“Ons is nie teen die gereg nie. Ons wil net hê almal moet regverdig behandel word.”
Alles vir Donderdag 20 Augustus 2015
Div vergeet van die feite en Bok-tradisie
“Rugby is a game for barbarians played by gentlemen’, het die beroemde Ierse skrywer Oscar Wilde in die laat 1800’s geskryf. Die voormalige Springbokafrigter Peter de Villiers het egter hierdie tong-in-die-kies-stelling Dinsdag oneer aangedoen.
Ma vermoor seuns ‘om dogter te help’
Brittany het Dinsdag glo die nooddienste gebel en aan hulle gesê haar babaseuntjie haal nie asem nie. Sy het rustig die operateur se vrae beantwoord terwyl die baba se slaapapnee-alarm in die agtergrond afgegaan het.
Dié webwerf help jou met die opsitkers (en meer!)
Elke afspraak en herdenking verg beplanning en selfs idees vir geskenke kan soms ʼn kopseer wees. Die webwerf Date Night Ideas help met al dié uitdagings.
Man gevonnis ná hy kind se kop teen die grond slaan
ʼn Man wat sy vriendin se driejarige dogtertjie doodgemaak het toe hy haar aan haar voete gevat en haar kop teen die grond geslaan het, is in die hooggeregshof in Bloemfontein gevonnis.
Afgedankte Rustenburg-mynwerkers krepeer, eet katte en rotte
Talle voormalige mynwerkers van Kroondal buite Rustenburg in Noordwes leef in haglike omstandighede sedert hulle in 2009 afgedank is, en oorleef skaars deur katte, rotte, wilde diere en groente te eet.
Tutu ontvang ‘intensiewe’ behandeling in hospitaal
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu sal ten minste nog twee weke in die hospitaal wees waar hy “intensiewe antibiotiese behandeling” ontvang.
Polokwane-hoës geskors oor onwettige tenders
Ses direkteurs van die Polokwane-stadsraad is geskors nadat hulle glo multimiljoenrandse tenders toegeken het sonder om die regte prosedures te volg.
Nuuskommentaar: Om die reëls te verbreek
Is dit goed om ’n reëlverbreker te wees of nie? Dit hang af van die konteks. Sonder reëlverbreking sou daar nie innovering en ekonomiese spronge gewees het nie, maar ’n anargistiese reëlverbreking lei tot chaos. En buitendien, wie is die grootste reëlverbrekers in Suid-Afrika – die regering of diegene wat hulle daarteen verset?
Twee sterf ná motorfiets en fiets bots
Twee mans is dood nadat ʼn motorfietsryer en ʼn fietsryer mekaar Donderdagoggend in Kaapstad getref het.
‘Huurmoordenaar’ voor beplande moord vasgetrek
“Sodra ons agtergekom het wie hom gehuur het om die moord te pleeg, sal ons moontlik ʼn motief kan vasstel.”
Minister gee opdrag dat Prasa-lokomotief se ontsporing ondersoek word
Dipuo Peters, minister van vervoer, het opdrag gegee dat die Nasionale Reguleerder vir Spoorwegveiligheid (RSR) en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) nou saamwerk om vas te stel hoekom een van die omstrede nuwe Afro4000-lokomotiewe laat Dinsdagaand ontspoor het.
MRK stel plaasmoorde-verslag bekend
In die verslag word politici gekritiseer omdat hulle hul nie sterker teen plaasmoorde uitspreek nie.
Resep: Caprese-slaai
Tiaan en Mynhardt het die bekende slaai met ’n swetterjoel tamatiesoorte ’n bietjie woema gegee.
Ontdek jou kind se leerstyl
[promosie-artikel] Jou kind wip op en af op sy stoel terwyl jy probeer om sy wiskundehuiswerk aan hom te verduidelik – luister hy ooit?
Smokie byna weer in Suid-Afrika
Veertig jaar nadat hulle vir die eerste keer op die internasionale musiektoneel verskyn het, is Smokie gereed om weer ‘n wêreldtoer te onderneem en optredes in Suid-Afrika is weereens op die program.
Munisipale werker vas oor trekker
ʼn Munisipale werker van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn trekker aan ʼn polisiebeampte probeer verkoop het.
Luister: Bosoorlog-veterane kry erkenning deur digkuns
Wanneer mense oor die Bosoorlog praat, is digkuns moontlik die laaste ding waaraan hulle dink, maar daar is ʼn nuwe digbundel wat dié opvatting kan verander. Dawid Lotter is die samesteller van hierdie digbundel en Maroela Media het met hom daaroor gesels.
Gedig: Die soldaat
Hierdie gedig is geskryf deur tweede luitenant Naas du Preez ʼn rukkie voordat hy oorlede is in ʼn ontploffing in die suide van Zambië op 13 Februarie 1980.
Gemeenskap trek ontsnapte Kathu-verdagte vas
Die verdagte wat Maandag uit die aanhoudingselle van die landdroshof in Kathu ontsnap het, is Donderdag in die vroeë oggendure deur lede van ʼn buurtwag vasgetrek.