“Die jongste die-hond-het-my-huiswerk-geëet-verskoning is gure weer in Kaapstad.”
Ramaphosa help skoonmaak in Soweto
Ramaphosa het Sondag gesê Suid-Afrikaners het gewys dat goed bo kwaad kan seëvier en dat hierdie ʼn land van “liefde en ruimhartigheid” is. Hy het ook diegene bedank wat tydens die oproer op hul poste gebly het.
Ondersoek ingestel ná brand by Pta-substasie
Talle buurte in die ooste van die stad sit sedert Saterdagaand sonder krag.
Liggaam gevind ná plunderaars op waghuis toeslaan
Berigte van die toneel dui daarop dat ʼn vragmotor tydens die onlangse plundering in die waghuis vasgejaag en die struktuur ineengestort het.
Heli-ongeluk: Weduwee oor laaste oomblikke in water
Magda Rorich het in Januarie vanjaar haar man, Chris, aan die dood afgestaan toe ’n helikopter met die egpaar aan boord in die Krokodilrivier neergestort het.
Verskeie Olimpiese atlete positief vir virus
In Brittanje, waar die grootste gedeelte van die volwasse bevolking reeds albei inentings ontvang het, berei die regering intussen voor om talle beperkings te verslap.
Groter polisiemag vir geweldgeteisterde Phoenix ná talle moorde
Die minister het ook beloof dat die polisie en private veiligheidsmaatskappye se beweerde rol in die geweld ondersoek sal word.
Kwaai inperking op partytjie-eiland Mykonos
Die beperkings sluit onder meer ʼn verbod in op die speel van musiek in kuierplekke in die vroeë oggendure.
Covid-19-statistieke: Weer minder gevalle
Net meer as vyf miljoen mense is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.
Onlus: Skade van miljarde word ál meer
Kenners meen die werklike ekonomiese trefslag van die onluste op onder meer die vervoerbedryf en buitelande belegging kan weke later eers gesien word.
DKD-amptenare, maatskaplike werkers volgende in entstoftou
DKD-amptenare en gevangenes sal ingeënt word indien hulle so verkies.
SA pluk ‘wrang vrugte’ van opstand wat lank reeds broei
Die ekonomiese sabotasie en roekelose verwoesting van eiendom en infrastruktuur kan nie as toevallig aanvaar word nie. Ons onthou dat die huidige situasie voorafgegaan is deur openlike dreigemente van burgeroorlog en onrus.
Kuier in Nagkantoor: PG in die redakteurstoel
“PG was geniaal en hy het presies geweet wie om aan te stel om te sorg dat hy ʼn goeie koerant uitgee.”
Onluste: ‘Neutraliseer’ duistere magte wat toutjies trek
ʼn Kenner het aan Maroela Media gesê dit is duidelik die betogings is fyn beplan deur iemand wat weet wat hy (of sy) doen.
Covid-19-gevalle in SA begin afneem
Kenners meen Suid-Afrika se derde koronavirusgolf is op die afdraande pad, maar Suid-Afrikaners kan nog nie heeltemal rustig slaap nie.
Groot opruimingswerk ná Europese vloedramp
Die weste van Duitsland het die ergste deurgeloop onder die vloede wat ook België, Luxembourg en Nederland getref het en strate en huise onder modderwater gelaat het.
Video: Trane van vreugde toe dokter ná 113 dae in hospitaal sélf ontslaan word
Die 47-jarige Du Plessis, ʼn spinale chirurg van Mooikloof, is maande lank in dieselfde hospitaal behandel waar hý gewoonlik pasiënte versorg.
Sitruskwekers gevra om stadiger te oes, verpak
Die oproer in KwaZulu-Natal het, nes op talle ander bedrywe, ook ʼn groot uitwerking op sitruskwekers gehad.
Namibië kry eerste deurry-enstofsentrum
Diegene wat aan die voorpunt van die pandemie werk, mag voor by die tou inval indien hulle in uniform geklee is of met ʼn amptelike voertuig ry.
Nog ʼn burgemeester sterf weens Covid
Die burgemeester van Matlosana in Noordwes was enkele dae in ʼn hospitaal, voor sy aan die virus beswyk het.