Die hoë omset van spelers bly `n voortdurende turksvy vir plattelandse klubs.
Lees meerAlles vir Donderdag 8 Desember 2016
Luiperds se Potch-Dorp wil by Griffons speel
Potchefstroom-Dorp het aansoek gedoen om aanstaande jaar in die Griffons-Luiperds-oorgrensliga te speel.
Mashaba aangekla oor uitlatings oor ‘onwettige immigrante’
“Ons sal Herman Mashaba ʼn les leer oor hoekom dit onverskillig van hom was om so ʼn stelling te maak gegewe die geskiedenis van xenofobiese aanvalle in die gebied.”
Driekunste vir Brakpan én vir sy ‘Skot’
Brakpan en sy ‘Skot’, Ian Oosthuizen, het elk `n driekuns by vanjaar se prysuitdelings behaal.
Doodskis-video: ANC-lede gevra om nié met poppe te betoog
Speedy Mashilo, Mpumalanga se LUR vir behuising, het Donderdag ANC-lede wat tydens die sogenaamde doodskis-hofsaak buite die Middelburg-landdroshof betoog het, gevra om nie van wit poppe gebruik te maak nie.
Twee dood, 23 beseer in snelweg-botsing
Twee mense, onder wie ʼn tienjarige meisie, is dood en 23 ander beseer toe verskeie voertuie Donderdagmiddag op die M1-snelweg in Booysens, Johannesburg, gebots het.
Taxi’s help student: ‘Ek is so dankbaar’
“Ek is so dankbaar teenoor al die wonderlike mense wat oor my seun se pad gestuur is. Ons is ʼn wonderlike nasie van mense wat omgee.”
Sakeman-pa stabiel ná skietery
Twee gewapende mans het Dinsdag omstreeks 10:20 die gewilde kuierplek Schivas Rock binnegestorm en André De Almeida (48) en sy dogter Claudia (21) geskiet.
Sakeman was alleen toe vliegtuig val
Die polisie in Limpopo het Donderdag bevestig dat Jaco Jansen van Rensburg die enigste insittende was in die ligte vliegtuig wat Woensdag in die Rooiberg-gebied buite Bela-Bela neergestort het.
ToekomsVenster: Die prys wat Hy betaal het
Die prys wat Hy betaal het om my skuld weg te neem, is ongeëwenaar in die geskiedenis van die mensdom. Onthou, dis nie een mens wat sy lewe vir ʼn ander gee nie, dis die Seun van die mens wat Sy lewe gewillig aflê.
Video: Talle loop glo deur onder slinkse ‘handsakdiewe’
Drie vermeende diewe wat op ʼn beeldmateriaal vasgevang is waar hulle ʼn handsak reg langs ʼn niksvermoedende restaurantganger steel, het vermoedelik talle ander slagoffers in die verlede geteiken.
Die wêreld in foto’s – 8 Desember 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Hierdie keer is anders …
“‘Hierdie keer is anders’ – die gevaarlikste vier woorde in beleggings.”
‘Sy is vir my gegee, daarom sal ek baklei tot die dood’
“Sy is vir my gegee. Dit is my verantwoordelikheid om na haar om te sien en haar te versorg. Ek kan nie net terugsit en kyk hoe sy seer het en aand ná aand haarself hees huil van die seer nie. Hoe kan ek selfsugtig wees en vra ‘hoekom ek?’ Ek sal baklei tot die dood toe, selfs al is dit die laaste ding wat ek doen.”
ʼn Kaapse draai
Indien jy gelukkig is om hierdie Desember ʼn Kaapse draai te maak, hier is 15 doendinge.
Maroela Motors-sleeptoets: Mitsubishi Pajero 5-deur 3,2DI-D GLS Legend II
Kort nadat ons met die kortasafstand Pajero in die modder gaan speel het, het die langasafstand Pajero Legend II by die kantoor opgedaag. Ek het toe reeds geweet wat die Pajero se veldryvermoë is, so die volgende stap was om my woonwa te sleep met die Pajero.
Hyperli glo die nuwe Groupon
Goeie nuus vir winskopiejagters: ʼn “Nuwe” aanlyn handelsgroep, wat glo sal funksioneer op dieselfde wyse as Groupon wat in November vanjaar onverwags sy deure gesluit het, is Woensdag amptelik bekendgestel.
Gevaarlike misdadiger ontsnap uit Pta-tronk
“Die gevangene moet as gewapen en gevaarlik beskou word,” het die provinsiale polisiewoordvoerder gesê.
Skaterlag saam met top-komediante op ShowMax
Droog, reguit, vindingryk en verrassend – die Skerpskerts Comedy Festival op ShowMax se humor sal van jou ʼn vroliker mens maak.
Moot-man in huis doodgeskiet
Casper Venter (51) is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in Villieria in Pretoria se Moot-gebied doodgeskiet.