Twee niggies is saam oor die naweek in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Lees meerAlles vir Maandag 19 September 2016
GB: vaste fasette deurslaande in Durbell-sege
Goeie vaste fasette in sy Goue Beker-wedstryd Saterdag teen Welkom Rovers (Griffons) het `n stewige platform vir Durbanville-Belville (Westelike Provinsie) se baldraers geskep.
Kleuter gesleep in tref-en-trap-voorval
ʼn Vierjarige seun is Sondagmiddag in Port Elizabeth in ʼn beweerde tref-en-trap-ongeluk doodgery en ʼn paar meter ver gesleep.
Anika Smit-moord: ‘Geregtigheid kan nou geskied’
Anika Smit se pa en die twee jong mans wat as getuies geroep is in die geregtelike ondersoek na haar grudood ses jaar gelede, is dit almal eens dat hulle verlig is dat iemand uiteindelik weens haar moord in hegtenis geneem is.
Drie gesoek vir moord op Pta-bejaarde
Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na drie mans wat ʼn bejaarde vrou van Pretoria Maandag vermoor het.
Foto’s: Nostalgie, trane en hupse gryses by Buitebioskoop
Met bykans 1 500 Afrikaanssprekendes wat die afgelope Saterdag hul piekniekkomberse oopgegooi en mandjies uitgepak het om onder die volmaan by die Pretoria Botaniese Tuin te fliek, was Maroela Media en attooh! se tweede Buitebioskoop, die boetie van die destydse inryteater, weer vanjaar ʼn dawerende sukses.
Ikone in SA rolprentbedryf vereer by Buitebioskoop
Die Suid-Afrikaanse rolprentmakers Regardt van den Bergh en Sallas de Jager is die afgelope Saterdag tydens Maroela Media en attooh! se Buitebioskoop in Pretoria vereer vir hul bydrae tot die Afrikaanse rolprentbedryf.
Babalykie op Caledon-ashoop: Ma opgespoor
Die ma van die baba wie se liggaam Donderdag op ʼn vullisterrein op Caledon in die Wes-Kaap gevind is, is in die hospitaal opgeneem weens komplikasies met die geboorte.
[Resep] Speserywors met beet-en-bosbessiesous
Vir Saterdag se braaidag het ons dit goedgedink om hierdie week heerlike braairesepte te deel. Gaan jy Saterdag braai?
ToekomsVenster: Die gawe om wonders te doen
Wonders is buitengewone ingrype van God en vind plaas wanneer die Heilige Gees die gawe tot beskikking van ’n individu stel, nie noodwendig wanneer ons daarna voel nie.
Woord van die week: boek
Die woord van die week is “boek”. Taaltoffie stel ondersoek in na die herkoms van dié woord.
Die wêreld in foto’s – 19 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Hof weier SAUK-appèl – ‘Hlaudi moet gaan’
Die appèlhof het Maandag die SAUK se aansoek om verlof tot appèl rakende Hlaudi Motsoeneng se aanstelling van die hand gewys.
Zuma kondig ekstra vakansiedag aan
Pres. Jacob Zuma het Maandag aangekondig dat daar ʼn bykomende vakansiedag in Desember sal wees. Zuma het in ʼn verklaring gesê 27 Desember is amptelik…
Toeris wat by Nelspruit-troue verdwyn steeds soek
Nick Wiesmann (76) en sy vrou, Bettina, het die aand ʼn troue by die Botaniese Tuin bygewoon, toe Wiesmann omstreeks 18:00 gesê het hy gaan gou ʼn baadjie in die motor haal. Hy het nie weer teruggekeer nie.
‘Alternatief is Groot’ vereer genre
“Ons enigste kriteria was of die liedjie ʼn groot treffer was en of dit ʼn goeie liedjie is. Daarom het dit organies gebeur dat Afrikaanse liedjies en Engelse treffers van dié genre op die album verskyn,” sê Pierre Greeff.
Klasgelde: ‘Universiteite moet self bepaal’
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Maandag gesê universiteite moet self bepaal met hoeveel hulle klasgelde volgende jaar gaan verhoog.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 19 September 2016
Joshua na die Reën se liedjie, “Die wêreld binne my”, wat ook die titelsnit van sy nuwe album is, bly vir die derde week op nommer een.
Twee dood, 4 beseer in Vrystaat-botsing
Twee mense is dood en vier beseer, nadat twee voertuie Maandagoggend op die Hennenman-pad, tussen Welkom en Ventersburg in die Vrystaat, gebots het.
‘Game of Thrones’ laat rekords spat by 2016 Emmy-toekennings
Die gewilde fantasie-dramareeks, Game of Thrones, het vanjaar die rekords laat spat met die meeste Emmys nóg vir ʼn fantasie-dramareeks.