Daar was vermoedelik meer as drie rowers in die rooftog betrokke aangesien die verdagtes in twee onderskeie motors op die vlug geslaan het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Bedfordview"
Lisensiekantoor-werker gepos oor rassistiese video
‘n Amptenaar van die Bedfordview-lisensiekantoor in Johannesburg is afgedank oor rassistiese aanmerkings teenoor wit mense.
Man met panga in koffiewinkel aangeval
ʼn 45-jarige man is Woensdag in ʼn koffiewinkel by ʼn gewilde winkelsentrum aan die Oos-Rand aangeval.
Kapers gefnuik, gemeenskap loof bouers
“Dit is voorwaar lekker om te sien hoe Suid-Afrikaners teen misdaad kan saamstaan – julle is ware kampioene.”
[Foto’s] Krejcir se luukse eiendomme onder die hamer
Radovan Krejcir se luukse multimiljoenrandse eiendomme gaan opgeveil word.
Twee soek ná hulle man glo vir ring en selfoon vermoor
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir twee verdagtes wat glo ʼn egpaar aan die Oos-Rand beroof, en die man vermoor het.
Inbraak by Krejcir se huis; gesin vasgebind
Die polisie het bevestig dat daar Woensdagoggend by die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se huis in Bedfordview, Johannesburg ingebreek is.
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, glo hy word aangeval en dat sy lewe in gevaar is, het EWN Vrydag berig.
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Beeld beoog om kriminele aanklagte aanhangig te maak nadat een van sy fotograwe glo geteister is omdat hy foto’s van ʼn restaurant geneem het wat gereeld deur Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, besoek word.
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Radovan Krejcir, die omstrede sakeman van Tsjeggië, wil nie kommentaar lewer nadat ʼn bom Dinsdag by een van sy ondernemings in Bedfordview in die Oos-Rand, die dood van twee mense veroorsaak het nie.
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
‘n Man van Serbië is Saterdag tydens ‘n vermeende huisroof in sy huis in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
ʼn Man is Saterdag in sy Audi Q7 by ʼn verkeerslig in Smithstraat in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.
Twee glo met ploftoestelle betrap
Twee mans wat glo plofstof in hul besit gehad het, is Dinsdag in ‘n toilet by ‘n winkelsentrum in Bedfordview in hegtenis geneem.
Drie wagte by JHB-winkelsentrum beroof
Drie veiligheidswagte is Woensdag deur gewapende mans by ʼn winkelsentrum in Bedfordview, aan die Oos-Rand van Johannesburg, beroof.
Pa skiet twee rowers, sterf ook
Shaun Lipschitz, ʼn 35-jarige inwoner van Bedfordview, is Maandagaand in sy huis doodgeskiet terwyl hy sy vrou en drie kinders teen aanvallers verdedig het. Hy het albei aanvallers noodlottig gewond voor hy dood is.