Matthew Cordle, ʼn man van Ohio, Amerika, wat in ʼn video op YouTube bely het dat hy in Junie weens dronkbestuur ʼn man doodgery het, is Woensdag gevonnis.
Alles vir die sleutelwoord "moorde"
Tienerseun óók vas vir Clarens-moord
ʼn 17-jarige seun is in hegtenis geneem as die derde verdagte vir die moord op Daniel Wybenga (69), ʼn afgetrede universiteitsprofessor van Clarens in die Vrystaat.
Anene Booysen: Kana se getuienis “onbruikbaar”
Die uitwys van die misdaadtoneel deur ʼn man wat beskuldig word van die moord en verkragting op Anene Booysen, kan nie as getuienis gebruik word nie, het die rondgaande hof in Swellendam Maandag beslis
Toilet-moorde: Verdagte in hof
Die 29-jarige man wat beskuldig word van die moord en verkragting van twee Diepsloot-kleuters, het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
60-jarige in Bloem vermoor
Susan Olivier (60) is Donderdag dood aangetref in haar meenthuis in Pellissier, Bloemfontein.
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Die hofsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op ʼn boer en sy familie van Griekwastad verdink word, sal uitgestel word, het die Nasionale Vervolgingsgesag Donderdag gesê.
Mans skuldig bevind wat pa voor vrou, kinders skiet
Die Pretoriase hooggeregshof het Donderdag bewerings verwerp dat “rassistiese wit polisiebeamptes” twee swart mans glo vals wou beskuldig vir die moord op Dawie Maree, ʼn sakeman van Pretoria.
Vonnis vir pa wat baba vermoor
John Hendricks, die pa wat sy kleuter drie keer op die grond gegooi het omdat hy sy doek vuilgemaak het, is Donderdag vir dié moord gevonnis.
Bejaarde in PTA vermoor
ʼn 39-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op Catarina Carolina Cornelia Nel (83) wat Maandag dood aangetref is in haar woonstel in Rietfontein, Pretoria.
Talle SA’ners word vir selfone vermoor
Selfone is ʼn algemene motief vir moord in Suid-Afrika, het ʼn regter van die hooggeregshof Woensdag gesê.
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, is ontstoke nadat die liggame van twee kleuters, onderskeidelik twee en drie jaar oud, Dinsdagoggend in ʼn toilethokkie in die gebied opgespoor is.
Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het
Anene Booysen se beserings was die ergste wat die dokter, wat haar ná haar aanval behandel het, nog ooit gesien het.
Hooggeregshof verwerp pleitooreenkoms van pa wat baba vermoor
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag ‘n voorgestelde vonnis vir John Hendricks, ‘n pa wat sy tweejarige kleuter vermoor het, as “te toegeeflik” verwerp.
Twee vas vir Clarens-moord
Twee mans is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op Daan Wybenga, ʼn afgetrede akademikus van Clarens in die Vrystaat.
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Die twee kleuters wat Dinsdagoggend in ʼn toilethokkie in Diepsloot, noord van Johannesburg aangetref is, is oor die naweek as vermis aangemeld.
Baba Hope se moord ná 22 jaar opgelos
‘n Verhaal van ‘n onbekende kinderlykie wat 22 jaar gelede die wêreld aangegryp het, is volgens die polisie in New York ná 22 jaar uiteindelik opgelos.
Pastoor skuldig bevind aan moord
‘n Pastoor van Mpumalanga is Donderdag skuldig bevind aan moord nadat hy ‘n vermeende dief met ‘n bylsteel doodgeslaan het.
Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor
Johannes Kana is Maandag formeel aangekla van die verkragting en moord op Anene Booysen.
Polisie staan Oscar Pistorius se VSA-ondersoekers by
Die Suid-Afrikaanse polisie staan die Amerikaanse forensiese ondersoekbeamptes wat spesiaal deur die moord-beskuldigde Oscar Pistorius aangestel is om vir sy verdediging voor te berei, by in hul ondersoek.
Man in Despatch voor kinders vermoor
ʼn Man in sy 30s is Saterdag in die vroeë oggendure by sy huis in Despatch met ‘n skerp voorwerp gesteek en doodgeslaan.