrol geskrap
“Ons harte was altyd op die regte plek,” het die oud-Eskomhoof, Matshela Koko, gesê.
Fases 1, 2 én 3 dié week
Eskom sê fase 3-beurtkrag sal tot Maandag 05:00 duur weens die tekort aan opwekkingskapasiteit en die behoefte om noodreserwes te bestuur.
Fase 3-beurtkrag nou van krag
Dié aankondiging kom ondanks die nuus dat eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale Saterdag ná byna ’n jaar weer aanlyn gebring is.
Jap Burger getuig oor voortgesette staatskaping by Eskom
“Brig. Burger het tydens vandag se verhoor benadruk dat ‘staatskaping’ steeds algemeen voorkom in staatsinstansies, met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) as voorbeeld.”
Bates bevries ná familie glo miljoene by Eskom steel
Kragkoepons ter waarde van meer as R36 miljoen is deur dié sindikaat onwettig vervaardig en aan mense verkoop. Die familieonderneming het in ’n stadium só winsgewend geword dat dit oor al nege provinsies uitgebrei het.
Eskom stel weer teleur, erken minister
“Solank ons nie die probleem van beurtkrag oplos nie, sal mense nie in Suid-Afrika belê nie en die tekort aan inkomste nie opgelos word nie.”
Eskom wil glo miljoene betaal vir nuwe logo
Eskom hou die land aan ʼn lyntjie met die gereelde waarskuwing dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word. “Dit is verstommend dat hul prioriteit in hierdie stadium ʼn logo-verandering is,” sê die DA.
15 000 SA’ners kan dalk weens besoedeling sterf
ʼn Nuwe studie wys daarop dat lewensverlies by die duisende kan beloop as daar nog vertragings is om steenkoolaanlegte buite werking te stel.
Soveel gaan Eskom vir krag van buurlande opdok
“Dit gee stukrag aan Suid-Afrika se pogings om meer megawatt as moontlik by die nasionale elektrisiteitsnetwerk te voeg en die kwessie van beurtkrag aan te pak.”
Herstel van Kusile ‘vroeër as verwag’
Die minister van elektrisiteit is positief dat die verbetering in die opwekkingskapasiteit die einde van beurtkrag kan beteken.