Solidariteit Helpende Hand het vandag ingespring om voedingskemas by sewe skole in die platinumgordel te ondersteun en aan te vul, nadat hierdie voedingskemas aansienlik gegroei het sedert die stakings by die platinummyne begin het.
Alles vir die sleutelwoord "Helpende Hand"
Foto’s: Solidariteit Helpende Hand verskaf kos aan lede wat swaarkry weens mynstaking
Solidariteit Helpende Hand het vandag tien ton kos tydens uitreikaksies in Mooinooi en Rustenburg aan Solidariteit-lede versprei.
Kos aan Solidariteit-lede wat swaarkry weens voortslepende mynstaking
Solidariteit Helpende Hand sal Donderdag tydens ’n uitreikaksie in Mooinooi, Noordwes, kos aan Solidariteit-lede uitdeel.
Solidariteit Helpende Hand verklaar platinumgordel tot gedeeltelike rampgebied
Solidariteit Helpende Hand het vandag aangekondig dat hy die platinumgordel tot ʼn gedeeltelike rampgebied verklaar het vanweë die staking by platinummyne wat drie maande gelede begin het.
Entrepreneursterrein vir laerskool danksy boerbokke
Laerskool Dagbreek in Carletonville het besluit om ʼn entrepreneursterrein te bou met die R15 000 prysgeld wat Eddie Pienaar, die wenner van verlede jaar se Solidariteit Helpende Hand entrepreneurskompetisie, vir sy skool gewen het.
Honderde oumas gaan fliek saam met Sorina
Solidariteit Helpende Hand het onlangs ʼn honderd oumas van Centurion, Pretoria met ʼn spesiale vertoning van die nuwe Afrikaanse romantiese-komedie, Vrou Soek Boer, bederf.
Helpende Hand versoek OB om tenderproses vir Limpopo-voedingskema te ondersoek
Solidariteit Helpende Hand sal hierdie week die Openbare Beskermer (OB) versoek om dringend ’n ondersoek in te stel na die tenderproses van Limpopo se provinsiale onderwysdepartement se skolevoedingskema, nadat ’n tender van R7,7 miljoen toegeken is aan die dogter van Lily Kekana, die departement se bestuurder van spesiale projekte.
Instansie tevrede met Afrikaanse wiskundeleerlinge se prestasie
Te midde van kritiek oor die aantal matrieks wat in 2013 se eindeksamen in belangrike vakke soos wiskunde en wetenskap goed presteer het, is daar wel ʼn ligpunt wanneer gekyk word na die resultate van matrieks wat in Afrikaanse wiskunde presteer het.
Skole en studente verwelkom Helpende Hand-subsidie vir beter onderwys
Vyftig voornemende onderwysers pluk nou die vrugte van Solidariteit Helpende Hand se Projek Leerkrag.
Entrepreneurskompetisie: Helpende Hand se eerste wenner
ʼn Boerbokboer, erdwurm- en vetplantjieverkoopsman en beskuitbakker het mekaar die stryd aangesê om as die wenner van Solidariteit Helpende Hand se Entrepreneurskompetisie aangewys te word.
Helpende Hand gee R40 000 vir Wes-Kaap-vloedhulp
Solidariteit Helpende Hand het R40 000 bewillig om te voorsien in die behoeftes van mense wat deur die vloede in die Wes-Kaap geraak word.
Wanneer kry die ander haweloses ook huise, Zuma?
Solidariteit Helpende Hand betwyfel die ware rede vir president Zuma se oorhandiging van ongeveer 100 huise aan onder andere die inwoners van die Bethlehem-skuiling in die weste van Pretoria.
Entrepreneurskompetisie vir hoërskoolleerders skop af
Vandag se jongmense kom voor baie struikelblokke op die pad na die toekoms te staan. Hul wêreld lyk baie anders as die prentjie van die verlede.
Video: Bejaardes in nood bygestaan
Huis Hermon, ‘n versorgingsoord vir verswakte en behoeftige bejaardes in Pretoria, maak nou staat op die welwillendheid van vrywilligers om inwoners te versorg.
Soek werk in Afrikaans
Solidariteit Helpende Hand het die eerste Afrikaanse werksoekportaal bekendgestel.
Wit bedelaars wil werk
Dit wil voorkom of die algemene persepsie dat wit bedelaars nie wil werk nie, onwaar is.
Helpende Hand verras graad 1-leerlinge
Solidariteit Helpende Hand se Nasionale Skooltassieprojek het graad 1-leerlinge van Laerskool Danie Malan met skoolbenodighede verras.
Help behoeftige kinders met ʼn vroeë Kersgeskenk
Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassieprojek is weer aan die gang met fondse wat ingesamel word om in Januarie 2013 ten minste 5 000 tassies aan behoeftige Afrikaanse graadeens uit te deel.
Wêreld vier Internasionale Dag vir die Uitwissing van Armoede
“Miljoene mense ontvang die een of ander maatskaplike toelaag. Die skep van ’n welsynstaat bied nie ’n langtermynoplossing vir armoede nie,” sê welsynsorganisasie.
Studiefonds vir jong, belowende mediese studente gestig
Die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds is Dinsdagaand tydens ’n spoggeleentheid by die Centurion-teater gestig.