ʼn Polisiebeampte van Ladysmith in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn verdagte aanvaar het om die saak te laat “verdwyn”.
Lees meerAlles vir Vrydag 2 Oktober 2015
Twee verskeie kere uit bewegende motor in Pretoria geskiet
Twee mense is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Vrydagmiddag verskeie kere in hul motor op Garsfonteinweg in Pretoria geskiet is.
Solidariteit eis miljoene namens Sishen-lede
Die vakbond Solidariteit het Vrydag namens 97 van sy lede ʼn eis van R10,7 miljoen teen ʼn mynmaatskappy by die arbeidshof aanhangig gemaak.
ToekomsVenster: Getuig my eie lewe van integriteit?
Mense stel ʼn hoë premie op geloofwaardigheid en integriteit. Selfs al sou hulle self anders leef, verwag hulle (ons het mos maar somtyds dubbele standaarde) ʼn ander manier van optrede by hul leiers.
Twee wat glo polisievrou vermoor volgende week gevonnis
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn Kaapstadse polisiebeampte tydens ʼn rooftog op ʼn plaas doodgeskiet het, sal waarskynlik volgende week hoor of hulle skuldig bevind sal word.
Foto’s: Trok ploeg deur motors in parkeerterrein
Een persoon is beseer en talle motors beskadig toe ʼn vragmotor Vrydag in motors in ʼn parkeerterrein in Tableview ingeploeg het.
Nóg ʼn man vas vir kinderpornografie
In nog ʼn skokkende voorval van beweerde kinderpornografie is ʼn 19-jarige man Donderdag in Pretoria in hegtenis geneem.
Bloem weer kalm ná bendegeweld
Die situasie in Bloemfontein was Vrydag weer kalm ná die stad vandeesweek onder bendegeweld deurgeloop het waarin minstens drie mense dood is.
Vyf beseer toe man op inkopiegangers skiet
Vyf mense is ernstig beseer nadat ʼn gewapende man op inkopiegangers in ʼn winkelsentrum in Johannesburg losgebrand het.
Vrystaters ervaar ligte aardbewing
Inwoners in gedeeltes van die Noord-Kaap en die Vrystaat het Donderdagnag glo ʼn ligte aardbewing ervaar.
Nege vas vir boendoegeweld
Nege mans is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo die reg in eie hande geneem en ʼn vermeende inbreker doodgeslaan en nog twee glo erg aangerand het.
Pta-bestuurders woedend ná bloulig-brigade glo ongeluk veroorsaak
Die polisie sal ʼn voorval ondersoek nadat twee Pretorianers in ʼn motorongeluk betrokke was, wat na bewering deur ʼn bloulig-brigade veroorsaak is.
[Video] ʼn Hond se beste vriend
‘n Man van Centurion wat dit sélf glad nie breed het nie en in ‘n lendelam plakkershut bly, deel elke dag sy karige bord kos met minstens nege honde wat hy versorg.
Resep: Mieliepap
As iemand vir jou organiese mieliepap uit die Vrystaat kan bring, is dit nog beter. Glo my, dit maak ʼn groot verskil.
[Video] Skinny die motorfietswaaghals
Suid-Afrikaanse motorfietswaaghalse is omtrent so skaars soos hoendertande en daar is selfs nog minder vroue wat dié sport aandurf. Skinny van Schalkwyk is een van hulle.
Motoriste op pad na Krugerwildtuin gewaarsku
Die Mpumalanga-polisie het Vrydag ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtig te wees op die pad tussen Hazyview en die Krugerwildtuin.
[Video] Landwye patrollies dié naweek gereël
AfriForum beplan om die naweek meer as 3 000 mense landwyd in te span om patrollies in hul woonbuurte te doen as deel van sy veldtog genaamd Operasie Misdaadvry.
Boek: Neem my terug
Hierdie digbundel verwoord dus hoofsaaklik haar verlange na haar grootwordwêreld waarna sy graag sal wil terugkeer.
[Foto’s] Jans Rautenbach se ‘Abraham’ bekendgestel
Die bekende filmreggiseur Jans Rautenbach is terug met sy jongste rolprent, Abraham, wat Woensdagaand amptelik in die Brooklyn Mall Cinema Nouveau bekendgestel is.
Vakansiepret vir elke dag van die week
Dis amper weer skoolvakansie en om te verhoed dat jou kinders kla hulle is verveeld óf ure voor die televisie deurbring, moet jy kreatief dink en vooruit beplan. Hier is ʼn paar voorstelle om jou te inspireer.