Dit is goed dat die ANC se beleidskomitee armoede en werkloosheid by die komende beleidskonferensie bespreek. Dit is egter baie belangriker om ʼn beleid te formuleer oor die hantering van korrupsie binne die party.
Alles vir die maand Junie 2017
Man vas vir verkragting van sewejarige
ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn sewejarige meisie.
Outistiese seun wag op operasie ná hond hom aanval
Die kind se pa moes ʼn stuk draad gebruik om die hond van sy seun af te stoei.
Rooimiere, ander verwyder Pta-grondbesetters
“Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrika nog ’n Zimbabwe word nie.”
Godsdiens in skole: ‘Beheerliggame sal uitspraak bestudeer’
Paul Colditz, van Fedsas, het gesê hulle sal die hof se uitspraak bestudeer om te bepaal presies wat die implikasies daarvan vir die skole en hulle beleid is.
Peuter sterf ná ure in warm motor
Die voorval het gebeur tydens ʼn familiereünie terwyl die volwassenes by ʼn “geestelike byeenkoms” was.
Griffons-Oos: kampioen hou kans lewend
Die verdedigende kampioen in die Griffons se Oosstreek (Oos-Vrystaat), Bethlehem-oudskoliere, het Saterdag sy kans om weer die Willie Crowtherbeker te wen lewend gehou deur sy kwarteindstryd te wen.
Mediese kwessie lei glo tot noodlottige ongeluk
ʼn 65-jarige man is Woensdagoggend dood nadat hy vermoedelik weens ʼn mediese noodtoestand beheer oor sy motor verloor het.
Vrou wat baas deur FB, e-posse teister binnekort gevonnis
“Die twee slagoffers was diep verneder en ʼn mens kan jou net indink watter pyn en wroeging hulle moes deurmaak.”
[Video] Man staan op en vee stof af ná bus hom tref
ʼn Video van ʼn man wat deur ʼn bus getref word en dan doodluiters opstaan, die stof afskud en verder aanstap, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Dis nou wanneer die manne huis toe wil gaan
Wanneer son water begin trek en ʼn rugbytoer einde se kant toe staan, is dit gewoonlik ʼn wyse kaptein of die ware karakters wat die span deurtrek.
Man sterf toe kar deur grensmuur ploeg
Ten spyte van paramedici se volgehoue pogings om sy lewe te red, is hy op die toneel dood.
KZN-Middellandse kampioene behou hul titels
Albei die verdedigende kampioene in die ligas van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Middellandse Subunie (MRSU) het hul titels behou.
Vrou beroof toe motor gaan staan
Die vrou, in haar 60’s, het langs die pad in die voertuig gesit en wag toe twee booswigte toegeslaan het.
Paramedikus voor hospitaal doodgeskiet
“Die gemeenskap is ontneem van ʼn voetsoldaat wat hom daaraan gewy het om mense se lewens te red. Nou het sy familie ʼn pa, seun en eggenoot verloor.”
[Foto’s] BMW G 310 R: Mossie maar man
Ek was onmiddellik beïndruk met die G310 R se verrigting. Om van rigting te verander verg die ligste insette en die fiets floreer in die verkeer. Hy doen alles wat ʼn pendelfiets moet, en hy doen dit goed, skryf Brian Cheyne.
Hof beslis oor godsdiens in skole
Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak gelewer in die saak oor godsdiens in skole.
Padtoets: Is Trailblazer steeds ʼn alternatief?
Maroela Media het ʼn beurt gehad om Chev se duurste Trailblazer te toets, voor hulle besluit het om uit die land te verkas. Mmm. Nou hoe nou? Is die Trailblazer moontlik steeds ʼn opsie? Dalk teen die regte prys? Brendon Staniforth verduidelik.
Mynbouhandves is staatskaping tot nadeel van armes
“Verkies julle die huidige situasie waar 480 000 permanente mynwerkers in die sektor werksaam is en wat 50% getransformeer is, of verkies julle die 2030-scenario waarin 180 000 werknemers in die mynbousektor gaan oor wees, maar wat darem naby aan 100% getransformeer gaan wees?”
Dis US en ander politiek korrektes wat Afrikaans ‘laat doodgaan’
Waarom sou diskriminasie teen nie-Afrikaanssprekendes dan verkeerd wees, maar diskriminasie teen Afrikaanssprekendes in orde? Om dit maar reguit te stel: Dit getuig van skynheiligheid.