Die wêreld se langste en hoogste glasbrug in China se Hunan-provinsie is tydelik gesluit.
Alles vir Vrydag 2 September 2016
GB: reeks moet PE Polisie se groei meet
Sy deelname aan die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker sal as maatstaf dien om Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) se groei die afgelope tyd te meet.
Misdaadstatistieke: Moordkoers neem steeds toe
Die jongste misdaadstatistieke is Vrydag bekend gemaak met moorde wat die afgelope boekjaar weer toegeneem het.
Rassisme-bewerings by nog ʼn skool gemaak
Die leerders beweer hulle word nie toegelaat om hul hare op natuurlike wyse te dra nie en word strafpunte gegee indien hulle hul moedertaal op die skoolterrein praat. Die leerders beweer dieselfde geld nie vir Afrikaanse leerders wat Afrikaans by die skool praat nie.
[Resensie] Nataniël: ‘Mannequin’
Dalk is dit ʼn trek van ware kunstenaarskap as ʼn kunstenaar dit kan regkry om in ʼn stampvol teater elke gehoorlid, elkeen met sy en haar eie verwagtings, interpretasies en selfs afkeure, te vermaak sodat elkeen vasgevang word, én bly, in die verhoogkuns wat voor hulle afspeel. Dit is wat Nataniël in sy jongste produksie, Mannequin, meesterlik doen.
Opwindende geleentheid vir SA skrywers
Suid-Afrikaanse skrywers het tot 12 September geleentheid om hul voorstelle in te dien om aan Kunste Onbeperk se opwindende vertoonkas vir nuwe Afrikaanse verhoogtekste deel te neem.
ToekomsVenster: Ons krag en inspirasie kom van Hom
Uiteraard word so ʼn lewe van toewyding alleen moontlik gemaak in die mate waarin ons die Heilige Gees toelaat om ons te beheer en te lei.
Kerke: Kriminalisering van rassisme ‘nie die antwoord’
Kerkleiers meen hoewel dit “goed klink” om rassisme te kriminaliseer, dit byna onmoontlik sal wees om dié tipe wetgewing te implementeer.
GB: groentjie Northham gaan nie terugstaan
Dit mag Northam (Limpopo Blou Bulle) se eerste deelname aan die internasionale oopklubreeks om die Goue Beker wees, maar hy gaan vir niemand terugstaan nie.
[Resep] Boereworssosaties
Steek die vuur solank aan – die naweek is hier! Hierdie resep is ʼn moet vir die naweek se lente-feesviering.
Stiefpa agter tralies vir verkragting van 12-jarige
ʼn 60-jarige man is vandeesweek tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 12-jarige stiefdogter.
Nuuskommentaar: Is daar ruimte vir minderhede se leierskapontwikkeling?
Die regering tjommel tans erg rond onder die gevolge van sy swak leierskap, en die hele kwessie van die doeltreffende disinvestering van die land se staatsbeheerde instellings groei aan soos ʼn sneeubal. Dit is rede tot groot kommer.
Woord: koppie
Moet liefs nie aan die oorsprong van die woord “koppie” dink wanneer jy volgende keer ‘n koppie tee of koffie skink nie!
Plakkers vasbeslote om terug te keer ná uitsetting
Onwettige plakkers wat Donderdag met geweld van ‘n stuk grond naby Danville, wes van Pretoria, verwyder is, het belowe hulle sal terugkeer sodra die polisie die gebied verlaat.
GB: College Rovers wil dié slag beter as sesde
College Rovers (KwaZulu-Natal) was erg teleurgestel in sy sesde plek in verlede jaar se reeks om die Goue Beker, en is vasbelote om vanjaar daarop te verbeter.
Vrou deur trok vergruis
ʼn 34-jarige vrou is Donderdagmiddag in KwaZulu-Natal deur ʼn vragmotor vergruis.
GB: Pretoria Polisie beter as Carlton-vertoning
Pretoria Polisie (Blou Bulle) is `n veel beter span as wat uit sy vertoning in vanjaar sy Carltonreeks blyk, en indien hy uit sy foute geleer het, is daar geen rede hoekom hy nie die uitspeelrondes van die reeks om die Goue Beker kan haal nie.
Minister paai ná nog geldkrane toegedraai word
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het beleggers gerusgestel dat Suid-Afrika se semistaatsinstellings stabiel is nadat ʼn tweede batebestuurder aangekondig het dat hy nie die land se maatskappye in staatsbesit verder gaan finansier nie.
Ondersoek ná reusekremetart gedeeltelik ineenstort
Kenners probeer steeds ontrafel wat gelei het tot die gedeeltelike ineenstorting van die Sunland-reusekremetart in Modjadjiskloof naby Tzaneen in Limpopo.
Twee gevonnis ná moord op drawwer
Twee mans wat ʼn drawwer vir ʼn skamele R4 en sy tekkies vermoor het, is Donderdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis.