Waar was dié Westelike Provinsiespan tot dusver in die Curriebekerreeks? Die Streeptruie het hulle wedstryd teen die Sharks Saterdag op Nuweland 34-27 gewen.
Lees meerAlles vir Saterdag 3 September 2016
Nuwe mylpaal vir gewilde Afrikaanse sanger
Afrikaanse sanger Refentse Morake se debuutalbum, My hart bly in ʼn taal, het in etlike maande platinumstatus bereik met meer as 30 000 CD’s wat reeds verkoop is.
Rowers jaag teen polisiekar vas om dienspistool te buit
Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na sewe verdagtes wat Saterdagoggend ʼn 26-jarige polisiekonstabel geskiet en van sy dienspistool beroof het.
Dogters kom op vermoorde ma se liggaam af
Die liggaam van ʼn 42-jarige vrou, wat as ʼn administratiewe klerk vir die Limpopo-polisie gewerk het, is Saterdagoggend in haar huis aangetref.
Misdaadstatistiek: SA se gevaarlikste provinsie is…
Die nasionale misdaadstatistiek van 2015/2016 is Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met Statistiek Suid-Afrika, in die parlement bekendgemaak.
[Foto’s] Dronkbestuurder in Wes-Rand ná jaagtog aangekeer
ʼn Man in sy 30’s is Vrydag in Gauteng in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.
Twee agter tralies vir bankkaartdiefstal
Thembile Lindani (33) en Mziwabantu Mpandona (33) is vandeesweek in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Port-Elizabeth tot tronkstraf gevonnis nadat hulle mense se bankkaarte gesteel en bedrog gepleeg het.
Nog ʼn dodelike ongeluk op Pta-paaie
Skaars ʼn dag nadat drie mense dood is in ʼn trompop botsing in Pretoria, is nog drie mense Saterdag dood toe ʼn motor en Hyundai-vragmotor gebots het.
Man in huisroof doodgeskiet
ʼn 36-jarige man is Saterdagoggend tydens ʼn huisroof in Westville in Durban doodgeskiet.
Borgtog vir polisieman wat glo vrou doodskiet
Die 39-jarige polisiebeampte van die Noord-Kaap wat daarvan verdink word dat hy sy 36-jarige vrou met sy dienspistool doodgeskiet het, is Vrydag op borgtog vrygelaat.
Trolliestoter swaar gevonnis vir moord by supermark
ʼn 25-jarige waentjiestoter is vandeesweek swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ʼn mede-waentjiestoter ná ʼn geskil by ʼn supermark in KwaZulu-Natal.
Nersa-appèl kan lei tot prysskok
AfriSake het Saterdag gesê hy is van mening dat Eskom-verbruikers verdere kragtariefverhogings in die gesig kan staar.
[Foto’s] Skaapdiewe loop hul rieme styf
Vier mans is vandeesweek in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in ʼn gesamentlike poging deur die polisie en plaaslike boere van die Uitenhage-omgewing.
Drie sterf in Pta-botsing
Drie mense is dood en twee kritiek beseer nadat twee voertuie Vrydag reg van voor in Pretoria gebots het.
Gedagte vir die dag: Vier jou geloof
Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek. (Eksodus 15:2)