Die vakbond Solidariteit het vandag die terugtrekking van Brian Molefe se heraanstelling as uitvoerende hoof van Eskom verwelkom.
Alles vir die sleutelwoord "Solidariteit"
Solidariteit bou aan beroepsgildes
Solidariteit Beroepsgildes skep ʼn helpmekaar-beroepsgemeenskap vir Afrikaanse professionele beroepslui waar hulle kan tuisvoel in Afrikaans en waar hulle kan voel hulle dra betekenisvol by tot die behoud van hul beroepsrigting en hul eie loopbaanvordering.
Nomineer en wen: Op soek na SA se gesondheidsamaritane
Lede van die algemene publiek word uitgenooi om gesondheidspraktisyns te nomineer wat in hul opinie bo en behalwe dit wat in hul beroep verwag word opgetree het en dus verdien om as ʼn gesondheidsamaritaan vereer te word.
‘Spur-mense het gepraat, nie ek nie’ – Dirk Hermann reageer
“Wat ek aan jou oordra, is hoe mense voel. My ope brief aan jou het nie die gevoel begin nie; dit het die gevoel verwoord.”
Spur-hoof se ope brief aan Solidariteit
“Jou beskuldiging dat Spur die ‘diskoers in die wit gemeenskap’ verkeerd gelees het, mis die punt dat Spur nie op kwessies reageer deur dit deur ʼn ras-filter te beskou nie. Ons etiketteer nie mense nie.”
[Video] Solidariteit stuur #BouSaam-veldtog van stapel
Die veldtog, wat oor ʼn tydperk van drie maande gaan strek, het ten doel om gemeenskappe betrokke te kry om saam aan suksesvolle selfdoen-instellings te bou.
Molefe moet gaan ter wille van werkers, sê Solidariteit
Solidariteit het vandag ’n dringende hofaansoek beteken waarin die hof versoek word om verskeie besluite van die Eskom Raad van Trustees te hersien omdat dit ongrondwetlik en onwettig is.
‘Ek het my aptyt om by Spur te eet verloor’
“Julle het drooggemaak, Mark. Sê julle is jammer daaroor. Julle het ʼn gemeenskap wat vir jare jul lojale kliënte was, misken.”
GM onttrek uit SA: Swak ekonomiese beleid vernietig ekonomie
“General Motors se onttrekking uit die Suid-Afrikaanse mark is ʼn rimpeleffek van pres. Zuma se ondeurdagte kabinetskommeling in April vanjaar.”
Groot vergoeding ná onregmatige diskriminasie
Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn reusebedrag namens twee van sy lede in die departement van korrektiewe dienste (DKD) bekom nadat hulle oor die hoof gesien is vir betrekkings weens die DKD se regstellendeaksiebeleid.
Wetsontwerp oor landbougrondbesit verg noukeurige oorweging
Dié omstrede wetsontwerp poog om die regering se beheer oor en betrokkenheid by landbou te verbreed .
‘Godsdienssaak raak 24 000 skole’
“Wat die applikante doen, is om te probeer om die morele gom wat Suid-Afrikaners aan mekaar bind, te vernietig.”
Waterskeidingsaak oor godsdiens vandag in hof
ʼn Waterskeidingsaak oor die behoud van godsdiens in openbare skole begin Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof. Die saak spruit voort uit ʼn klein groep aktiviste…
VN gevra om SA te besoek oor vreemdelinghaat en haatspraak
Solidariteit het vandag deur middel van ʼn spesiale prosedure van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie versoek dat ʼn span onafhanklike kundiges Solidariteit se klag oor die gevaar van handhawing van dubbele standaarde ten opsigte van rassisme ondersoek.
Organisasies kan nie appelleer oor Afrikaans op Tukkies
Die regspan van die organisasies sal die uitspraak oor die weiering van verlof tot appèl bestudeer en aan die hand daarvan oor verdere optrede in dié saak besluit.
Solidariteit kla SA aan by internasionale instellings oor rassepraktyke
“Ons is almal moeg vir ras en die dubbele standaarde wat geld by die hantering daarvan. Die tyd om daaroor stil te bly, is verby. Ons mag nie toelaat dat minderhede, en spesifiek wit mense, deurlopend gekriminaliseer word nie.”
Massaklag teen rassisme by MRK ingedien
Die klag, wat deel vorm van die #StopRassisme-veldtog, fokus op die MRK se eensydige hantering van rassisme in Suid-Afrika.
Kwotas baat nóg wit, nóg swart: Ontwikkeling die enigste kuur
Ons durf nie toelaat dat kwotas afbreuk doen aan hierdie prestasies nie. Niemand vind baat by ʼn rassegebaseerde kwota nie – nie die spelers nie en ook nie die toeskouers nie en nog minder die land.
VN gevra om rasseuitsprake in SA te ondersoek
“Ons mag mos nie maak of dit reg is as Jacob Zuma sê alle probleme het begin toe Jan van Riebeeck hier aangekom het nie. Ons mag nie stilbly as Julius Malema sê sy doel is om wit mense se vrede te versteur en wit mense moet besef dat hulle net besoekers hier is nie.”
‘Misdaad dryf kundiges van plase af’
Mosioua Lekota, leier van Cope, het ’n donker prentjie geskep van hoe die verslegtende landboutoestande en situasies op plase Suid-Afrika stelselmatig afwaarts druk en tot erge armoede en werkloosheid aanleiding gee.