ʼn Italiaanse man is Saterdag dood tydens ʼn valskermspringkompetisie by die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng"
Vermoorde polisiekolonel se identiteit bekend
Die polisiekolonel wie se liggaam Vrydagaand in ʼn straat in Turffontein in Johannesburg gevind is, laat ’n vrou en vier kinders agter.
EFF wil Pta se standbeelde vernietig
Die EFF in Pretoria het gesê hy sal standbeelde van alle “apartheidsikone” in Pretoria vernietig, insluitend Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein.
Talle motoriste vas vir spoed, dronkbestuur in Jhb
Meer as 300 motoriste is sedert die begin van die Paasnaweek in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur en oortreding van die spoedgrens, het die metropolisie Saterdag gesê.
Polisiekolonel se lyk in straat gevind
ʼn Polisiekolonel van Gauteng se liggaam is Vrydagaand in ʼn straat in Turffontein, Johannesburg, gevind.
Man sterf ná hy van bakkie val
ʼn Man is dood nadat hy Vrydagaand in Garsfontein, in die ooste van Pretoria, van ʼn bakkie af geval het.
Gewilde winkelsentrum in Pretoria beroof
Vier gewapende mans het Donderdagoggend op die gewilde The Grove Mall in die ooste van Pretoria toegeslaan.
Man vas ná vrou in N14-botsing sterf
ʼn Man is in hegtenis geneem ná Woensdag se botsing op die N14 in Monavoni, Centurion, waarin ʼn vrou dood en ʼn man en twee kinders ernstig beseer is.
N14-ongeluk: Vrou dood, man en kinders beseer
’n Vrou is dood en ’n man en twee kinders is ernstig beseer in ’n ongeluk op die N14 naby die N1 in Monavoni, Centurion.
Man vas oor bewerings van Chabane-‘sluipmoord’
ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy op sosiale media beweer het die ongeluk waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, dood…
Seun (13) deur jagluiperd aangeval in Jhb-park
ʼn 13-jarige seun is deur ʼn jagluiperd aangeval en gebyt by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg.
Man ondervra oor bewerings van Chabane-‘sluipmoord’
Die polisie het bekend gemaak dat ʼn man vir ondervraging ingeneem is nadat hy op sosiale media beweer het die ongeluk waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, dood is, ʼn sluipmoord was.
‘Rower’ sterf tydens parkpartytjie
ʼn Vermeende rower in sy 30’s is Maandagaand noodlottig gewond nadat hy en medepligtiges probeer het om ʼn groep mans, wat ʼn partytjie in ʼn park in Johannesburg gehou het, te beroof.
Busbestuurder in Jhb geskiet
ʼn Busbestuurder is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagoggend op Ontdekkersweg in Newlands, wes van Johannesburg, geskiet is.
Herrie ná metropolisie ‘brood steel’
Daar het Maandag ʼn herrie losgebrand op sosiale media oor ʼn foto van Tshwane-metropolisiebeamptes wat glo brood gesteel het en dit in die kattebak van hul amptelike voertuig gelaai het.
Man vas ná verkragting van vyfjarige
ʼn Man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vyfjarige in Johannesburg se middestad verkrag het.
Voortvlugtige aangekeer wat glo polisiewapens gesteel het
Sibusiso Ngcobo (26) wat in Vaalbank in Gauteng uit polisieaanhouding ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Verseker vroegtydig jou kind se plek in ’n Afrikaanse skool
Ouers in Gauteng sal pro-aktief moet optree as hulle volgende jaar ’n plek vir hul kinders in Afrikaanse skole wil verseker.
Lughawensmaatskappy beboet oor prysvasstelling
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het ingestem om ’n boete te betaal vir die prysvasstelling van parkeerareas by die OR Tambo- internasionale lughawe in Johannesburg.
Departement pos werkers oor kwalifikasies
Die departement van gesondheid in Gauteng het met stappe begin teen tien werknemers wat glo vervalste kwalifikasies het.