“Molefe het gerieflikheidsonthalwe probeer om die verdoemende onthullings in die openbare beskermer se staatskaping-verslag tydens mediakonferensies weg te verduidelik.”
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
‘Geen kernkrag voor geloofwaardige kragplan’
“As die minister nie gehoor gee aan ons versoek nie, mag sy daarvan beskuldig word dat sy haar pligte en verantwoordelikhede teenoor Suid-Afrika versuim.”
Eskom: ‘Staatskaping-verslag nie feite’
Ben Ngubane, voorsitter van die Eskom-raad, het Vrydag gesê Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se bevindinge rakende Brian Molefe, hoof van Eskom, is nie op feite gegrond nie.
Huiseienaars gemaan om bedrading na te gaan
Eskom het huiseienaars gemaan om seker te maak dat die elektriese bedrading in hul huise op standaard en veilig is.
Eskom-hoof vra almal moet voorafbetaalde krag gebruik
Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag gesê wetgewing moet ingestel word om voorafbetaalde elektrisiteit die norm vir alle huishoudings te maak.
Geskeduleerde instandhouding by Koeberg beplan
Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad sal Maandag van die kragnetwerk afgehaal word vir beplande instandhouding ná ʼn rekord 474 dae.
Nog ʼn Medupi-eenheid by kragnetwerk gevoeg
Eskom het Vrydag aangekondig eenheid nommer vyf van die Medupi-kragstasie is gesinkroniseer en is die tweede van ses 800MW eenhede om aan die nasionale kragnetwerk gekoppel te word.
Eskom verhaal byna R40 miljoen in Soweto
Soweto skuld Eskom sowat R4 miljard in agterstallige betalings, terwyl die kragvoorsiener ongeveer R2 miljard ʼn jaar weens onwettige elektrisiteitsaansluitings verloor.
Nersa-appèl kan lei tot prysskok
AfriSake het Saterdag gesê hy is van mening dat Eskom-verbruikers verdere kragtariefverhogings in die gesig kan staar.
Minister paai ná nog geldkrane toegedraai word
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het beleggers gerusgestel dat Suid-Afrika se semistaatsinstellings stabiel is nadat ʼn tweede batebestuurder aangekondig het dat hy nie die land se maatskappye in staatsbesit verder gaan finansier nie.
Eskom-hoof: ‘Guptas het niks verkeerd gedoen’
Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag ontken dat die kragvoorsiener nie sy samewerking aan die Tesourie gegee het in ʼn ondersoek na die staatsentiteit se steenkoolkontrakte nie.
ANC wil vergader oor Eskom
Die ANC het ʼn vergadering belê vir die ministers van finansies, energie en openbare ondernemings om die voortslepende kwessie oor Eskom se steenkoolkontrak met die Gupta-beheerde Tegeta-maatskappy aan te roer.
Appèl kom teen Eskom-hofuitspraak
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gaan appèl aanteken teen ʼn hooggeregshofuitspraak dat Nersa ʼn vroeëre besluit moet hersien, waarin hy Eskom toegelaat het om elektrisiteitspryse met 9.4% vanaf 1 April te verhoog.
Video: Is Eskom-hofuitspraak goeie nuus vir verbruikers?
Kragverbruikers juig na die uitspraak deur die Noord-Gautengse hooggeregshof dat Eskom se prysverhogings onregmatig was.
Eskom-staking eindig ná ‘beste aanbod nóg’
Eskom het Vrydag aangekondig ʼn salarisooreenkoms is ná ʼn 14 uur lange onderhandelingsessie met vakbonde bereik.
Eskom-staking: ‘Bedrywighede word nie beïnvloed’
Die onbeskermde staking, waaraan nagenoeg 15 000 Eskom-werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM) by kragstasies landswyd deelneem, het geen uitwerking op bedrywighede nie, het die kragverskaffer Donderdag gesê.
Eskom-werkers staak
Nagenoeg 15 000 Eskom-werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM), het Woensdag by ʼn onbeskermde staking aangesluit ten spyte van ʼn hofbevel wat die kragverskaffer Dinsdagaand bekom het.
Drie Eskom-base by Koeberg geskors
Eskom het aangekondig hy het drie senior bestuurders by sy Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap geskors.
Eskom ontken werkers staak
Eskom het Maandag ontken dat werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM) Maandag begin staak het nadat voortslepende loononderhandelings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vasgeval het.
Staking dreig by Eskom
Die vakbond het gesê hy “betreur Eskom se vuil taktiek en die arrogante houding wat tydens die loononderhandelinge vertoon is”.