SANParke het bevind dat wildbewaarders, wat Dinsdag ʼn dooie renoster voor besoekers in die Krugerwildtuin onthoring het, nie verkeerd opgetree het nie.
Alles vir Donderdag 3 Julie 2014
Motorverkope steeds swakker
Bernard K Hellberg meen volgens dié verkopesyfers is dit duidelik dat die bedryf nog nie uit die moeilikheid is nie, en dat verkope in Julie waarskynlik weer eens ‘n geringe daling sal toon.
Afrikaanse jeugboek ’n finalis in internasionale kompetisie
Jaco Jacobs se jeugboek, “Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word” is een van ‘n indrukwekkende lys internasionale skrywers in verskeie tale wat om ‘n prys meeding. Die boek se lokprent volg onderaan die berig.
Obama nou “swakste president in 70 jaar”
‘n Nuwe peiling deur die Quinnipiac-universiteit in Connecticut toon dat pres. Barack Obama nou deur kiesers as die swakste president sedert die Tweede Wêreldoorlog beskou word.
R46 miljoen vir onopgemaakte bed
‘n Onopgemaakte bed het vir $4,3 miljoen (R46,9 miljoen) verkoop tydens ‘n kunsveiling by Christie’s in Londen.
DA wen tussenverkiesings
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bekend gemaak dat die Demokratiese Alliansie Woensdag altesaam 14 van die 20 wyke landswyd tydens die tussenverkiesing verower het.
Herrie oor Feed a Child-advertensie
Die organisasie Feed a Child het hewige reaksie uitgelok met sy televisie-advertensie waar ʼn wit vrou ʼn swart kind “voer”. Die advertensie volg onderaan die berig.
Ma, dogtertjie sterf in botsing
ʼn Ma en haar driejarige dogtertjie is Woensdag dood en haar twee ouer dogters beseer in ʼn ongeluk in Prieska in die Noord-Kaap.
AfriForum verkla OUTsurance oor ‘Tshwane’-advertensie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn amptelike klag teen OUTsurance se gebruik van ‘Tshwane’ as pleknaam in ʼn TV-advertensie by die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika (ASASA) ingedien.
Oekraïne: Belowende vredesvooruitsigte
Vir die eerste keer in byna ‘n jaar lyk dit of vredespogings in die Oekraïne op dreef kan begin kom.
Twee môre weer in hof oor non se moord
Twee mans wat van die moord op suster Mary Paule Tacke (82), ʼn Rooms Katolieke non, verdink word, het nie Woensdag soos geskeduleer in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nie.
Jagskou-skietvoorval: Pa weer in hof
Sean Kotzin wat sy seun per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, sal na verwagting Donderdag weer in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Nuuskommentaar: “Oom Kosie sukkel in Afrika” en “Heidi”
Die voorstel van die ANC-LP, Lindiwe Michelle Maseko, dat die SAUK twee keer per dag die volkslied speel, sou altyd gemengde reaksie ontlok. Dat die reaksie só oorweldigend negatief is, dui daarop dat iets nie pluis is nie.
Sangoma vas oor rituele moord
Die polisie in Limpopo het twee verdagtes, waaronder ʼn sangoma, in hegtenis geneem in verband met ʼn rituele moord op ʼn 33-jarige vrou.
Twee sterf in KZN-botsing
Twee mense is dood en twee ernstig beseer tydens ʼn ongeluk Woensdagaand naby die Wild Coast Sun-casino in Port Edward, KwaZulu-Natal.
Seun (9) vermis in see by Margate
‘n Negejarige seun van Parys in die Vrystaat word vermis nadat hy Woensdag deur die see by Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus meegesleur is.
Wittebroodspaartjie ry glo seun (14) dood
‘n 14-jarige seun van Secunda in Mpumalanga is dood nadat hy op die N2 in Umgababa buite Karridene in KwaZulu-Natal deur ‘n motor raakgery is.
Lasbriewe vir millitêre hoës vir eers uitgestel
Die hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beslis en ‘n hofbevel vir die inhegtenisname van die hoof van die weermag en twee ander senior beamptes, ter syde gestel.
Gedagte vir die dag: Alleen-tyd
Hand 20:13 – Ons het vooruit per skip na Assus toe vertrek, waar ons vir Paulus aan boord sou neem. Dit was sy opdrag, omdat…