Besoekers aan die gewilde Tafelberg-sweefspoor kan van Woensdag af ontwrigting verwag weens ʼn staking.
Alles vir die maand September 2016
Video: Dis groot pret onder die sterre met #FliekOpDieVeld-toer
AfriForum het die afgelope naweek die Afrikaanse fliek Modder en Bloed as deel van sy #FliekOpDieVeld-toer onder die sterre by die Askari Game Lodge in Magaliesberg vertoon. Laatslapers hoef hulle egter nie te bekommer nie, aangesien dié toer tot in Desember vanjaar en in nog minstens drie provinsies aangebied gaan word.
Twee bieg ná pikkewyn verdwyn
Die mense wat die pikkewyn Buddy verlede week uit die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth gesteel het, het via hul regsverteenwoordiger na vore gekom.
GB: Northam staan nie terug met drieë druk
In weerwil van sy pak Saterdag teen Wanderers (Namibië) in Windhoek staan die span van Northam Platinum Rhinos (Limpopo Blou Bulle) nie terug as dit by die druk van drieë in die reeks om die Goue Beker kom nie.
Die oudwordraaisel
Dit wil vir my lyk of daar onder die in-jare-gevorderdes twee groepe is: Die een noem ek die onrealisties-idealisties-oudword-ontkennendes en die ander groep die realisties-oudword-aanvarendes.
Net vier SA intreevlakmotors slaag AA-veiligheidstoetse
Die AA (Automobiel-Assosiasie) het die afgelope week gesê slegs vier uit 23 intreevlakmotors in Suid-Afrika, almal van bekende vervaardigers, het daarin geslaag om veiligheidstoetse vir dié organisasie se Jaarlikse Intreevlakvoertuig Veiligheidsverslag te slaag.
UJ verras, maar halfeind buite bereik
Varsitynetbal se sesde ronde het Maandag vir ʼn groot verrassing gesorg toe UJ die Kovsies vir die eerste keer geklop het, terwyl die ander drie wedstryde al drie wegholoorwinnings was.
Tiener met oupa se vuurwapen doodgeskiet
ʼn 17-jarige seun is Maandagaand glo met sy oupa se vuurwapen in sy ouerhuis in Johannesburg doodgeskiet.
Žižekiaanse kerkleiers onder die vergrootglas
David Bordwell, die befaamde filmteoretikus, het my nommer. Al verskil ons dalk oor geloofsake, wandel ek graag in die gange van sy gedagtes, natuurlik met die volle wapenrusting aan.
Koffie: Dinge wat jy (dalk) nie geweet het nie
Koffie is die produk wat die tweede hoogste verbruik in die wêreld het (naas olie). Daar word wêreldwyd sowat 4 miljard koppies koffie per jaar gedrink.
[Resep] Poeding met koffie en Choc-kits
Hier is nog ʼn heerlike resep om Koffiedag op 29 September te vier. Hierdie resep is so maklik, selfs diegene wat nie kan bak nie, sal soos ʼn meesterbakker lyk. Hou Maroela Media dop vir nog unieke koffieresepte.
Motoris glo deur speurder aangerand
ʼn Gautengse man is in die hospitaal opgeneem nadat hy na bewering Maandag deur ʼn speurder verbonde aan die Heidelberg-polisiestasie aangerand is nadat die speurder van agter teen sy motor vasgery het.
Nuuskommentaar: Wie regeer die land?
Tog lyk dit of ’n paar faktore pres. Zuma se magspel beperk, soos dat hy besef die graderingsagentskappe hou ’n wapen teen Suid-Afrika se kop, en moontlik besef hy ook dat hy nou moet begin gou speel om nog voor sy verpligte aftrede ’n soort amnestie teen vervolging te kry.
Man in hof vir moord op kleuter
Die 34-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn vierjarige meisie van Vryburg in Noordwes, sal na verwagting Dinsdag in die dorp se landdroshof verskyn.
‘Smokkelaar’ met renosterhorings op lughawe betrap
ʼn Vermeende renosterhoringsmokkelaar is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat drie renosterhorings ter waarde van meer as R12,2 miljoen in sy besit gevind is.
Skoonmaker sterf ná betogings op Wits-kampus
ʼn Skoonmaker by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), wat verlede week te midde van die studentebetogings op die kampus vasgevang is, het gesterf.
TUT-reses ook vervroeg
Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Maandag dieselfde roete as die Universiteit van Pretoria (UP) gekies in reaksie op die studentebetogings op die kampus deur die instansie se reses te vervroeg.
Gedagte vir die dag: Werk met verwagting
Hy wat ploeg moet met verwagting ploeg, en hy wat dors, moet dit doen met die verwagting om sy deel te ontvang. (1 Korintiërs 9:10)
Sommige UKZN-betogers ‘nie werklik studente’
Die leier van die studenteraad by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg-kampus, het Maandag erken sommige van die betogers wat aan die studentebetogings by die instansie deelneem, is nie werklik studente nie.
Polisiekaptein, nog 4 vas oor winkelrooftog
Vyf verdagtes, waarvan een ʼn kaptein in die polisie is, is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn sportwinkel in Louis Trichardt in Limpopo.