Eskom het Donderdag drie leenooreenkomste met die Afrika-ontwikkelingsbank onderteken ná die bank finansiering van sy privaat sektor goedgekeur het.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Eskom se wins styg skerp
Eskom sal nie langer Suid-Afrika se groei aan bande lê nie, het die kragverskaffer se voorsitter gesê nadat die staatsinstelling se wins vir die jaar tot einde Maart skerp gestyg het.
Eskom waarsku oor verkiesingsplakkate
Eskom het Maandag politieke partye gewaarsku om nie verkiesingsplakkate aan enige van sy infrastruktuur, insluitende lamppale en mini-substasies, aan te bring nie.
Mabopane-Oos in donkerte gehul terwyl Pretoria-onluste voortduur
Eskom het Dinsdagaand gesê ongeveer 25 000 gebruikers word geraak deur ʼn transformator by ʼn substasie in Mabopane-Oos, wat omstreeks 18:00 afgeskakel het en het dié informele nedersetting in Pretoria in donkerte gehul.
Voormalige Eskom-hoë skuldig aan bedrog
Dawid Johannes Malherbe (56), ʼn voormalige senior werknemer van Eskom, is in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof skuldig bevind aan bedrog en geldwassery.
Nog ʼn eenheid by kragnetwerk gevoeg, sê Eskom
Eskom het Sondag gesê die laaste eenheid by die nuwe Ingula-kragstasie is gesinkroniseer en gereed om aangeskakel te word om ʼn bykomende 333 MW tot die kragnetwerk by te dra.
Eskom sê oor Gauteng-kragonderbrekings
Eskom het gesê die kragonderbrekings wat die afgelope ruk oor groot dele van Gauteng voorgekom het, is nie beurtkrag nie.
100 jong ambagslui vir kernkragopleiding gewerf
Eskom het 100 jong ambagslui gewerf vir sy vlagskip-opleidingsprogram vir kern-operateurs as deel van ʼn inisiatief om die jeug in dringend noodsaaklike vaardighede op te lei.
Eskom tree proaktief op voor die winter
Eskom het sy naweekinstandhoudingsplanne gewysig om seker te maak die kragvoorsiener kan voldoen aan die groter aanvraag gedurende die winterseisoen.
Eskom sê oor beurtkrag dié winter
Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het verslaggewers Donderdag buite die parlement toegespreek oor Eskom se verwagting rondom die instelling van beurtkrag in die komende wintermaande.
Eskom-werkers se raaiselagtige dood ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die dood van twee Eskom-werkers wat vandeesweek in raaiselagtige omstandighede gesterf het.
Kragdiewe kos Eskom miljarde per jaar
Eskom het Maandag gesê hy sal alles in sy vermoë doen om elektrisiteitdiefstal hok te slaan, aangesien die maatskappy na raming R7,5 miljard per jaar hieraan verloor.
Só sê Eskom oor Gupta-bewerings
Eskom het Dinsdag ʼn verklaring uitgereik wat betref bewerings oor wanbestuur en inmenging by die kragvoorsiener.
Eskom kry R2,6 miljard-lening vir skoon energie
Die Brics-lande se Nuwe Ontwikkelingsbank het die eerste fase lenings ter waarde van $811 miljoen goedgekeur vir hernubare energieprojekte.
Kragonderbrekings opgeskort ná Eskom-ooreenkoms
Eskom het ʼn ooreenkoms met drie munisipaliteite in Mpumalanga bereik en kragonderbrekings by vier munisipaliteite opgeskort.
Vyf vas oor diefstal van Eskom-toerusting
Vyf persone is vandeesweek in hegtenis geneem in verband met die diefstal en onwettige verkope van toerusting wat aan Eskom behoort in Randfontein in Gauteng.
Hoër kragtariewe van vandag af gehef
Kragverbruikers sal van vandag af 9,4% meer vir elektrisiteit betaal nadat die hooggeregshof in Pretoria ʼn aansoek deur die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) van die hand gewys het.
Noordwes-munisipaliteit betaal sy Eskom-skuld
Die Madibeng- plaaslike munisipaliteit in Noordwes het sy skuld ter waarde van meer as R20 miljoen aan Eskom betaal.
Outa hof toe oor Eskom-tariefverhoging
Die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) sal volgende week aansoek doen om ʼn dringende hofinterdik om die implementering van ʼn 9.4% elektrisiteitstariefverhoging te verhoed.
Grootste sonkragaanleg in Afrika aangeskakel
Die grootste sonkragaanleg in Afrika is Donderdagoggend in die Noord-Kaap aangeskakel.