Postmasburg het Saterdag, soos die krieketmanne sou sê `n Nelson in die Griekwa-rugbyunie se Superliga behaal.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Junie 2016
$20-noot in sy McDonalds-hamburger
ʼn Man van Chesterfield in Virginia het ʼn aangename verrassing gekry toe hy op ʼn $20-noot in sy McDonalds-burger afgekom het.
[Video] Onthou waar jy sleutels bêre met dié maklike truuk
Ron White, wat al twee keer in Amerika as die nasionale geheuekampioen aangewys is, wys in dié video vir jou ʼn eenvoudige tegniek om seker te maak jy vergeet nooit weer waar jy jou sleutels neergesit het nie.
Dwelms van meer as R100 miljoen op kleinhoewe gevind
Vyf verdagtes, waaronder ʼn adjudant-offisier, is in hegtenis geneem op aanklag van die vervaardiging van dwelmmiddels en dwelmhandel.
Verhoogde damwal bied meer water aan KZN-noordkus
Bouwerk om die Hazelmere-damwal te verhoog vorder glo goed en sal na verwagting teen Junie 2017 afgehandel wees.
[Video] Is resessie SA se voorland?
Die skokaankondiging oor Suid-Afrika se BBP het opnuut vrae laat ontstaan oor ‘n moontlike resessie. Volgens Statistieke SA het die BBP in die eerste kwartaal van dié jaar met 1,2% ingekrimp.
Polisie by toets tussen Springbokke en Ierland
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Donderdag bevestig hy sal Saterdag ʼn swaar teenwoordigheid by Nuweland in Kaapstad hê te midde van dreigemente dat die Springbokke se eerste toets ontwrig gaan word.
Man sterf ná hy uit boom val
ʼn 27-jarige man is Donderdagoggend dood nadat hy uit ʼn boom by ʼn aftreeoord in Akasia, Pretoria, geval het.
Aansoeke vir ‘spesiale stemme’ open Vrydag
Mense wat in aanmerking kom vir spesiale stemme in die 2016 munisipale verkiesing, kan van Vrydag af vir spesiale stemreg aansoek doen, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
[Video] Hartroerende oomblik toe sy pop ‘soos sy’ kry
ʼn Video van ʼn 10-jarige meisie met ʼn kunsbeen wat ʼn pop, wat ook ʼn prostese het, vir haar verjaardag kry, word wyd op sosiale media gedeel.
Tieners vas vir verkragting by hoërskool
Drie tienerseuns is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn 15-jarige meisie by ʼn hoërskool in Steenberg in die Wes-Kaap verkrag het.
Die wêreld in foto’s – 9 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vier nuwe elemente op die periodieke tabel
Die name van die vier nuwe elemente wat by die periodieke tabel bygevoeg word, is Woensdag deur die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUPAC), wat chemiese terminologie bepaal, aangekondig.
SA brandbestryders staak glo in Kanada
Die organisasie Working on Fire (WOF) het Donderdag mediaberigte ontken dat die 301 brandbestryders en bestuurslede, wat na Kanada gestuur is om te help met die verwoestende brande in dié land, nie die betaling en daaglikse toelae ontvang soos met hulle ooreengekom is nie.
Grondbesetters sak op wildreservaat toe
“Van die mense sê dit is onregverdig dat witmense so baie grond het en hulle nie en daarom vat hulle nou hierdie grond. Ander sê weer die ANC het gesê hulle mag die grond kry.”
Pa erken moord op twee kinders
ʼn 33-jarige pa van Ladysmith het Donderdag in die hof erken hy het op 30 Mei sy twee kinders in hul beddens met ʼn mes doodgesteek.
‘My Japan’: ʼn Radiodrama soos vertel deur ʼn tsoenami-oorlewende
Die bekroonde jeugdrama, My Japan, wat geskoei is op die storie van ʼn Suid-Afrikaanse onderwyseres wat die verwoestende tsoenami in Japan in 2011 oorleef het, word op 9 Junie op RSG uitgesaai.
Gesonde seuntjie, al is ma breindood
ʼn Gesonde babaseuntjie is Woensdag in Portugal gebore nadat sy ma vier maande gelede breindood verklaar is, maar met masjiene aan die lewe gehou is.
Seun kry glo lyfstraf in koshuis
ʼn Saak van aanranding word ondersoek nadat ʼn leerder aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé na bewering by die skool se seunskoshuis met ʼn rottang lyfstraf toegedien is.
Swaar vonnis vir Kaapstad-reeksmoordenaar
Kahangayi Sedumedi (32), die sogenaamde Century City-reeksmoordenaar, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot sewe keer lewenslange tronkstraf, sowel as ʼn bykomende 40 jaar direkte tronkstraf, gevonnis.