Die Namibiese regering oorweeg om honderde seekoeie en krokodille wat gestrand lê in opgedroogde riviere en mere beskikbaar te maak vir trofeejag, tensy hulle dringend hulp kan kry om die diere te skuif na gebiede met meer water.
Alles vir die maand Julie 2016
Twee weke om te leef: Man veg verwoed
Adrian Hosken, ʼn Suid-Afrikaanse man wat slegs weke gegee is om te leef ná ʼn vyf jaar lange stryd teen ʼn rare maagkanker, veg nou verwoed om geld in te samel vir alternatiewe kankerbehandeling. Hy wil só sy leeftyd “probeer verleng” om meer tyd saam met sy kinders, onderskeidelik twee jaar en nege maande oud, te kan deurbring.
Twee beseer toe trein kar tref
Twee mans is beseer toe ʼn trein Donderdag in die vroeë oggendure ʼn motor in die Noord-Kaap getref het.
Rugby het baie aan dié Amerikaner te danke
Die naam Colby E “Babe” Slater lui dalk nie `n klokkie by die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners nie, maar hy het baie diep spore in rugby getrap.
[Video] Brand jy maklik in die son? Dié app sal help
Die farmaseutiese vervaardiger Meda Pharma het onlangs ʼn slim app ontwerp wat met slegs ʼn rapsie persoonlike inligting jou kan waarsku wanneer jy lank genoeg in die son was en wanneer jy nog sonskerm moet aansmeer.
Twee vertel aan hof hoe hulle egpaar vermoor
“Sy het probeer om weg te hardloop. Ek het haar teruggebring in die huis in en haar gesteek. Ek kan nie onthou hoeveel keer nie.”
[Verkiesing] DA wil alle munisipaliteite in Wes-Kaap verower
Die DA staan ʼn sterk kans om beheer oor alle munisipaliteite in die Wes-Kaap te verkry in die munisipale verkiesing op 3 Augustus. Dit is…
Veldwagter, veeartstegnikus vas vir stropery
ʼn Veldwagter in die Krugerwildtuin is Woensdag saam met ʼn staatsveeartstegnikus in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Só ‘rol’ Jack Parow in jongste album
Die Afrikaanse kletsrymer Jack Parow het pas sy jongste album, ʼn versamelalbum wat saamgestel is uit liedjies van sy kykNET-program, Dis hoe ons rol, vrygestel.
Twee vas oor vlootbasis-inbraak
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die inbraak by die vlootbasis in Simonstad.
Man sterf in Vrystaat-ongeluk
ʼn Man in sy 40’s is dood toe hy Woensdagaand tydens ʼn ongeluk buite Ficksburg in die Vrystaat uit sy motor geslinger is.
Tokai-moord: Vier weer in hof
Vier mans sal na verwagting Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die moord, verkragting en roof van die 16-jarige Franziska Blöchliger.
Nuuskommentaar: SAUK en ’n vry en regverdige verkiesing
Altesaam 23 Europese ambassadeurs in Suid-Afrika wou by min. Des van Rooyen weet wat die impak van die SAUK se redaksionele beleid op die hou van ’n vry en regverdige verkiesing is.
Man kry swaar vonnis ná verkragtingstog
ʼn 23-jarige man is vandeesweek swaar gevonnis nadat hy en ʼn medepligtige twee vroue, onderskeidelik 17 en 26 jaar oud, kort ná mekaar naby Orkney in Noordwes verkrag het.
Drie huisrowers in Welkom vasgetrek
Drie vermeende huisrowers is vandeesweek in Welkom in hegtenis geneem, ure nadat hulle ʼn 34-jarige inwoner in sy huis oorval en beroof het.
Gruvonds op Noordwes-plaas gemaak
ʼn Bejaarde man se liggaam, waarvan die kop en ander liggaamsdele verwyder is, is op ʼn plaas naby Christiana in Noordwes gevind.
Gedagte vir die dag: Niks kan ons skei
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Romeine 8:38–39)
Munisipale werker sterf toe vragmotor hom tref
ʼn Munisipale werker wat besig was met skoonmaakwerk ná swaar reën in ʼn straat in Durban, is Woensdagoggend dood toe ʼn vragmotor hom getref het.
[Video] Hersien ons werksure, vra junior dokters
Oorwerkte junior Suid-Afrikaanse dokters sê skofte van 30 uur stel nie net hulle lewens in gevaar nie maar ook dié van hulle pasiënte. Hulle doen nou ‘n dringende beroep dat werksure hersien word.
$125 miljoen om Botswana se diamantbedryf te versterk
Die Amerikaanse regering het ʼn lening van $125 miljoen toegestaan wat gebruik sal word om Botswana se plaaslike diamantslyp- en poleringsbedryf sal verstewig om meer werk te skep en die ekonomiese groei te bevorder.