Dorothea Brits (59), die weduwee van ds Willem Brits wat in November verlede jaar deur hul aangenome seun vermoor is, het vandag gesê dat sy die seun vergewe het, maar dat hy steeds die gevolge van sy dade moet dra.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 November 2013
Vragmotorbestuurder doen snikkende bekentenis
Die man wat die vragmotor bestuur het wat verlede Julie tussen Malelane en Hectorspruit voor ’n trein beland het, het vandag snikkend in die rondgaande hooggeregshof in Nelspruit skuld erken op 24 klagte van strafbare manslag en nalatige bestuur.
Miley Cyrus-liedjie kry ʼn Afrikaanse baadjie
Die Amerikaanse popster Miley Cyrus se liedjie, Wrecking Ball, is nou ook in Afrikaans opgeneem.
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Bewyse dui daarop dat verskeie skote van die Griekwastad-plaasmoordtoneel van binne die huis gevuur is, het die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley Dinsdag aangehoor.
Cyril Ramaphosa verduidelik “Boer”-uitlating
Cyril Ramaphosa, adjunk president van die ANC, het Dinsdag gesê dit is jammer dat sy gebruik van die woord “Boer” ongelukkigheid veroorsaak het.
Agt vas vir moord op bejaarde egpaar
Agt mense is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn bejaarde paartjie, John Morrison (72) en Hester Noble (68), van KwaZulu-Natal. Noble, wat aan emfiseem gely het, is met die pypies van haar suurstoftenk verwurg.
Twee vas oor dagga in Vryburg
Twee mans verskyn Dinsdag in die Vryburg-landdroshof nadat 168kg se dagga Saterdag in hul besit gevind is.
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Verskeie DNS-monsters van die Griekwastad-plaasmoord is vir analise gestuur, het die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley Dinsdag aangehoor.
Kabinet soek Robert McBride as Opod-hoof
Die kabinet het voorgestel dat die omstrede voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Robert McBride, aangestel word as die hoof van die onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).
Politiekery met “Boere” moet end kry – Agri SA
Die uiteenlopende politieke konnotasies wat aan die begrip “Boer” geheg word, is skadelik vir die landboubedryf, het Agri SA Dinsdag gesê.
Gewonde polisieman skiet rower dood
ʼn Polisiebeampte van Isipingo in KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand nadat hy Maandagmiddag tydens ʼn besigheidsroof deur ʼn vermeende rower in die maag geskiet is.
Motoris jaag weg ná hy fietsryers omry
Drie fietsryers is beseer nadat ʼn bakkie Maandagmiddag in Bloemfontein in hul ingeploeg en weggejaag het.
Agatha Christie se dorp te koop
Die Engelse dorpie, Bantham wat as inspirasie vir Agatha Christie se boeke gedien het, is teen £10 miljoen in die mark.
“Katelknaap-moordenaar” kry borg
Die 63-jarige vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy glo haar 35-jarige minnaar naby Lichtenburg in Noordwes met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die hof verskyn.
Studente-rower vas
ʼn 24-jarige man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo twee studente in Johannesburg beroof het.
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Nog forensiese getuienis sal Dinsdag in die Griekwastad-moordverhoor in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley aangehoor word, met ‘n DNS-kenner wat na verwagting eerste sal getuig.
Nuuskommentaar: Pasop, hier kom die Boere!
Cyril Ramaphosa het glo in Limpopo ‘n kieser wat weens ontevredenheid met die ANC van die stembus wil wegbly, gemaan dat dié wegblyery kan veroorsaak dat die “Boere” kan terugkeer om die land te regeer. Wanneer kiesers nié goed ingelig is nie, word hulle gemaklik met donkie-ore toegerus, dít geld vir almal.
Foto’s: Moloto-busongeluk: Putco, regering betuig meegevoel
Die regering en die busmaatskappy, Putco, het Dinsdag hul meegevoel betuig vir die naasbestaandes van die 29 slagoffers wat laat Maandagaand dood is nadat ʼn bus en ʼn vragmotor mekaar reg van voor op die berugte Molotopad getref het.
E-tol: Slakkepasbetoging vandag in Ekurhuleni
Cosatu hou Dinsdag weer ʼn slakkepas-betoging in Johannesburg oor die omstrede e-tolstelsel.
Ontsnaptes nog op vrye voet
Vier mans is steeds op vrye voet nadat hulle in Oktober uit ‘n gevangenisvoertuig onderweg na die Johannesburgse landdroshof ontsnap het.