“Die gevolg is dat baie kinders nou na Engelsmediumskole gestuur word om in Engels te gaan leer. Aangesien dit nie die kinders se moedertaal is nie en hulle slegs by die skool aan Engels blootgestel word, ontwikkel hul kommunikasievaardighede nie na wense nie,” skryf Waldy Kastoor (skoolhoof, Parkview Primêr, Atlantis)
Alles vir Donderdag 11 Junie 2015
Wêreldbank kap SA oor kragtekorte en beleidsonsekerhede
Suid-Afrika sal na verwagting een van die lande wees wat die meeste voordeel trek uit die laer internasionale oliepryse, maar groei word gestrem deur kragtekorte, swak beleggersvertroue te midde van beleidsonsekerhede, en danksy die verwagte strop wat geleidelik stywer om die monetêre en fiskale beleid getrek word.
Ondersoek ná bewering van polisieman se suggestiewe handgebaar
ʼn Voorval word ondersoek nadat ʼn polisiebeampte na bewering ʼn jong vrou in die Sandton-polisiestasie seksueel geteister het.
Wie gaan Turkye regeer?
’n Ramp het die Islamitiese konserwatiewe regeringsparty in Turkye, die Geregtigheid-en-Ontwikkelingsparty (AKP), getref. Die AKP het gemeen om in die afgelope parlementsverkiesing ’n tweederde-meerderheid te behaal, maar sal nie eens die helfte van die sitplekke in die parlement kan volmaak nie.
Nelson Mandela en die laaste Afrikaner-leiers: ’n Herbesinning oor politieke mag gedurende die apartheidsera
Hermann Giliomee bespreek die wyle ANC-leier se interaksie met Verwoerd, Vorster, PW Botha en De Klerk.
Twee swaar gevonnis vir tiener se herhaaldelike verkragting
Twee mans is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis nadat hulle gesamentlik skuldig bevind is op 12 aanklagte van die herhaaldelike verkragting van ʼn 18-jarige vrou.
Woord: lustig
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “lustig” en “lusteloos”
Benoni-raaiseldood: Seun glo eers twee weke ná verdwyning dood
Die familie van die tienerseun van Benoni wie se liggaam in stukke langs ʼn treinspoor gevind is, het nog geen antwoord oor die oorsaak van die 17-jarige se raaiseldood nie.
Man brand los op Medupi-werkers
ʼn Man het Donderdagoggend in Lephalale (Ellisras) op ʼn groep werkers geskiet en twee gewond.
Milo-Koekies
Hierdie resep vir Milo-koekies van Vicky Swart, is perfek saam koffie.
Minibustaxi stort by krans af
Noodpersoneel is Woensdagaand na ʼn ongelukstoneel geroep nadat ʼn minibustaxi by ʼn krans in die Nagledam-area naby Cato Ridge in KwaZulu-Natal afgestort het.
Boek: Die jaar toe Emma begin kook het
Sjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar ná die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met ’n mes mis… Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met ’n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou en ’n sukses van haar nuwe werk maak?
Nuuskommentaar: ANC wrecking ball Co Onbeperk: Moraliteit en pragmatisme om reg te regeer makeer
Dit lyk of al hoe meer segmente van die bevolking, hetsy op grond van taal of ras, of op grond van sosio-ekonomiese status of die blote feit om nie deel van die politieke elite te wees nie, ongelukkig raak oor die kort lootjies wat hulle trek.
Boek: Vandat jy weg is
Santie van der Merwe is terug. Haar debuut het almal, ook selferkende boeksnobs, aan die praat gehad. Die tweede boek volg op die eerste, so daardie oorrompelende karakters leef nou voort.
Telkom-afleggingsproses: Solidariteit stel krisistaakspan aan
Die vakbond Solidariteit kondig Donderdag ʼn krisistaakspan aan om die grootskaalse afleggings by Telkom aan te pak.
Man vas ná inbraak by Stellenbosch-speurtak
Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat ʼn man in hegtenis geneem is in verband met ’n inbraak by die Stellenbosch-speurtak, wat die bylmoorde op die Van Breda-gesin ondersoek.
Kovsies kry taalkomitee vir aanbevelings ná slegs Engels-storm
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan ’n taalkomitee instel wat ná wye oorlegpleging in November vanjaar aanbevelings oor ’n taalbeleid aan die universiteitsraad moet voorlê.
Polisiebeamptes pleeg moord-selfmoord
Twee polisiekonstabels van Noordwes is dood nadat die een glo die ander vermoor het en toe selfmoord gepleeg het.
Gedagte vir die dag: Eerlikheid
Laat julle “ja” eenvoudig “ja” wees en julle “nee”, “nee”. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose. (Matt 5:37)