’n Dokument het uitgelek met die selfoonnommers van 50 000 staatshoofde, joernaliste en koninklikes wat as potensiële teikens vir spioenasie geïdentifiseer is.
Mashaba (weer) burgemeesterskandidaat vir Jhb
ActionSA het Woensdag sy burgemeesterskandidate vir Tshwane, Ekurhuleni en Johannesburg bekend gemaak.
12 dood toe moltrein in China oorstroom
Beeldmateriaal van die voorval wys hoe vreesbevange passasiers aan handvatsels klou terwyl die water tot by hul nekke styg.
Familie stoei om SA’ner se oorskot van VSA te bring
“Ons het drie jaar gelede R25 000 betaal om Hennie Amerika toe te stuur. Nou moet ons R180 000 opdok om hom in ’n kis terug te bring huis toe.”
Intelligensieverslag oor oproer bestaan dalk nooit
Die EFF sê as die regering inligting oor die opstand gehad het – en niks daaraan gedoen het nie – sou dit verraad wees.
Kunstenaars dreig SAUK met hof oor tantieme
Dié tantieme kan ʼn reuseverskil maak in die lewe van kunstenaars wat reeds weens die afsonderingsregulasies swaar trek.
Netflix wil videospeletjies se mark betree
Aangesien die diens ook toenemend strawwe mededinging kry van nuwe stromingsplatforms wat die mark betree, soos Disney+ of Amazon Prime, kan speletjies ʼn unieke aanbod aan Netflix-gebruikers bied.
Byna 500 begrafnisse per week in Kaapstad
Meer as 14 000 mense in die provinsie is reeds weens die koronavirus dood en die huidige sewedag-gemiddeld vir sterftes staan tans op 75.
Geliefde Lieb Bester sterf
Die akteur en musikant het die afgelope ruk met sy gesondheid gesukkel en is vroeg Woensdagoggend rustig dood.
Video: Gebou met dagsorgsentrum brand
Altesaam 15 volwassenes en ses kinders is uit die gebou gered.
Miljoene se heroïen uitgesnuffel
Drie verdagtes het by ʼn stadion aan die buitewyke van Nelspruit vergader toe die polisie op hulle toegeslaan het.
Koster-gemeenskap trek laer om dorp op te knap
“Ons het die sowat 2 400 lede van die groep uitgedaag om elkeen slegs R100 of meer te skenk ten bate van die dorp se opknappings.”
Vinpro Woensdag in hof om wynbedryf van ‘verwoesting’ te red
Indien die aansoek slaag, sal Vinpro die hof nader vir soortgelyke verligting in ander provinsies.
OVK oorweeg verslag oor uitstel van verkiesing
Die DA het reeds gesê hy steun nie die uitstel van die verkiesing nie.
Uitwerking van geweld, plundering in hele land gevoel
Die Suid-Afrikaanse vereniging vir eiendomseienaars (Sapoa) sal later vandeesweek die koste van die skade in Gauteng bereken, terwyl Sasria die volle omvang daarvan sal bepaal.
Covid-19-statistieke: Al hoe minder toetse gedoen
Honderde bykomende sterftes is egter bevestig en meer as 17 000 mense word in hospitale behandel.
‘Ons moet herstel, herbou ná onluste’ – Ramaphosa
Ramaphosa het Dinsdag vier stappe bespreek waaroor die regering en sakeondernemings ooreengekom het met betrekking tot die herbou en herstel van die skade wat onluste verlede week in KwaZulu-Natal en Gauteng veroorsaak het.
WeBuyCars koop Ticketpro Dome
Die Ticketpro Dome, Suid-Afrika se grootste veeldoelige binnenshuise arena, het Maandag ná 20 jaar sy deure gesluit.
Sterftesyfer styg steeds ná Europese oorstromings
Reddingswerkers sê meer liggame gaan waarskynlik in oorstroomde kelders en huise wat meegegee het, gevind word.
Onluste: Shoprite skenk R1 miljoen aan gemeenskappe
Klante kan by betaalpunte by Shoprite, Checkers en Usave-winkels landwyd geld in hierdie fonds inbetaal.