Dit was so naby as dêmmit aan ʼn vloekwoord of Zeerust was Saterdag sonder die Jaap Steynbeker in die Luiperdsliga.
Alles vir die maand Junie 2017
‘Kokkedoortjie’: Wie gaan met die louere wegstap?
Ná ’n spannende voorlaaste episode van kykNET se gewilde werklikheidsreeks Kokkedoortjie gaan Christi Myburgh (13) van Bloemfontein en Edwin Theron (12) van Worcester mekaar die stryd aansê vir die Kokkedoortjie-kroon.
Belastingbetalers hoes miljoene vir polisiehoës wat niks doen
“Miljoene van belastingbetalers se geld word gemors op twee individue wat duidelik in die eerste plek nie geskik vir hul werk was nie. Hulle word betaal om tuis te bly en met hul vingers te speel.”
Sersant in polisiestasie in gesig geskiet
‘n Woordvoerder van die polisie het gesê drie mense het omstreeks 02:00 die polisiestasie binnegekom onder die voorwendsel dat hulle ʼn rooftog wil aanmeld.
BBRU-liga: kampioen begin 2de ronde op voorvoet
Die verdedigende kampioen in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carlton-B-liga het die tweede ronde van die reeks op sy voorvoet begin.
Straatverkopers ontsteld oor hoender-verbod
Die verbod kom nadat die hoogs aansteeklike H5N8-voëlgriepvirus op drie plase in Mpumalanga en die Vrystaat uitgebreek het.
Briewe uit Bagdad: Katvroutjie
“Sit netnou en skrywe toe storm ‘Katvroutjie’ by my kantoor in. Die deur was eintlik toe maar sy hol by Morgan verby en ‘sidestep’ ook vir Grace en vind my in die agterste limiete van die kantoor…” skryf Koos Greeff uit Bagdad.
‘The Voice SA’: Nog ʼn stem-fiasko
Volgens M-Net is die besluit geneem nadat hulle ingelig is oor opsies wat gebruik is om stemme te werf wat teen die reëls van die kompetisie is.
Gedig: Voël
“ʼn Voël vlieg voor my venster verby, ʼn naalddun lyn wat daaroor gly…” Lees WEG Louw se gedig, “Voël”
Nuuskommentaar: Fopnuus en betaalmure
Kan dit wees dat ons, te midde van ’n inligtingsontploffing, vervlak in ons vermoë om te onderskei tussen belangrike nuus en sensasionele nuus, en dat ons debatsvermoë deur toenemende fopnuus ondermyn word?
Peuter doof ná kogleêre inplanting gesteel is
“Dit is baie frustrerend vir haar. Vandat die oorstukkie weg is, vat sy heeltyd aan haar oor en wys vir ons sy kan nie hoor nie.”
[Video] Die 12-jarige buikspreker wat sing
ʼn 12-jarige buikspreker het haar skaamheid oorkom en die gehoor gaande gehad met ʼn verrassende optrede waar sy haar handpop laat sing!
Apartheidsgeld: Betogings by Absa-banke verwag
“Absa weier om aan die OB se bevinding gehoor te gee en noop ons om te betoog.”
Betogers maak amok naby Rustenburg
Die betogers het paaie met klippe en bande wat aan die brand gesteek is versper terwyl busse wat mynwerkers moet oplaai verhoed is om die nedersetting binne te gaan. ʼn Ander groep het ook ʼn winkel wat deur buitelanders besit word aangeval en kos, sigarette en kontant geëis.
Vandag se sportnuus
Die Britse en Ierse Leeus het gister die laaste weekwedstryd van hul toer deur Nieu-Seeland gespeel.
[Resep] Tiramisu
Corlea Botha deel haar heerlike tiramisu-resep.
Spur-konsessiehouers: ‘Gee ons nou kans om reg te maak’
“Al wat ons nou vir ons kliënte wil vra is dat hulle ons ʼn kans gee om reg te maak wat verbrou is. Ons wil kliënte nooi om weer by ons te kom eet sodat ons mekaar in die oë kan kyk. Ons wil hulle burger-vir-burger en bord-vir-bord terugwen.”
Modelbaas se vonnisoplegging wéér uitgestel
Die vonnisoplegging van Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park wat Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis sou word, is weer uitgestel.
Paia-aansoek ingedien oor Zuma-standbeeld in Noordwes
“’n Monument wat iemand eer moet meriete en waarde hê. Die oprigting van ’n Zuma-monument sal totaal onvanpas wees gegewe die hoë vlakke van korrupsie en armoede wat onder sy presidentskap in Suid-Afrika heers.”
Man sterf toe bakkie hom tref
ʼn Man in sy 40’s is dood toe hy glo oor ʼn pad gehardloop het en toe deur ʼn bakkie getref is.