Vyftien personeellede van die SAPD-motorhuis wat Dinsdag in hegtenis geneem is nadat hulle glo polisievoertuie van hul onderdele gestroop het, het Donderdag in verskeie landdroshowe in die Oos-Kaap verskyn.
Alles vir die sleutelwoord "Valke"
Ses vas vir Absa-bankroof, werker steeds soek
Ses mense het in die Mhala-landdroshof in Mpumalanga verskyn weens ʼn onlangse bankrooftog waartydens R1,2 miljoen geroof is.
Valke se adjunk in KZN vas
Die adjunkhoof van die Valke in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem en het vlugtig in die hof verskyn.
Senior Valke-beampte vas vir omkopery
ʼn Senior beampte van die Valke in Durban is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en bedrog.
Skors polisieminister, vra DA
Die DA het ʼn parlementêre ondersoek geëis na die optrede van die minister van polisie ná ʼn uitspraak in die hooggeregshof dat die waarnemende hoof van die Valke oneerlik opgetree het.
Waarnemende Valke-hoof ‘oneerlik en het gebrek aan integriteit’
Berning Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, is oneerlik en het ʼn gebrek aan integriteit en eer, het ’n regter van die hooggeregshof Maandag gesê.
Valke ondersoek nie geskorste baas se ongeluk
Die Valke het Sondag bevestig dat hy nie ʼn ongeluk waarby sy geskorste hoof in Gauteng, Shadrack Sibiya betrokke was, ondersoek nie.
Vyf vas ná 8 renosters ‘verdwyn’
Die Valke het vyf vermeende renosterstropers in Mpumalanga in hegtenis geneem, amper vyf maande nadat agt renosters uit die Ohrigstad-natuurreservaat verdwyn het.
Geskorste Valke-baas het nie bedank
Anwa Dramat, geskorste hoof van die Valke, het nie bedank nie, het die polisie Vrydag gesê.
Waarnemende Valke-hoof wil Gauteng-hoof laat aankla
Berning Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, voer in hofdokumente aan dat die geskorste hoof van die Valke in Gauteng van ontvoering en regsverydeling aangekla moet word, het The Star berig.
Nog vier Valke geskors
Die Valke het aangekondig dat nog vier van sy lede geskors is met betrekking tot die beweerde onwettige uitlewering van vier Zimbabwiërs.
Hof sê oor skorsing van Gauteng se Valke-baas
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis dat genl.maj. Shadrack Sibiya, hoof van die Valke in Gauteng, se skorsing ongrondwetlik is.
Dramat en polisieminister bereik glo ooreenkoms
Anwa Dramat, geskorste hoof van die Valke, is op verlof geplaas nadat hy en Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, ʼn ooreenkoms bereik het.
Valke-hoof wen in hof
Nathi Nhleko, minister van polisie, se aansoek om te appelleer teen ʼn bevel dat Anwa Dramat, hoof van die Valke, se skorsing tersyde gestel moet word, is in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.
6 polisiebeamptes vas in 3 provinsies
Ses polisiebeamptes, van drie verskillende provinsies, is vir verskeie misdade in hegtenis geneem, het die Valke Sondag gesê.
Dramat-skorsing was wettig, sê Nhleko
Nkosinathi Nhleko, die minister van polisie, hou vol hy het binne die wet opgetree toe hy lt.genl. Anwa Dramat, hoof van die Valke, geskors het.
Dramat kan nie terugkeer werk toe nie
Anwa Dramat, hoof van die Valke, kan Maandag nie terugkeer werk toe nie, aangesien die polisieminister Nkosinathi Nhleko appèl aangeteken het teen die hof se besluit om sy skorsing onwettig te verklaar en terstond omgekeer het.
Valke-hoof se skorsing ongeldig
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis dat Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, se besluit om Anwa Dramat, hoof van die Valke, te skors, ongeldig is.
Gauteng se Valke-baas geskors
Die Valke het Dinsdagaand bevestig dat sy hoof in Gauteng, genl.maj. Shadrack Sibiya, geskors is.
Dringende aansoek oor Valke-hoof se skorsing uitgestel
ʼn Dringende hofaansoek deur die Helen Suzman Foundation (HSF) om die skorsing van Answa Dramat, hoof van die Valke, tersyde te stel, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel.