Afrikaanse onderwysers kan nou registreer vir ʼn jaarlikse kongres wat fokus op die bevordering van onderwysers se professionele ontwikkeling, met ʼn spesifieke fokus op Afrikaans Huistaal en Wiskunde.
Alles vir die sleutelwoord "skole"
Fedsas ondersteun nuwe skolebeleid
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het vandeesweek in ʼn verklaring gesê die nuwe beleid, wat standaarde stel vir skoolhoofde in Suid-Afrika, wat op 18 Maart vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer is, is ʼn positiewe mylpaal vir onderwys in die land.
Met jou hulp kan ‘SolarTurtle’ gratis krag aan skool verskaf
Die stigters van ʼn innoverende sonkrag-aangedrewe mini-kragstasie, die SolarTurtle, het Donderdag ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaners vir skenkings wat kan help om ʼn elektrifiseringsprojek by ʼn behoeftige skool in ʼn informele nedersetting te voltooi. Die kragstasie sal die skool kosteloos optimaal van elektrisiteit kan voorsien.
Meer as 1 200 spelers by Klofie-netbalfees
Die jaarlikse Barloworld Klofie-netbalfees, wat ten doel het om wye blootstelling aan dié sportsoort te gee, het op 18 Maart begin en duur tot môre (23 Maart).
Pretoria-skole kan nou inskryf vir 2016 Cool Capital
ʼn Kunsprojek vir hoërskole in Pretoria word vanjaar vir die derde keer aangebied. Dié projek wat deel vorm van die Cool Capital-biënnale vind vanjaar van 23 September tot 31 Oktober in die Jakarandastad plaas.
Fedsas baan weg vir skoolbeheer-opleiding
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se eerste leerderberaad in die Wes-Kaap die afgelope week word beskou as ʼn belegging vir die toekoms van skoolbeheer-opleiding.
Steeds hoop vir swak SA opvoeding, sê EMU-direkteur
Hoewel Suid-Afrikaanse skole ’n groot agterstand het, is daar steeds baie hoop, het dr. Muavia Gallie tydens die ATKV se eerste onderwyskonferensie vroeër vandeesweek in Randburg in Johannesburg gesê.
Onderwystoekoms in gemeenskap se hande
Min lande ter wêreld bestee ʼn groter persentasie van hul jaarlikse begroting aan onderwys as Suid-Afrika. In 2015 is ongeveer 20% van die land se begroting aan onderwys toegewys.
Hupstoot vir SA skole met nuwe handleiding
Skoolbeheer en die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het onlangs opnuut ʼn sterk hupstoot gekry met die publikasie van ’n handleiding wat die King-beginsels vir goeie korporatiewe beheer vir openbare skole toeganklik maak.
Gauteng-skole vaar die beste
In die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen behaal Gauteng die grootste getal onderskeidings in Afrikaans Huistaal met 972 onderskeidings teenoor die Wes-Kaap se 966 onderskeidings.
Sewe instansies wil Christelike onderwys bevorder
Ongeveer sewe instansies wat direk of indirek betrokke is by onderwys en opleiding het hulle vandeesweek oor die noodsaak vir ‘n Christelike benadering uitgespreek.
Boksburg-skoolseuns geskors oor steroïdes
Twee leerlinge aan Hoërskool Dr. EG Jansen in Boksburg, Johannesburg, gaan dissiplinêr verhoor word nadat hulle met steroïdes betrap is, het Beeld Woensdag berig.
Leerlinge moet glo soos honde baklei
Leerlinge van ʼn skool in Springs in Ekurhuleni word glo gedwing om hondegevegte na te boots waartydens weddenskappe gemaak word op watter kind die meeste byt- en krapbeserings kan veroorsaak, het The Star Maandag berig.
Video: Skole is nie gereed vir nuwe slaagvereistes nie
Onderwyskenners meen talle skole is nie gereed vir die nuwe, hoër slaagvereistes vir graad sewe, agt en nege wat vanjaar in werking getree het nie.
Nuuskommentaar: Christen-reaksie op SA-gebeure
Christene se reaksie op gebeure in die land word tans veel meer getoets as net deur die litigasie oor die plek van ’n godsdienstige etos in skole.
Video: “Plek vir waardes en geloof in skole”
Te midde van ‘n vuurwarm debat en moontlike hofsaak oor die rol van godsdiens in staatskole het onderwyskenners gepleit vir groter fokus op etiek en morele waardes in die klaskamer.
Godsdiens in skole: AfriForum sal skole se regskostes dra
Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangebied om die volle regskostes van skole met ʼn Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen.
Christenwaardes in skole: Verset teen hofaksie gesteun
Die VF Plus steun die hewige versetreaksie teen die beoogde hofaksie wat daarop gemik is om ses Suid-Afrikaanse skole te verbied om Christenwaardes by die skole uit te leef, aangesien dit indruis teen die wese van demokrasie in die land.
Nuuskommentaar: Skole – beteken godsdiensvryheid géén godsdiens?
Die organisasie vir godsdienste-onderrig en demokrasie het ʼn aansoek in die hooggeregshof in Johannesburg gebring om ses skole landswyd te verbied om ʼn Christelike etos voor te staan. Maar beteken godsdiensvryheid noodwendig géén godsdiens? Herman Toerien neem die saak onder die loep.
Skool se rugby “te professioneel”
Hilton College, een van KwaZulu-Natal se topskole, weier glo om teen Glenwood Boys High in Durban rugby te speel, aangesien hulle “te professioneel” is, het The Mercury Maandag berig.