Vandag sou Doggerland stellig kon verwys na ’n plek waar die slagoffers goedgelowig fopnuus sou sluk omdat hulle gedink het die nuus is die waarheid. Vandag weet ons dit kan nie so wees nie, net soos daar nie plek is vir ’n doodloop teen fopnuus nie. Ons moet méér weet, en minder bog liggelowig opvreet.
Alles vir die sleutelwoord "fopnuus"
Fopnuus oor krag laat metro rooi sien
“Die boodskap waarsku die publiek oor grootskaalse kragonderbrekings in Pretoria en veroorsaak paniek.”
Nuuskommentaar: Om toegerus te wees is om weerbaar te wees
Hierdie ongewone nuuskommentaar is geïnspireer deur die skrywer se 90-jarige ma wat vroeg vanoggend oorlede is. Sy het ’n sin daarvoor gehad dat nuus korrek en met sorg oorgedra word.
Kommissaris ontken beweerde uitlatings oor plaasaanvalle
“Die kommissaris weerlê hierdie bewerings in die fopnuusartikel, want dit is vals en misleidend. Dit is duidelik met kwaadwillige bedoelings gepubliseer.”
Nuuskommentaar: Fopnuus aan die keel gegryp
Gaan die Europese Unie se beoogde veldtog om burgers toe te rus om fopnuus te herken kan werk as metode om dit te bekamp? Kan so ’n strategie in Suid-Afrika werk? Of moet die veldtogte om fopnuus in die wortel af te knip eerder gesteun word?
Só is fopnuus gebruik om die Swart Maandag-veldtog te kaap
Marie-Louise Antoni skryf oor die gewetenlose metodes wat deur Suid-Afrika se ras-ultragroep gebruik is om die land se rassediskoers te verdraai.
Só gaan Facebook fopnuus hok slaan
Facebook het Maandag ʼn nuwe stelsel bekend gestel wat glo sal help om fopnuus op dié sosialemediaplatform te bekamp.
Fopnuus: ‘Fees van die oningeligtes’
Mense is vandag baie onseker oor die politieke toestande in die land. Dié onsekerheid – wat terugkom na die politieke klimaat in die land – skep ʼn teelaarde vir fopnuus.”
Skrywer van ‘rassistiese’ MiWay-e-pos bekend
“Ek vra om verskoning vir my dade. Ek het impulsief en onverantwoordelik opgetree en nooit gedink dat die voorval so handuit kon ruk nie. Ek het geleer hoe gevaarlik sosiale media kan wees as dit misbruik word, veral in Suid-Afrika.”
Kenners sê oor MiWay se ‘rassistiese’ e-pos
Die bevinding van ʼn onafhanklike forensiese ondersoek ná ʼn rassistiese e-pos wat lyk of dit van ʼn MiWay-personeellid gestuur is, is bekend gemaak.
‘Ontstoke klant’ glo agter MiWay-‘rasseherrie’
ʼn Rasseherrie het amper oor die kop van die versekeraar MiWay losgebars nadat ʼn skermskoot van ʼn skynbare rassistiese e-pos wyd op sosiale media versprei is.
Nuuskommentaar: Tweespalt, fopnuus, tweespalt, verdomming, tweespalt, Zuma
Sedert verlede jaar, aldus die Oxford Dictionary, beweeg die wêreld in die post-waarheidera in. Fopnuus is ’n probleem, maar dit word ’n nog groter probleem as mense hul ore hiervoor uitleen, werklike feite verwerp en in die proses verdom.
Hillbrow-polisiestasie nié beroof terwyl beamptes slaap
Die Gautengse polisie het Woensdag bevestig die Hillbrow-polisiestasie in Johannesburg is nie deur dwelmverslaafdes beroof terwyl die beamptes wat aan diens was glo geslaap het nie.