ʼn Halfmarathon, ʼn 10 km-wedloop en ’n 5 km-pretdraf word aangebied.
Alles vir die sleutelwoord "Voortrekkermonument"
Voortrekkermonument steeds ʼn trekpleister vir jonk en oud
Nadat die bekende Voortrekkermonument in Groenkloof in Pretoria onlangs om die verkeerde redes in die nuus was weens misdaadvoorvalle op die terrein, het die bestuur alles in sy vermoë gedoen om die veiligheid by dié onmisbare erfenisbaken op te skerp en bied die monument nou meer aktiwiteite en besienswaardighede as ooit vantevore.
Vier Erfenisdag by die Voortrekkermonument
“Die Erfenisfees gaan ’n heerlike gesinsdag vol interessante aktiwiteite en kultuurdemonstrasies wees.”
Vrou (19) by Voortrekkermonument verkrag
Die voorval het Saterdag tydens die antiek-en-versamelaarsmark plaasgevind.
Voortrekkermeisies was ‘dapper’ tydens aanval
“Die Voortrekkermeisies en die vroue-offisiere verdien spesiale vermelding vir hul dapper optrede tydens die voorval.”
Voortrekkermeisies by monument aangeval; nóg ʼn voorval ure later
“Ons is geweldig getraumatiseer oor dié twee voorvalle wat etlike ure uit mekaar plaasgevind het.”
Nuwe borsbeeld by Voortrekkermonument onthul
Die Voortrekkermonument in Pretoria het Donderdagaand nog twee besienswaardighede bygekry toe ʼn borsbeeld van die monument se argitek, Gerard Moerdyk, en ʼn inligtingsplaat oor hom, by die monument onthul is.
Skare stroom na Geloftediens by Voortrekkermonument
“Die Gelofte is [in die boodskap] deurgetrek na ons situasie in Suid-Afrika vandag en ook na elkeen se persoonlike lewe.”
Geskiedenis: Feite of geïnterpreteerde feite?
Dat Jan van Riebeeck op 6 April 1652 voet aan wal in Tafelbaai gesit het, is ʼn feit soos ʼn koei. Dat Suid-Afrika se probleme toe begin het, is die vertólking wat pres. Jacob Zuma daaraan heg. Die twee is nie dieselfde nie, en as ons die geskiedenis behoorlik wil verstaan, sal ons daardie onderskeid moet begryp.
Pretoria spog met Afrikaanse ‘handelshuis’
Die grootste Afrikaanse winkel van sy soort, De Afrikander Handelshuis (D.A.H), het amptelik sy deure by die Voortrekkermonument oopgemaak.
Kultuurerfenis in die nuwe Suid-Afrika
Byna 23 jaar later en die toekoms van Afrikaners se kultuurerfenis lyk nie aldag so rooskleurig in die nuwe Suid-Afrika nie. Tog is daar vele ligpunte op die terrein, maar dit verg ʼn passievolle gemeenskap wat self verantwoordelikheid neem vir die bestuur en behoud van hulle gedenkwaardighede.
Groot Trek onder die loep by gedenklesing
Die Groot Trek kom onder die loep by vanjaar Gerard Moerdijk-gedenklesing op 29 Maart by die Voortrekkermonument.
Voortrekkermonument en Vryheidspark vat hande
Die Voortrekkermonument en Vryheidspark in Pretoria het opnuut ’n memorandum van verstandhouding en samewerking onderteken.
[Foto’s] Voortrekkers vier 85 jaar, onthul beeld en trap dinamiese nuwe spore
Die Voortrekkers het die afgelope naweek, as deel van die beweging se 85ste bestaansjaarviering, ʼn spiksplinternuwe beeld op die Voortrekkermonument-terrein onthul, Die Voortrekkers Kook-resepteboek bekendgestel…
Die Voortrekkers: Ná 85 jaar steeds relevant
Die Voortrekkers vier vanjaar sy 85ste bestaansjaar en is ná agt dekades steeds ʼn relevante organisasie wat die moderne Afrikaner-jeug bemagtig om suksesvol te wees in sy roeping tot diens. Dié beweging is ʼn plek waar die jongspan waardevolle vaardighede en Christelike waardes aanleer.
Vrou weer aan hoof van Voortrekkermonument
Die direksie van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting het aangekondig dat ’n nuwe besturende direkteur van die twee instansies vanaf 1 Julie 2016 aangestel is.
Militêre en Geskiedenisfees nóg groter vanjaar
Die jaarlikse Militêre en Geskiedenisfees vind vanjaar op Maandag 2 Mei by die Voortrekkermonument Erfenisterrein plaas en sal spog met ’n verbyvlug van drie helikopters en ’n Grensoorlog-Bosbok.
Vermy die dokter met dié boererate
Volksgeneeskunde, bekend as boererate, is ’n groot deel van Afrikaner-erfenis, het die FAK (Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge) vandeesweek by ʼn seminaar by die Voortrekkermonument in Pretoria gesê. Die seminaar is gehou om te gesels oor ou én nuwe boererate en die belangrikheid van dié erfenis.
[Luister] Adam Tas se ‘Manna vir die boere’-liedjie pas bekendgestel
Die gewilde sanger Adam Tas het pas die liedjie “Manna vir die Boere” vrygestel. Dié liedjie, waarvoor al die ingesamelde geld na die droogtegeteisterdes in Suid-Afrika gaan, vorm deel van die gelyknamige konsert om boere in die droogte by te staan.
Besturende direkteur van Voortrekkermonument bedank
Die direksie van die Voortrekkermonument het aangekondig dat Sonja Lombard, die besturende direkteur van die monument, bedank het.