Die lugredery Lufthansa het Vrydag bevestig hy bied binnekort direkte vlugte tussen Frankfurt en Kaapstad.
Alles vir die sleutelwoord "Kaapstad"
Kaapstad as kreatiefste stad aangewys
Kaapstad het onlangs agt ander stede uitgestof en is aangewys as die kreatiefste stad ter wêreld.
Seun (12) help polisie om sy ‘verkragter’ vas te trek
ʼn Twaalfjarige seun het beamptes van die Kaapse metropolisie gehelp om ʼn man vas te trek wat hom na bewering verkrag het.
Fietstryer in Gordonsbaai doodgery
ʼn Fietsryer is dood nadat hy Sondagoggend op Sir Lowry’s Pass in Gordonsbaai in die Wes-Kaap getref is.
Man vas wat glo dwelms aan kinders verkoop het
Die polisie het ʼn vermeende dwelmhandelaar in hegtenis geneem wat glo dwelms aan skoolkinders in Plumstead, Kaapstad, verkoop het.
Kapenaars op hol oor ‘meteoriet’
Verskeie persone in Kaapstad het Vrydag op sosiale media aangedui dat hulle ʼn meteoriet deur die lug sien trek het.
13 in hospitaal ná gaslekkasie by gebou
Altesaam 13 mense is in die Groote Schuur- en New Somerset-hospitale opgeneem vir behandeling nadat ʼn skadelike gas glo Vrydag by ʼn gebou in Seepunt in Kaapstad gelek het.
[Foto] Eerste Picasso-werk in SA opgeveil
ʼn Skildery deur Pablo Picasso het verlede jaar die duurste kunswerk geword wat nog op ‘n veiling verkoop is en nou word een van die bekende kunstenaar se werke vir die eerste keer in Suid-Afrika opgeveil.
Kaapstad-damvlakke bly laag
Watervlakke van damme in Kaapstad is steeds laer as die gemiddelde vlakke vir dié tyd van die jaar.
‘Reeksverkragter’ nog nie met ander sake verbind
Die verdagte is in Maart in hegtenis geneem ná ʼn soektog van langer as vier maande nadat ʼn 23-jarige student aan die Universiteit Kaapstad op 19 November verkrag en van haar selfoon beroof is.
Talle onwettige vissersbote aan SA kus gewaar
Verteenwoordigers van die departement van landbou, bosbou en visserye is aan boord van ʼn vermeende onwettige vissersboot en in die proses om dit na die Kaapstadse hawe te vat.
Pinkie in die lug, kom drink tee in Langstraat
Kapenaars kan nou pinkie in die lug in die bekende Langstraat ook ʼn koppie tee geniet.
Twee vas oor miljoene se tik
ʼn Man en vrou is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat 17 kg tik van nagenoeg R4,5 miljoen in hul besit gevind is.
[Foto’s] Dwelmmuil probeer kokaïen as sjokolade insmokkel
ʼn 27-jarige beweerde dwelmmuil is Maandagmiddag by die Kaapstad-lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo kokaïen die land wou insmokkel.
EFF weer uit parlement verwyder
Die EFF het Woensdag, kort nadat die party se LP’s weer fisies uit die parlement verwyder moes word, gesê hulle sal nooit toelaat dat pres. Jacob Zuma die Nasionale Vergadering onverstoord toespreek nie.
Polisieman vas oor gewapende roof
ʼn Polisiekonstabel is in hegtenis geneem kort nadat hy en vyf medepligtiges na bewering ʼn transitovoertuig Dinsdagaand in Kraaifontein naby Kaapstad beroof het.
Twee vas oor 6-jarige se skietdood
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ʼn sesjarige meisie Maandag voor ʼn huis in Athlone, Kaapstad.
Vrou versteek glo dwelms in sjokoladeverpakking
ʼn Vrou is Maandag by die Kaapstadse Lughawe in hegtenis geneem nadat dwelms glo in haar bagasie gevind is.
Miljoene rand se skade aan Kaapstad-infrastruktuur
Die stad Kaapstad het Maandag gesê vandalisme aan die stad se infrastruktuur oor die afgelope drie jaar beloop meer as R12 miljoen.
Stadsraad eis Zuma se kop
Die stadsraad van die stad Kaapstad het vandeesweek ten gunste van ʼn mosie gestem waarin pres. Jacob Zuma versoek word om te bedank.