Eskom het ingestem om die afsluiting van elektrisiteit na verskeie munisipaliteite in die Vrystaat op te skort.
Alles vir die maand Augustus 2014
Tukkies-koshuise se voortbestaan gewaarborg
Daar sal geen verandering aan die Universiteit van Pretoria (UP) se koshuise gemaak word sonder dat daar met die koshuise en studente gekonsulteer word nie.
Nog geen besluit oor Du Preez se paroolaansoek nie
Die paroolraad het nog nie ʼn besluit geneem oor Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se paroolaansoek nie, het die departement van korrektiewe dienste Vrydag gesê.
Nooddienste verhoed om brandende gebou te betree
Inwoners het nooddiensbeamptes Vrydag verhoed om ʼn brandende gebou in Johannesburg se middestad te betree, omdat daar glo misdadigers in die gebou woon.
Goeie nuus: Ollie Viljoen uit hospitaal ontslaan
Die bekroonde musikant Ollie Viljoen is Vrydag uit die hospitaal ontslaan.
Gedagte vir die dag: Ware vriende
Mark. 2:2–3: Baie mense het daar saamgedrom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie. Hy was besig om met hulle oor…
Boek: Eggo’s in die Skimberge
In die ravyn ontdek hulle die elfkoninkryk Loherin. Hier raak hulle betrokke by die soektog na die elfkoningin se twee kinders, wat jare gelede op onverklaarbare wyse verdwyn het… En dit is maar net die begin van ‘n reis wat Mattie en Henk se lewens handomkeer sal verander.
Wêreldwye probleem met Facebook se bedieners
Die gewilde sosialemedia-platform Facebook het Vrydagaand ʼn foutboodskap aan meeste van sy gebruikers wêreldwyd vertoon.
Mangaung-tronk weer onder G4S se beheer
Die departement van korrektiewe dienste het die Mangaung-gevangenis buite Bloemfontein weer onder volle beheer van G4S geplaas.
Video: Konsessierestaurante by wildtuin-ruskampe
Takke van bekende restaurante het ná ‘n tenderproses hulle deure in verskeie nasionale parke oopgemaak.
Video: “Ons gaan nie betrekkinge met Israel opskort”
Die Suid-Afrikaanse regering het geen planne om Israel se ambassadeur uit die land te skop, óf sy eie gesante aan Israel te onttrek nie.
Skeepswrak onder Wêreldhandelsentrum se herkoms bepaal
Vier jaar gelede, terwyl konstruksiewerkers op die terrein gegraaf het waar die Wêreldhandelsentrum eens gestaan het, het hulle stom verbaas 6,7 meter onder die grondvlak op ‘n skeepswrak afgekom.
Man vas oor springstof
ʼn Man van Mosambiek is in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes met springstof betrap, het die polisie in Noordwes Vrydag gesê.
Geen verandering in die petrolprys
Die prys van petrol sal dieselfde bly, maar die prys van diesel sal daal, het die departement van energie Vrydag gesê.
Foto’s: Haai-aanval by Muizenberg
ʼn 20-jarige man is Vrydagmiddag beseer toe ʼn haai hom by Muizenberg in Kaapstad aangeval het.
Foto’s: Man vas oor daggakweekhuis
Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n 25-jarige man in hegtenis geneem nadat ‘n daggakweekhuis op ‘n plaas in Camperdown gevind is.
Uitdrukking: Die spit afbyt
Die uitdrukking “Die spit afbyt” het ‘n bloeddorstige herkoms!
Redakteursbrief: Maroela Media, drie jaar later: “Hier bly drake”
Maroela Media is drie jaar oud! Susan Lombaard deel so bietjie van die hart van dié jong mediahuis: waar hy vandaan kom, en waarheen hy op pad is.
Oekraïne: Herwinningspan bereik ramptoneel van Vlug MH17
‘n Volledige herwinningspan van Nederland en Australië het Vrydag die eerste keer daarin geslaag om die toneel te bereik waar die Maleisiese passasierstraler MH17 neergeskiet is, te bereik.
Zuma oorweeg skorsing van NVG-hoof
President Jacob Zuma het Mxolisi Nxasana, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), in kennis gestel dat hy dit oorweeg om hom te skors, het die presidensie Vrydag gesê.