Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 6 Mei en wat ons Dinsdag, 7 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Maandag 6 Mei 2013
Mamabolo ontvang sy trofee, wengeld
Ludwick Mamabolo, wenner van die Comrades-marathon in 2012, het Maandag, 10 maande later, sy trofee en wengeld ontvang.
Pikitup-werkers staak nie, hulle sing glo net
Werknemers by die vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, gaan glo nie staak nie, maar bloot ‘n vergadering hou en buite die maatskappy se hoofkantoor sing.
10 jaar tronkstraf vir R100
‘n 21-jarige man van die Oos-Kaap is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy R100 by sy buurman gesteel het.
Twee in hof oor pensioen-moorde
Twee mans wat van die moord op drie mense by ‘n pensioenbetaalpunt in KwaZulu-Natal aangekla word, het Maandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
Die hofsaak van vier mense wat van die moord op Kirsty Theologo aangekla word, is uitgestel.
Video: SA-boogskieters in die kol
Suid-Afrika se boogskietspan het pas van die VSA teruggekeer, en hulle sukkel klaarblyklik glad nie om hulle teikens te tref nie.
Video: Pieter-Dirk Uys praat oor eie politieke beweging
Een van Suid-Afrika se bekendste komediante vind die land nie meer snaaks nie.
Arno Jordaan se vroulief swanger
Sanger Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, verwag hul eersteling.
Vrou ook vas vir Gumtree-moord
ʼn Vrou van Mitchellsplein is ʼn vyfde verdagte wat tereg staan vir die moord op Olwyn Cowley, die 21-jarige inwoner van Bellville in Kaapstad wat vermoor is toe hy sy kar wou verkoop.
Wes-Kaap gekant teen alkoholverbod
Robin Carlisle, die LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, is gekant teen die voorgestelde totale verbod op alkoholgebruik vir motoriste.
DA wil ANC-stemme onder 60% kry
ʼn Party wat ‘n tweederde-meerderheid in ‘n verkiesing behaal is ongesond vir ‘n grondwetlike demokrasie, het Helen Zille, die leier van die DA, Maandag gesê.
Plaasaanvalle: “Gevaarlikste provinsie”-ranglys bekendgestel
ʼn Simboliese uitstalling van meer as 3 300 pare skoene, sal visueel die skokkende omvang van plaasaanvalle en -moorde ten toon stel.
“Onderwysers kan nie kinders leer nie” – verslag
Leerlinge word nie geleer hoe om te dink, probleme op te los of om onafhanklik te lees nie, omdat die meeste van hul onderwysers nie weet hoe om dié vaardighede vir hulle aan te leer nie.
JHB-rommelverwyderaars staak
Werkers van die Johannesburgse vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, het vandag met ʼn onwettige staking begin al is ʼn dringende hofbevel Sondag bekom om dit te verhoed.
Meyerton-man langer as ʼn jaar vermis
Die polisie en ouers van Gidius Seeman Joseph Gertenbach, ʼn 40-jarige inwoner en voormalige karwag van Meyerton, is steeds op soek na hom sedert hy op 22 Desember 2011 vermis geraak het.
Veiligheidswagte kan ‘kwalifikasie’ koop vir R650
Voornemende Gautengse veiligheidswagte kan glo maklik ʼn kwalifikasiesertifikaat bekom vir slegs R650.
12 SA-vlieëniers in Namibië aangehou
Twaalf vlieëniers van Suid-Afrika, wat besig was met kankerbewusmakingswerk, is oor die naweek in Namibië in hegtenis geneem.
Super15: Swak besluite lewer verrassings op
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby.
Gedagte vir die dag: Medewerkers van Christus
Skriflesing: “Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die…