Vier topspanne uit die Boland, insluitende die bond se kampioen, sal Saterdag 5 Maart aan die Jan du Toit-rugbydag op Kraaifontein deelneem.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 Januarie 2016
Biblioteekboek halfeeu later ingehandig
ʼn Amerikaanse student wat ʼn boek by ʼn biblioteek uitgeneem het, het die boek byna 50 jaar later met ʼn boetebetaling terugbesorg.
Mynwerkers se familie: dood kon voorkom word
Die dood van vier van Impala Platinum se werkers by ʼn myn in Luka buite Rustenburg kon voorkom geword het, het die familie van die oorledenes Woensdag gesê.
Pa en seun (10) geskiet; twee vas
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn skietvoorval by ʼn huis in Parkwood in Kaapstad waartydens ʼn 10-jarige seun dood en sy pa gewond is.
Bloemfonteiners teen verblyf-slenter gewaarsku
Die polisie in Bloemfontein het die publiek gewaarsku teen ʼn slenter wat tans gebruik word om huurders uit duisende rande te bedrieg.
Motorverkoopsman in hof vir beweerde R10 miljoen bedrog
Die eienaar van ʼn gelikwideerde motorhandelaar in Parow in die Wes-Kaap en sy finansiële bestuurder het Woensdag in die hof verskyn op talle aanklagte van bedrog van meer as R10 miljoen.
ToekomsVenster: Ek soek na God
Kinders behoort tot geloof te kom (en selfs dit is dramaties, veel eerder ʼn natuurlike oorgang) vanweë die voorbeeld wat ouers gestel het en nie ten spyte daarvan nie.
Gedig: Vergewe en vergeet
“Daar het ʼn doringboompie vlak by die pad gestaan, waar lange ossespanne met sware vragte gaan…” Totius se gedig, “Vergewe en vergeet”
Skoolkind doodgery: Maats kry berading
Die Gautengse onderwysdepartement het Woensdag die voorval betreur waarin ʼn leerling Dinsdagmiddag dood en 19 leerlinge beseer is in ʼn ongeluk in Johannesburg.
Die droogte is gebreek
Vandag besef ek eers die werklike dankbaarheid agter hierdie skamele vier woorde: “Die droogte is gebreek!”
Man wil 200km draf teen renosterstropery
Die Tafelronde van Witbank het pas ʼn projek van stapel gestuur wat sal help om by te dra tot pogings om renosterstropery te bekamp.
Maimane: ‘Zuma het lankal van werkloses vergeet’
“Werklose Suid-Afrikaners moet weet: President Zuma en die ANC het lankal van julle vergeet.”
Studente woedend oor Unisa-aansoeke
Unisa het Dinsdag gesê bedrywighede op die kampus is terug na normaal nadat studente en werkers verlede week op die kampus betoog het, maar talle studente beweer dit is nie die geval nie.
Luiperdjag in 2016 verbied
Geen permitte vir luiperd-trofeejag sal in 2016 in Suid-Afrika beskikbaar gestel word nie.
Regeringskantoordiefstal: 3 kry borgtog
Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die diefstal van R17 miljoen in buitelandse valuta by die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) is nou al drie uit op borg.
[Resep] Botterkoekbrood met vrugte
“Ek het grootgeword met botterkoek – my ma het ons nog die suiker en botter met ʼn houtlepel laat roer tot dit romerig was. Jou arms was later lam, maar daar mag nie ʼn korreltjie suiker te bespeur wees as sy dit tussen haar vingers gerol het nie.”
Trane toe polisieman se ‘moordenaars’ in hof verskyn
Ao. Ann Poortman, die vrou van die vermoorde kapt. Kenneth Poortman, het Woensdag in die Pretoria-landdroshof gehuil toe sy van aangesig tot aangesig kom met die vier mans wat aangekla word van die moord op haar man.
Meisie glo by sportdag ontvoer
Die Klerksdorp-polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat ʼn negejarige meisie na bewering Vrydag tydens ʼn plaaslike laerskool se sportdag ontvoer is.
67 Blankets wil wéér wêreldrekord breek
Die 67 Blankets-inisiatief vier op 27 Januarie sy tweede verjaardag in Houghton Estate, Johannesburg.
‘Boer soek ʼn vrou’ kry nuwe aanbieder
Kykers van die gewilde kykNET-televisiereeks Boer soek ʼn vrou kan binnekort ʼn nuwe aanbieder van dié program in hul TV-kamers verwag.