Die Duitse fotograaf Christian Vieler het ʼn reeks grappige foto’s van honde wat lekkernye probeer vang, vrygestel.
Alles vir die maand September 2016
Video: Só gaan mense na Mars reis, verduidelik Musk
Elon Musk, stigterslid en uitvoerende hoof van SpaceX, het Dinsdag sy planne bekend gemaak hoe persone na Mars sal reis om ʼn kolonie op dié planeet te vestig.
Jansen oor #FeesMustFall: ‘Ek is bang’
“Daar is net twee maniere hoe die verbranding van ons universiteite tot ʼn einde kan kom,” meen Jonathan Jansen, die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV).
Skare keer hul rug op Clinton… vir ʼn selfie
ʼn Bisarre foto van ʼn skare wat lyk of hulle hul rug keer op Hillary Clinton, presidentskandidaat in Amerika, word wyd op sosiale media versprei.
Operasie: AB kon nie anders nie
AB de Villiers, die Proteas se aangewese kaptein vir toetswedstryde en eendaagse krieket, sal nie teen die Australiese span vir die eendagreeks hier of die toetsreeks in Australië beskikbaar wees nie.
Gedig: Ek sal opstaan
“ek sal opstaan en na my vader gaan; opstaan uit my vodde en my vuil..” skryf WEG Louw in sy gedig, “Ek sal opstaan”
Boufonds en Regsfonds van kardinale belang vir Solidariteit se Toekomsplan 2020
Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se Toekomsplan 2020 by die Toekomsberaad wat op 10 Oktober 2015 by die Heartfelt Arena gehou is, is daar aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 miljard in verskeie projekte en instansies gaan belê.
Oom swaar gevonnis vir dubbelmoord op kinders
ʼn 40-jarige man is swaar gevonnis vir die moorde op sy twee broerskinders, wat hy onderskeidelik verwurg en keelaf gesny het.
Nuuskommentaar: Op soek na die wortel van die kwaad
Die eintlike sirkus wat hom nou afspeel, is die herontplooiing van die SAUK se gewese bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, as groepbestuurder van korporatiewe sake.
Nzimande: ‘EFF sit agter studentebetogings’
Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, het Dinsdag gesê die voortslepende studentebetogings is deel van die EFF se agenda om die ANC-regering te destabiliseer en diskrediteer.
Twee vas oor perlemoen
Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat lede van die Valke, die polisie se honde-eenheid en beamptes van die departement van bosbou, landbou en visserye, op ʼn huis in Gordonsbaai toegeslaan het.
Kovsies vervroeg ook reses
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het aangekondig die vakansie vir studente sal vervroeg word nadat die kampusse Dinsdag gesluit was weens die betogings.
Opposisiepartye boos oor Motsoeneng se aanstelling
Opposisiepartye het met woede gereageer op die nuus dat Hlaudi Motsoeneng as groepbestuurder van korporatiewe sake by die SAUK aangestel is, terwyl die ANC nog nie ʼn woord gerep het nie.
Kêrel borgtog geweier na moord op vriendin
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin, ʼn veldwagter vir SANParke, brutaal vermoor het, is Dinsdag in die Knysna-landdroshof borgtog geweier.
Luister: Die stut en die piekie
“Het jy sonbrandroom in?” vra ek op pad skool toe in die motor vir my vurige Affie-seun. “Neee Maa!” vererg hy hom. “Ek brand mos nie sommer nie.” Ek sug liggies en stry liewer nie.
[Foto’s] Laaste been van ʼn onbeplande reis
Die soeke na myself spoeg my weer uit op ʼn grondpad. Dié keer tussen Springbok en die hoogste punt van die Weskus, net so duskant die Namibiese grens.
Gedagte vir die dag: Omkoopgeskenke
Liewer min hê en reg lewe as baie inkomste hê deur onreg. (Spreuke 16:8)
Unisa kry interdik; TUT-reses vervroeg
Unisa het ʼn interdik bekom om te verseker akademiese bedrywighede kan voortgaan.
Motsoeneng: ‘Ek laat wonderwerke gebeur’
Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, het Dinsdag teen sy kritici uitgevaar nadat hy as groepbestuurder van korporatiewe sake aangestel is.
Leeus kies Robbie Coetzee bo Bokhaker Marx
Robbie Coetzee is deur die Goue Leeus-afrigter Johan Ackerman bo die Springbokhaker Malcom Marx gekies vir Vrydagmiddag se belangrike Curriebekerwedstryd teen die Sharks.