Die stad Kaapstad beoog om kriminele klagte teen Nazier Paulsen, Wes-Kaapse leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), aanhangig te maak nadat Paulsen die onwettige besetting van grond in Khayelitsha aangehelp het.
Alles vir Dinsdag 7 April 2015
Sportster sterf in Bethlehem-botsing
Die sokkerspeler Richard Henyekane is een van die oorledenes in Dinsdagoggend se botsing naby Bethlehem in die Vrystaat.
Afrikaanse treffers 1980: Harlekyn – Sonja Herholdt
Dit was Sonja se tweede, en laaste, algehele wenner en die titelsnit van die laaste album waarop Anton Goosen die meerderheid liedjies geskryf het.
Bekendes ruk op vir standbeelde
Duisende mense, onder wie die sangers en aktiviste Sunette Bridges en Steve Hofmeyr, gaan na verwagting Woensdag in Pretoria en Kaapstad bymekaarkom in protes teen die vernietiging van Afrikaners se erfenisskatte.
Harmony-mynwerker dood; produksie tydelik gestaak
Bedrywighede by Harmony se Unisel-myn is sedert Saterdag opgeskort ná ’n ongeluk waarin ʼn mynwerker dood is.
Nuwe vrystellings: 6 April 2015
Riaan Grobler en Rinel Day, Dewald Dippenaar en Stephan Visagie het nuwe liedjies watter binnekort op die speel- en trefferlyste sal verskyn.
Mandela Rhodes-stigting ontken gerugte oor beurse
Die Mandela Rhodes-stigting het gerugte op sosiale media ontken dat beurse nie meer deur die stigting toegeken sal word nie, weens die herrie oor Cecil John Rhodes se standbeeld by die Universiteit van Kaapstad (UK).
Net enkele dae oudste persoon ter wêreld
Gertrude Weaver (116) van Amerika wat op 1 April vanjaar die oudste persoon ter wêreld geword het, is in ’n versorgingsoord in Camden, Arkansas, oorlede.
Maroela Media Top 20: 6 April 2015
Eden word die eerste kunstenaar of groep wat vanjaar die eerste plek met ‘n tweede snit haal; ‘Jy soen alles reg’ neem die nr. 1-posisie by Arno Jordaan oor.
Oom Herrie se kerrie: Verstandlose rugby?
As daar nou twee dinge is waarom oom Herrie wyd hou, is dit bek rek oor politiek en rugby.
Perdegedenkbeeld deur vandale beskadig; verdagte vrygelaat
Die verdagte wat in hegtenis geneem is nadat die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth Maandag deur vandale geskend is, is weer vrygelaat.
Stemme van kinders gehoor in skolegodsdienssaak
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sal vandeesmaand ’n uitgebreide verslag oor kinders se menings rakende godsdiens in skole beskikbaar stel.
Duisende motoriste oor Paasnaweek in hegtenis geneem
Meer as 1 300 motoriste is landwyd oor Paasnaweek in hegtenis geneem weens verskeie oortredings.
Nuuskommentaar: Die beeldenstorm
Solank daar ’n leieraangedrewe persepsie van wins in rasmartelaarskap gesien word, só lank gaan die land in ’n suigkolk van rasbeheptheid en rassisme vasgevang word, skryf Herman Toerien.
Beurtkrag-risiko hoog
Eskom het Dinsdag gesê die kragnetwerk is onder druk en dat dit die waarskynlikheid van beurtkrag dié week verhoog.
Luister: Kevin Leo is die singende sjef by die Blou Hond-restaurantteater
Maroela Media het met Kevin Leo gesels om uit te vind wat is op dié singende sjef se spyskaart vir April.
Resep: Malvapoeding
Malvapoeding bly ‘n gunsteling in meeste huise.
Bethlehem-botsing eis 5
Vyf mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Dinsdagoggend op die N5 naby Bethlehem in die Vrystaat gebots het.
SA meisie gekeer om by die IS aan te sluit
ʼn Skoolmeisie (15) van Kenwyn is Paassondag gekeer om van Kaapstad na O.R. Tambo internasionale lughawe te vlieg weens die vermoede dat sy ʼn internasionale vlug sou haal om by die Islamitiese Staat (IS) aan te sluit.
Pasgebore baba uit puttoilet gered
ʼn Babameisie sterk in ʼn plek van veiligheid aan nadat sy verlede maand uit ʼn puttoilet naby Hazyview in Mpumalanga gered is.