ʼn Kelnerin se goedhartigheid is dubbel en dwars beloon nadat sy onlangs twee brandbestryders se ontbytrekening betaal het.
Lees meerAlles vir Maandag 17 Augustus 2015
Mandela-kleinkind in hof op aanklag van verkragting
ʼn Kleinkind van Nelson Mandela het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en seksuele aanranding.
Man vas ná moord op Morgan Freeman se kleinkind
ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die akteur Morgan Freeman se stief-kleindogter in New York.
Bangkok-bom: Dodetal styg tot 15
Minstens 15 persone is dood en meer as 80 beseer ná ʼn ontploffing Maandagaand in Bangkok, die hoofstad van Thailand.
Minstens 14 dood ná trein taxi in KZN tref
Minstens 14 persone is Maandag dood nadat ʼn trein ʼn taxi noord van Durban in KwaZulu-Natal getref het.
Oscar Pistorius-saak: NVG dien betooghoofde in by appèlhof
Die direkteur van openbare vervolging het Maandag sy betooghoofde met ʼn afskrif van Oscar Pistorius se hofsaak by die hoogste hof van appèl in Bloemfontein ingedien.
ToekomsVenster: God bly altyd in beheer
Hy is en bly op die troon, ʼn metafoor wat getuig van sy absolute en totale beheer en insig in elke situasie. Rus vandag in daardie wete.
[Video] Só lyk dit wanneer nikkel brand
Wat gebeur as jy ʼn vuurwarm nikkel bal op ʼn blok blom-oase sit? Jy sou dink dat die dié bal reg deur die oasis sal brand, maar dink weer…
Verpleegsters trap ma glo uit toe baba sterf
“Die volgende oomblik is die baba gebore terwyl sy so op haar bed gesit het. Ons almal kon die baba sien en sy borsie het so op en af beweeg soos hy probeer het om asem te haal.”
Oom Herrie se kerrie: Nala se “aanvoelings”
Tog so jammer dat ’n mens so dikwels eers iets ernstigs moet oorkom voordat ’n mens sien hoeveel goed daar in die medemens (en sy beste vriende) opgesluit is.
PUK-skêraanval: HK-lid weer op sportveld, verdagte weer in selle
Die derdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus wat daarvan verdink word dat hy ʼn huiskomiteelid, Hendri van Dyk, Vrydagoggend met ʼn skêr aangeval het, is ʼn dag nadat hy op borgtog vrygelaat is, weer in hegtenis geneem.
Nuwe vrystellings: 17 Augustus 2015
Bouwer Bosch, Francois van Coke en Marius Strydom het nuwe musiek bekendgestel.
[Foto’s] Brits-paartjie vas vir daggakweek
ʼn 43-jarige man en sy 38-jarige vriendin is Maandag by ʼn huis in Brits in Noordwes in hegtenis geneem waar hulle glo ʼn dagga kwekery bedryf het.
[Foto’s] Babas as superhelde uitgebeeld
Die idee van superhelde is só gewild dat mens dié tema nie net in rolprente en boeke raakloop nie, maar nou ook tydens fotosessies.
WAT Woord van die week: enorm
Taaltoffie stel ondersoek in oor die herkoms van die woord “enorm”
Maroela Media Top 20: 17 Augustus 2015
Carike Keuzenkamp neem die nr. 1-posisie by Karlien van Jaarveld oor met haar nuwe treffer, “Ek sing my liedjies net vir jou”. “Reis na gister” van Jak de Priester val uit en maak plek vir NRG se nuwe treffer “Ek kan jou nie keer”, wat in die 20ste plek toetree.
Kompetisie: Dana Winner dra nuwe treffer aan ‘haar Suid-Afrika’ op
Hierdie kompetisie is gesluit: Met ʼn bietjie meer as drie weke oor voor Dana Winner se Special Arena vertonings in Johannesburg en Kaapstad, het sy ʼn splinternuwe treffer as huldeblyk aan haar duisende Suid-Afrikaanse aanhangers opgedra.
Moord op uitsmyter glo haarfyn beplan
Andy Hess, die staatsaanklaer, het aan die Kaapstad-landdroshof gesê die drie het saam by die Food Inn gesit en gepraat oor “die bloed wat gaan trek”.
Niemand nog vas ná motorfietsryer sterf
“Hy sal onthou word as die een wat balans aan die familie gegee het. ʼn Man wat sy ma en sy familie só liefgehad het en ʼn pilaar vir ons almal was.”
Leer ken jou kind só
Hoe goed ken jy jou kind se hart? Hoeveel gehalte is daar werklik aan die tyd wat jy saam jou kinders spandeer? Weet jy wat hom bangmaak of wat hy eendag graag wil word?