Konstruksiewerk by Eskom se Medupi-aanleg is Woensdag glo weer ontwrig ná ʼn beweerde arbeidsgeskil.
Lees meerAlles vir Woensdag 24 Julie 2013
Video: Beerwelpie uit asblik gered
Natuurbewaarders van Azusa in Los Angeles, Amerika, moes ontbied word nadat ʼn beerwelpie binne ʼn asblik beland en sy ma hom nie kon uitkry nie.
Shrien Dewani moet uitgelewer word
ʼn Hof in Londen het Woensdag beslis dat wittebrood-moordverdagte Shrien Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer moet word, het die Britse Persvereniging berig.
80-jarige ouma verkrag
ʼn 80-jarige vrou is in haar huis in Esigodini, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verkrag.
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Die verpleegster wat sanger Arno Carstens se bloedmonster geneem het, het nie die korrekte prosedure gevolg nie, het sy prokureur Woensdag aan die Kaapstadse landdroshof gesê.
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval
Iemand het Woensdag glo probeer om Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, te vermoor deur ʼn afstandsbeheerde vuurwapen naby sy motor te laat afgaan.
PTA-man skiet vermeende rower voor sy huis dood
Karel Liebenberg, ʼn inwoner van Rooihuiskraal, het Dinsdagaand ʼn vermeende rower voor sy huis doodgeskiet.
R50k-beloning vir vermiste KZN-sakeman
Bruce Galloway (59) van Kloof in KwaZulu-Natal word steeds vermis nadat hy Dinsdag omstreeks 04:00 voor sy huis ontvoer is.
Uitdrukking: Dis die laaste sien van die blikkantien
Taaltofiie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking ‘Dis die laaste sien van die blikkantien’.
Heli’s vlieg nie weens geldtekort
Nie een van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se 18 Agusta A109-helikopters is glo in gebruik nie, aangesien daar glo nie geld is om hulle te onderhou nie.
Rondloper-seekoei byna ‘n jaar later aangekeer
ʼn Seekoei wat in die Valsbaai-natuurreservaat rondgeloop het, is aangekeer en by die Gondwana-wildreservaat naby Mosselbaai vrygelaat.
Diamantslyper pleit onskuldig op moord
Dudley Bernicchi van Kaapstad wat beskuldig word dat hy ʼn diamanthandelaar vermoor het, voer aan hy het uit selfverdediging opgetree, het die Cape Argus Woensdag berig.
Video: 11-jarige sal “eerder sterf” as om gedwing te word om te trou
Nada Al-Ahdal (11) van Sana in Jemen het na haar oom, Abdel Salam al-Ahdal gevlug toe sy uitvind haar ouers het planne om haar met ʼn ryk man in die eg te verbind.
Seun sterk aan ná leeuwyfie hom gryp
Johan Opperman (10) wat Saterdag by die Zanchieta-wildekatplaas deur ʼn leeuwyfie gegryp is, sterk aan in die hospitaal.
Swanger vrou van Robbeneiland ontruim
ʼn Swanger vrou moes Woensdagoggend dringend van Robbeneiland na Kaapstad vervoer word nadat sy op die eiland in kraam gegaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
DA in die hof oor Zuma-spioenasiekassette
Die DA se hofgeding vir die vrystelling van die sogenaamde “Zuma-spioenasiekassette” sal na verwagting Woensdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof begin.
Oud-LUR moet hof toe vir aanranding, intimidasie
Siphosezwe Masango, voormalige LUR vir menslike nedersetting in Mpumalanga, en sy twee lyfwagte word ondersoek vir beweerde aanranding en intimidasie, het die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) Woensdag gesê.
Regter Pius Langa oorlede
Voormalige hoofregter Pius Langa is Woensdagoggend in die ouderdom van 74 oorlede.
Nuuskommentaar: Regeer deur die howe?
Word die howe nie nou te veel ingespan om die uitdrukking van demokrasie in Suid-Afrika te beïnvloed nie?
Trok met giftige chemikalie steeds soek
Die polisie is steeds op soek na ʼn vragmotor wat giftige kalium sianied vervoer. Die vragmotor is Saterdag in Midrand, Gauteng, gekaap.