ʼn Olifantkalfie wat slegs ʼn paar dae oud is, moes Dinsdag uit ʼn opgaardam van ʼn kopermyn in Phalaborwa, Limpopo, gered word.
Alles vir Maandag 22 Februarie 2016
Musiekgesin eerste keer saam op die verhoog
Die gewilde en talentvolle musiekgesin – Rina Hugo, haar man, Johan van Rensburg, en hul seun, Riaan – gaan vir die eerste keer op 4 Maart saam konsert hou.
Vrou deur honde gebyt
ʼn 58-jarige vrou is Maandagoggend ernstig beseer nadat sy deur honde aangeval is toe sy haar eie hond wou beskerm.
Nuuskommentaar: Beplan die VSA ’n staatsgreep in SA?
Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, se opmerking by die ANC se onlangse “anti-rassisme”-optog dat die VSA ’n staatsgreep in Suid-Afrika probeer uitvoer, word as sulke bog beskou dat dit nie eens werklik nuusdekking gekry het nie. Maar verdien dit nie meer aandag ten die agtergrond dat die ANC op die verkiesing van ’n nuwe leier afstuur en voorbrand nou reeds gemaak word dat ’n uitgesproke sosialis soos Nkosazana Dlamini-Zuma eerder as Cyril Ramaphosa se posisie versterk word nie?
[Video] Tuks weer gesluit ná geweld
Klasse op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) is Maandag opgeskort nadat betogers weereens die kampus bestorm en klasse ontwrig het.
[Luister] Bok van Blerk sing ‘Modder en Bloed’-temalied
Die temaliedjie vir die nuwe Afrikaanse fliek, Modder en Bloed, is onlangs vrygestel en kan moontlik nóg ʼn treffer agter die sanger Bok van Blerk se naam wees.
Talle skoolkinders beseer in ongelukke
Minstens 12 skoolkinders is Maandagoggend in twee afsonderlike botsings in Johannesburg en Bloemfontein beseer.
Nuwe vrystellings: 22 Februarie 2016
Daantjie Dinamiet maak vandeesweek ʼn opsomming van die gewildste nuwe Afrikaanse treffers.
Zephany Nurse: Verhoor begin vandag
ʼn Vrou van Lavender Hill in Kaapstad wat na bewering in 1997 ʼn pasgebore baba uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer en as haar eie grootgemaak het, se verhoor begin Maandag in die hooggeregshof in die stad.
Maroela Media Top-20: 22 Februarie 2016
Vandeesweek is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisie behou en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek vir die sesde agtereenvolgende week met “Eerste woorde”, maar Bobby van Jaarsveld skuif op na die tweede plek met “Middernagserenade”.
Krejcir dalk vandag gevonnis
Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir en sy vyf medebeskuldigdes se vonnisoplegging sal na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg begin.
Oom Herrie se kerrie: Die verbode kleure
Die ophef wat gemaak is oor twee Matie-studentemeisies wat hulself pers gekleur het vir ’n ruimtetemapartytjie, is nie die eerste politieke ophef oor ’n kleur nie.
Boormasjien breek by Lily-myn
ʼn Boormasjien wat tans gebruik word om ʼn ontsnappingsroete te boor vir reddingswerkers by Lily-myn om by drie werknemers uit te kom wat ondergrond vasgekeer is, het gebreek kort nadat dit in gebruik geneem is.
Zuma besing glo die lof van die 92-jarige Mugabe
Die wêreld se oudste president, Robert Mugabe van Zimbabwe, het Sondag sy 92ste verjaarsdag gevier, en daar is nog nie enige duidelik opvolger in sig nie.
Korrekte spelling ‘n belangrike vaardigheid
Die vermoë om korrek te spel is dwarsdeur ʼn mens se lewe ʼn baie belangrike basiese vaardigheid. Wanneer mens sukkel met spelling, is dit nie net jou skoolwerk wat daaronder ly nie, maar dit benadeel ook later jou kanse in die werkplek.
Baba tussen rommel in Durban gevind
Paramedici het Saterdagaand omstreeks middernag ʼn baba tussen vullissakke in Durban gevind.
Gedagte vir die dag: God neem jou spanning weg
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. (Filippense 4:6-7, NLV)