Die hofsaak van die minibusbestuurder wat glo die bekende bergfietsryer Burry Stander doodgery het, is Maandag uitgestel.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Foto’s en Video: EF1-sterkte tornado het Vryheid getref, meen kenners
Kenners by die Suid-Afrikaanse Weerdiens beweer die tornado wat Saterdag vir groot opwinding naby Vryheid in KwaZulu-Natal gesorg het, was glo ʼn EF1-tornado.
Ma, ouma in hof oor kleuter se dood
ʼn 31-jarige vrou en haar 55-jarige ma het in die Chatsworth-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn na die dood van die jonger vrou se driejarige dogtertjie.
Foto’s en video: Tornado in KZN
ʼn Reusetornado het glo Saterdag oor dele van Vryheid en Dundee in KwaZulu-Natal voorgekom.
Trompop botsing eis twee
Twee mense is Sondagmiddag dood en vyf beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor op die N2-snelweg naby die Mpoza-afrit in Zululand, KwaZulu-Natal, getref het.
KZN-ongeluk eis 7
Minstens sewe mense is dood toe ʼn sedan en ʼn bakkie mekaar op die N2 naby die Dokodweni-tolhek in KwaZulu-Natal getref het.
Vermiste vrou dood aangetref
Die liggaam van Ella Sophia Potgieter (43) is Dinsdag in Port Shepstone in KwaZulu-Natal opgespoor nadat sy op 13 November verdwyn het.
Gay man hof toe oor kraamverlof
ʼn Man van Durban wat in ʼn eenslagtige huwelik is en vir die regering werk, dagvaar sy werkgewer voor die arbeidshof nadat sy aansoek om kraamverlof afgekeur is, berig The Star.
N2 weens betogings gesluit
Die N2-snelweg naby Harding en Port Shepstone in KwaZulu-Natal moes Woensdagoggend vir verkeer gesluit word nadat inwoners in die gebied oor dienslewering betoog het.
Tweejarige verdrink in KZN-swembad
ʼn Tweejarige seuntjie het Dinsdag in ʼn swembad in Kapentabaai aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink.
Underberg-plaasmoord: Twee sit lewenslank
Twee mans is Maandag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord van Daniel (Dan) Knight in Oktober 2013.
Munisipale kantoor in Richmond afgebrand
Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat die munisipale bestuurder se kantoor vroeg Maandagoggend in Richmond, KwaZulu-Natal afgebrand het.
Man sterf toe hy boom tref
ʼn Man in sy 20’s is Sondagaand in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal dood nadat hy met sy motor teen ʼn boom gebots het.
Pasgebore baba in veld gelos
ʼn Pasgebore babaseuntjie is Donderdagoggend in ʼn veld langs Cliffweg in Westville, KwaZulu-Natal opgespoor.
Pa, seun vas oor leerling se dood
ʼn Pa en sy 15-jarige seun is in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ʼn hoërskoolleerling.
Graaf-aanvaller aangekeer
ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy Saterdagaand glo twee petroljoggies met ʼn graaf by ʼn vulstasie in Tongaat, KwaZulu-Natal aangerand het.
Petroljoggies met graaf aangeval
Twee petroljoggies is deur ʼn man met ʼn graaf aangerand by ʼn vulstasie in Tongaat in KwaZulu-Natal.
Veiligheidswag vermoor; twee vas
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn veiligheidswag tydens ʼn sakeroof doodgeskiet het in Margate, KwaZulu-Natal.
Vier in KwaMashu-hostel doodgeskiet
Vier mense is by die KwaMashu-hostel, noord van Durban in KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Vrou sterf in tref-en-trap
ʼn Vrou is Vrydagaand dood in ʼn tref-en-trap-ongeluk op die R61 naby Uvongo in KwaZulu-Natal.