ʼn 27-jarige man van Kempton Park aan die Oos-Rand word steeds vermis nadat hy Vrydag by sy werk weg is en toe spoorloos verdwyn het.
Alles vir Dinsdag 12 Mei 2015
Speaker mag nie LP’s in hegtenis laat neem nie, sê hof
Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het Dinsdag gesê die mag van die Speaker om parlementslede in die Nasionale Vergadering in hegtenis te laat neem, is ongrondwetlik omdat dit vryheid van spraak beperk.
AfriForum soek plaasmoordsyfers
AfriForum het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ʼn formele versoek aan Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, gerig om plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015 te oorhandig.
Nóg ʼn groot aardbewing ruk Nepal
Nog ʼn groot aardbewing het Nepal Dinsdag naby die Chinese grens tussen die hoofstad Katmandoe en Everest getref.
Daag leerders uit om uitgebreid te dink en te leer
Teen die agtergrond van die onlangse konflik in die land oor die verwydering van standbeelde en xenofobiese aanvalle, word opvoedkundiges gekonfronteer met die vraag of kinders toegerus word om probleme sinvol te bedink en op te los.
Picasso haal rekordprys
’n Skildery van Pablo Picasso wat in New York deur Christie’s opgeveil is, het die bestaande rekord van $142 miljoen (R1,7 miljard) vir ’n opgeveilde werk ver oortref.
Resep: Colombiaanse vleis-en-groentebredie
Bredieresepte met suikermielies in, is seldsaam. Hier is iets heerliks uit Suid-Amerika.
Bebloede honde op bakkie nog nie opgespoor
Die Sandton Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Maandagaand gesê hy doen steeds alles in sy vermoë om die bebloede honde op te spoor wat verlede Dinsdag agter op ’n bakkie in Johannesburg vervoer en glo reeds landuit is.
Foto’s: Verdagtes binne minute vas ná gewapende rooftog
Vyf gewapende rowers is Maandag blitsig vasgetrek nadat hulle ʼn drankwinkel in Philippi in die Wes-Kaap beroof het.
Nuuskommentaar: SA keer rug op die Weste
Na berig word beklee kommuniste nou vier uit elke tien poste in Suid-Afrika se makro-kabinet, pres. Jacob Zuma is gereeld in Rusland aan pres. Wladimir Poetin se sy – is die Afrikaner gemaklik in die vel van ’n land wat duidelik sy koers ooswaarts rig?
Goeie nuus: Inwoner keer self rower aan ná wilde jaagtog
ʼn Inwoner van Virginia in die Vrystaat het ingetree nadat hy ʼn sakeroof gesien het en kon daarin slaag om een van die vermeende rowers ná ʼn wilde jaagtog aan te keer.
Twee in hof ná hulle glo non verkrag, vermoor
Die twee mans wat aangekla word van die verkragting van en moord op Gertrud Tiefenbacher, ʼn 86-jarige non, sal Dinsdag in die Ixopo-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.
Meer as duisend gevangenes ontruim ná brand by tronk
Meer as 1 000 gevangenes is ontruim nadat ʼn brand uitgebreek en ʼn groot gedeelte van die Glencoe-gevangenis in Dundee, KwaZulu-Natal, vernietig het.
George Louca sterf in tronk
George Louca, die hoofverdagte in die moord op Teazers-baas Lolly Jackson, is Maandagaand in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria dood.
Kinderpornografie: Man kry borgtog
ʼn Man van Kloof in KwaZulu-Natal is Maandag in die Pinetown-landdroshof op borgtog vrygelaat nadat pornografiese materiaal van kinders so jonk soos drie jaar glo in sy besit gevind is.
Ons het wysheid broodnodig
’n Ou wysgeer het eeue gelede opgemerk daar is drie maniere om wysheid te bekom: die maklikste deur nabootsing, die bitterste deur ondervinding, die edelste deur selfondersoek.
Gedagte vir die dag: God sal jou nuut leer dink
Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (Rom 12:2)