Paul Kruger en Koos de la Rey het reeds kragte gemeet, en CJ Langenhoven en MER het bewys dat die pen magtiger is as die swaard…
Lees meerAlles vir Woensdag 3 Oktober 2012
Video: Huweliksaanbod toe die vliegtuig “val”
Ryan Thompson het sy meisie in die middel van ‘n “vliegtuig-noodgeval” gevra om te trou.
Studiefonds vir jong, belowende mediese studente gestig
Die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds is Dinsdagaand tydens ’n spoggeleentheid by die Centurion-teater gestig.
Metro-polisiebeampte sterf
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Woensdagmiddag in die hospitaal dood nadat hy by ʼn winkelsentrum deur ʼn rower geskiet is.
AfriForum nader hooggeregshof vir korrupsie-verslae
AfriForum sal op 25 Oktober die Durban-hooggeregshof nader vir ʼn bevel om die eThekwini-munisipaliteit te dwing om redes te verskaf waarom hul versoek vir toegang tot die Manase en Ngubane forensiese verslae geweier is.
Bejaarde op plaas aangerand
Fanie Olckers, ʼn 86-jarige plaasopsigter van Mpumalanga, is in ʼn bedenklike toestand in die Middelburg-hospitaal nadat hy voorverlede Sondag glo met ʼn boomstomp tydens ʼn familiebyeenkoms geslaan is.
Plaasmoorde: Veldtog die wêreld ingestuur
AfriForum gaan Donderdag ʼn memorandum aan 110 ambassades rig waarin ʼn beroep gedoen word om diplomatieke druk op die regering te plaas om die kwessie van plaasmoorde aan te spreek.
Pretoria se naamsverandering bespreek
Openbare vergaderings vind die naweek plaas om Pretoria se naamsverandering te bespreek.
Ekonomie knou Nobelprys
Vanjaar se wenners van die Nobelprys gaan nie meer ʼn volle miljoen Euro in die sak steek nie.
Balletdanser geskiet
Die loopbaan van 23-jarige balletdanser van Kaapstad is in gedrang nadat hy Sondag in sy ruggraat geskiet is.
Ontbinde lyk in vrieskas gekry
Die ontbinde liggaam van ʼn man is Dinsdag in ʼn vrieskas in ʼn woonstelblok in Kaapstad gevind.
Seun verkrag moeder
ʼn Dertigjarige man is Dinsdag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy 55-jarige ma oor die naweek verkrag het.
Tiener vir selfoon vermoor
ʼn Tienerseun is Dinsdagmiddag voor drie van sy vriende vir sy selfoon doodgeskiet.
Kinders vir voedselvergiftiging behandel
Meer as honderd skoolkinders van die Meyerton-omgewing in Gauteng moes Dinsdagmiddag vir beweerde voedselvergiftiging behandel word.
Nuuskommentaar: Nkandla-gate
Omstredenheid bou op oor die verbeterings van meer as R200 miljoen, waarvoor die belastingbetaler moet opdok, aan pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla.
Driejarige sterf na hy van pa se bakkie val
Reiner le Roux (3) is vroeg vanoggend oorlede nadat hy verlede Maandag in Mosambiek van sy pa se bakkie geval en op sy kop beland het.
DA-LP se seun gekaap
Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, se seun is gisteraand buite haar huis in Durban gekaap.
Wenner van Idols aangekondig
Suid-Afrika se eerste swart Idol is gisteraand by die Mosaïek-teatro in Fairlands, Johannesburg aangewys.
Baba Wiehan: Dubbele vreugde vir ouers
Die ouers van die vermoorde babaseuntjie Wiehan Botes is weer swanger.