Henry Lubbe, ʼn inwoner van Pretoria, het Donderdag in die vroeë oggendure ʼn vermeende rower geskiet en gewond nadat hy deur drie mans in sy huis oorval is.
Alles vir die maand Mei 2013
Ondersoek ná SAR-soldaat se dood
ʼn Nadoodse ondersoek word Vrydag uitgevoer om die dood te bepaal van die soldaat wat vroeër die week in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gesterf het.
Pippie se dokter doen nog ʼn “wonderwerk”
Celiwe Maseko, ʼn vyfjarige meisie van Kagiso naby Krugersdorp, se veloorplanting was suksesvol.
Nuusvoorspelling vir 3 Mei
Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 2 Mei en wat ons Vrydag, 3 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Agt vas vir renosterstropery
Agt mense is in Mpumalanga in hegtenis geneem vir beweerde renosterstropery.
Vermiste vissermanne steeds soek
Twee vissermanne wat sedert Woensdagmiddag vermis word nadat hulle klein vissersbootjie krag verloor en die see begin indryf het in die omgewing van Paternoster aan die Weskus, is steeds soek.
Lewenslank vir gru-moord
Angil Lindie Straughan (34) is Donderdag tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die gru-moord op Leandra van Greunen (33).
Twee vroue vermoor wat man op radio ontmoet
‘n Man van Limpopo is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy twee vroue vermoor het wat saam met hom aan ‘n ontmoetingsprogram op die radio deelgeneem het.
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
Jeremy King (20) wat skuld beken het op die moord van Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Donderdag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof getuig.
Aansporingsbonusse vir elektriese motors
Suid-Afrikaanse motorvervaardigers sal glo aansporingsbonusse ontvang indien hulle elektriese motors vervaardig.
Guptas wil glo net wit werkers hê
Volgens vakbondfederasie Cosatu in die Noordwes-provinsie ontvang die Gupta-familie, wat tans in Sun City tuisgaan vir ‘n familietroue, voorkeurbehandeling en tree hulle rassisties op.
Kragonderbreking in Kaapstad verwag
Dele van Kaapstad sal die naweek kragonderbrekings ervaar terwyl ‘n substasie opgradeer word.
Dag 6: Solidariteit vs die DKD
ʼn Opsomming van die sesde dag, 2 Mei, se hofgebeure in Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD).
Tshwane-metropolisie betoog teen nuwe skofte
Beamptes van die Tshwane-metropolisie het Woensdag op Werkersdag betoog teen ʼn nuwe skofstelsel.
Resensie: Volledig – Koos du Plessis
Die meeste van Koos se aanhangers sal seker reeds al vier sy albums in hul CD-versamelings hê, maar daar sal altyd diegene wees wat nog op soek is na sy musiek.
Gupta-vliegtuig geskuif
Die vliegtuig waarmee gaste van die Gupta-familie by Waterkloof-lugmagbasis geland het, is Donderdag op bevel van die minster van verdediging van die Waterkloof-lugmagbasis geskuif.
AfriForum waarsku oor misverstand oor erfbelasting-uitspraak
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die publiek gewaarsku teen die weerhouding van munisipale belastings vir substandaard dienslewering
“Stop onbillike regstellendeaksiebeleid”
Verskeie kerk-, vakbond- en gemeenskapsleiers het hulle Donderdagmiddag ten sterkste uitgespreek teen die regering se regstellendeaksiebenadering.
Beligting gaan moontlik misdaad op Seinheuwel bekamp
Die Stad Kaapstad beraam planne om Seinheuwel in Kaapstad in die aande te verlig sonder om skepe op die see te beïnvloed.
Dogter voor 21ste verjaarsdag in kop geskiet vir selfoon
Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Nadine Prinsloo (20) van Centurion, Pretoria, wat Maandag in haar kop geskiet is vir ʼn selfoon nie.