Toenemende agteruitgang is een van die hoofredes waarom die Solidariteit Beweging vandag ’n krisisberaad in Pretoria hou om ’n plan vir die toekoms uit te werk.
Alles vir die maand Mei 2015
Krisisberaad: Raamwerk vir ’n toekomsplan van hoop
Dames en here, ons is hier om te bly. Ons sal egter die voorwaardes moet skep om hier te kan bly.
Nuuskommentaar: Is daar hoop vir vandag se beraad van hoop?
Verkeer die Afrikaner en ander minderheidsgroepe danksy, eerder as ten spyte van die Grondwet in ’n absoluut blootgestelde posisie – die slagoffers van die diktatuur van die meerderheid? Baie van hierdie vrae sal vandag antwoorde kry by die Solidariteit Beweging se oplossingsgerigte krisisberaad wat by die Voortrekkermuseum plaasvind.
Grootste prys nóg vir beste Afrikaanse reklame
Die Pendoring-toekennings ken vanjaar die grootste prys óóit vir skeppende werk in die plaaslike reklamebedryf toe.
SA hospitaal in Sirië vernietig in bomaanval
ʼn Hospitaal in Sirië wat deur die Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers bestuur word, is in ʼn lugaanval gebombardeer.
Goeie nuus: Pelgrimsrus-boere keer rowers in ʼn japtrap aan
Drie vermeende rowers het Maandag in die Graskop-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat die polisie en boere van die omgewing hulle ná ’n gewapende roof naby Pelgrimsrus aangekeer het.
Jhb-sakevrou op snelweg doodgeskiet
Die eienaar van twee Johannesburg-restaurante is Saterdag op die M2-snelweg doodgeskiet terwyl sy op pad terug was van ʼn fees waar sy gewerk het.
Fietsryer kritiek beseer in Jhb-ongeluk
ʼn 40-jarige man is kritiek beseer nadat hy Dinsdagoggend deur ʼn ligte motor van sy fiets afgestamp is.
Melkweg toe heelwat groter
ʼn Nuwe studie toon nie net aan dat die Melkweg, die sterrestelsel waarvan die aarde deel is, sowat 60% groter is as voorheen bereken nie, maar dat die vier buitenste ringe die vorm van ʼn sinkplaat het.
Video: ‘Seilskepe’ kan reise na Mars vergemaklik
’n Elektroniese seil wat ruimteskepe vinniger as ruimtetuie met konvensionele brandstof kan laat voortsnel, is pas by wyse van spreke afgestof toe ‘n artikel daaroor in ‘n vaktydskrif verskyn het.
Solidariteit-krisisberaad: Volg verrigtinge hier
Talle verteenwoordigers van die Solidariteit Beweging sal Dinsdag van oor die hele land in Pretoria byeenkom vir ’n belangrike krisisberaad.
Louis Heyns-moord: Saak uitgestel
Marthinus van der Walt (34) het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn in verband met die moord op prof. Louis Heyns, akademikus en pediater van Stellenbosch.
Foto’s: Skoolkinders beseer toe bakkie teen berg afrol
Twee volwassenes en ses skoolkinders is beseer nadat ʼn motor en ʼn bakkie mekaar Maandagmiddag in Verulam, KwaZulu-Natal, getref het.
Jayde Panayiotou-moord: Derde persoon in hof
ʼn Derde persoon wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die onderwyseres Jayde Panayiotou, sal Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Gedagte vir die dag: Beplan jou toekoms
Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. (Matt 5:7)
Video: Die kleingeld-projek in Kaapstad
Die stad Kaapstad wou toets watter effek gratis kleingeld op mense sal hê.
Wen ʼn plaas met jou opstel
ʼn Egpaar van Elkmont in Alabama gaan hul $350 000 (ongeveer R4.2 miljoen) bokplaas weggee vir die persoon wat die beste opstel kon skryf.
Nazisme – twee stelle reëls?
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het sy misnoeë uitgespreek dat die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, nog nie reageer het op Nazi-uitlatings deur Wits se SR-voorsitter nie.
Nazi-voorstander uit studente-amp verwyder
Mcebo Dlamini, president van die Studenteraad by Wits wat sy bewondering oor Nazi-leier Adolf Hitler uitgespreek het, is uit sy amp verwyder hangende ʼn appèl teen sy skorsing uit die instansie in verband met ʼn ander klag.
Uitlander vas oor mensehandel
ʼn 27-jarige uitlander is Maandagoggend in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel.