Meeste ma’s en pa’s sal kan bevestig dat mens eers ware nederigheid en onselfsugtigheid aanleer wanneer jy kinders kry, en dié reeks foto’s is ʼn duidelike bewys daarvan.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Februarie 2016
Ma ontsteld oor kort kortbroekie vir dogtertjies
ʼn Ma van Australië het haar ontsteltenis op sosiale media uitgespreek oor die verskil in grootte van ʼn eenjarige seuntjie se kortbroek teenoor ʼn eenjarige dogtertjie sʼn.
Mosie van wantroue teen Maties-bestuur ingestel
ʼn Mosie van wantroue gaan moontlik teen die bestuur van die Universiteit Stellenbosch ingestel word nadat twee Matie-studente, wat valslik van rassisme beskuldig is, geskors is.
[Video] Woede, hartseer oor grafskending
Families van verskeie mense wat in die Pretoria-Oos-begraafplaas te ruste gelê is, is woedend omdat van die gedenktuine wat hulle opgerig het, vernietig is deur nuwe kontrakteurs.
Malema verbied om Guptas verder te dreig
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag ʼn interdik toegestaan wat Julius Malema en sy party, die Ekonomiese Vryheidsvegters, verbied om die Gupta-familie en hul werknemers met geweld te dreig.
Fietsryer sterf in Johannesburg
ʼn Man, glo in sy 30’s, is Dinsdagoggend dood toe hy op die R554 in Eikenhof, suid van Johannesburg, van sy fiets afgestamp is.
[Foto’s] Duitsland-treinongeluk eis 9
Minstens nege persone is dood en ongeveer 150 beseer ná ʼn treinongeluk Dinsdagoggend in Beiere, Duitsland.
Rugbyspelers red visse vir spanbou en stamina
Moenie lag as Vryheid se rugbyspelers vertel hulle vang vis om fiks te word nie – hulle verwys allermins na hengel!
ToekomsVenster: Gebou op die apostels en profete
Dit alles beteken dat geen gemeente kan bestaan as die verkondiging van Christus nie die sentrum is nie. Dis waaroor alles gaan.
Nkandla-saak: Staat van beskuldiging gevrees
Pres. Jacob Zuma se regspan het Dinsdag in die konstitusionele hof erken dat hy wetlik fouteer het rakende die magte van die Openbare Beskermer, maar het bewerings dat hy te kwader trou opgetree het ontken.
Vrou lewend in vlak graf gevind
ʼn 24-jarige vrou word in ʼn Vrystaatse hospitaal behandel nadat sy Sondag, lewend en erg aangerand, in ʼn vlak graf gevind is.
Rocco de Villiers op die planke met ‘Amazing Grace’
Die gewilde pianis Rocco de Villiers is binnekort weer op die verhoog te sien in sy nuutste verhoogproduksie, Amazing Grace.
Namibië, Zimbabwe lig sluier oor GB-deelname
Namibië en Zimbabwe het Dinsdag die sluier gelig oor hul oop klubs se deelname aan die toernooi om die Goue Beker (GB) wat op 10 September in Suid-Afrika afskop.
Kerkleiers maak stemme dik oor ‘Lucifer’-reeks
Die televisiereeks, Lucifer, het onlangs ʼn herrie op sosiale media ontketen weens die sensitiewe aard van die inhoud van die reeks en verskeie Suid-Afrikaanse kerkleiers het ook hul stemme dikgemaak teen M-Net.
UK-student val na sy dood
Die Universiteit Kaapstad (UK) het gesê die omstandighede rondom die valdood van ʼn student word nog ondersoek.
Ikeys-student vertel van angswekkende aanval
Rebecca Liv Shain, ʼn 18-jarige student aan die Universiteit Kaapstad (UK), het ʼn angswekkende aanval oorleef.
Druk slimfoonfoto’s in ʼn kits
Die probleem met foto’s op jou slimfoon is dat jy gewoonlik dit nie uitdruk nie, omdat dit te veel moeite is.
Dié polisiebeamptes maak ʼn verskil, sê gemeenskap
Hoewel dit na ʼn onmoontlike taak klink, is daar steeds polisiebeamptes wat elke dag ʼn verskil probeer maak. Dis juis daarom dat Solidariteit ʼn veldtog geloods het om polisiebeamptes te vereer wat nog werklik ʼn verskil maak.
‘Swartgesig’-herrie: Ondersoek gaan voort
“Die Universiteit Stellenbosch is nie ʼn afgesonderde enklawe wat van die res van Suid-Afrika geïsoleer is nie.”
Man kritiek ná Mumford-konsert
ʼn Johannesburgse man is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat hy 15 meter ver van ʼn brug afgeval het ná ʼn buitelugkonsert die afgelope naweek in Pretoria.