ʼn Basiese maalvleismengsel is iets wat jy beslis in jou resep-arsenaal moet hê.
Alles vir die maand Junie 2017
Nóg ʼn plaas deur voëlgriep getref
Die departement van landbou het gesê ʼn landwye verbod geld ook vir die verkoop van lêhoenders as slaghoenders tot verdere kennisgewing.
Ontvoerde Sweed ná vyf jaar in Mali vrygelaat
ʼn Sweed, Johan Gustafsson, wat byna ses jaar lank saam met die Suid-Afrikaner, Stephen McGown, deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou is, is vrygelaat.
Chris Chameleon: Die Mes deel II
“Die mes het my bly koggel, elke keer wanneer ek my laai oopgetrek het. Hy het later ʼn plek heel agter, buite sig, in die laai gevind en nog later, toe ek dit nie meer kon verdra nie, het ek hom êrens doelbewus verloor.” Lees Chris Chameleon se rubriek.
Skietdrama toe rowers op transitovoertuig toeslaan
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn groep gewapende verdagtes wat Maandagoggend ʼn transitovoertuig tussen Haenertsburg en Tzaneen probeer beroof het.
Regulering – vergete aandrywer van stygende gesondheidsorgkoste
Op die keper beskou moet die invloed van regulering en regeringsinmenging op koste in die gesondheidsorgsektor darem ten minste erken en nie net gelate aanvaar word nie.
Gedagte vir die dag: Jesus genees ’n gebrandmerkte gewete
Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. (1 Timoteus 4:2)
Geringe styging in Wes-Kaapse damvlakke
Damvlakke in die Wes-Kaap het effens gestyg.
Groep verdagtes soek ná aanval op vulstasie
ʼn Hilux-bakkie, Toyota Fortuner en BMW is gebruik tydens die aanval waarin ʼn kitsbank en kluis opgeblaas is.
KZN-liga: wegholseges kenmerk weekronde
Wegholseges het het weer Saterdag se wedstryde in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga gekenmerk.
[Foto’s] Polisiebeampte, verdagtes vas ná sakeroof
“Die rooftog het Saterdag plaasgevind. ʼn Groep van sewe mans het ʼn bakkery binnegestorm en die eienaar en sy vrou beroof terwyl hulle geld getel het. Hulle het van die toneel gevlug met ʼn onbekende bedrag kontant,” het Hlathi gesê.
Botha-skorsing knou Sharks se feitlik onhaalbare kanse
Die skorsing van die Sharks se slot Ruan Botha het die reeds baie skraal kanse van sy span om hul Superkwarteind in Suid-Afrika te speel, waarskynlik ʼn laaste knou gegee.
Man ernstig beseer ná sy hand in snippermasjien vassit.
’n Man (22) is vanoggend ernstig beseer in ʼn industriële ongeluk in Vanderbijlpark.
Geliefde Afrikaanse skrywer verloof
“Miskien sal ek eendag ’n boek daaroor skryf: hoe ons afsonderlik moedeloos en gekwel was, hoe ons ontmoet het, hoe ons verlief geraak het.”
ToekomsVenster: Bekyk die ewige lewe deur ’n vergrootglas
Ek wil graag U hand vat en saam met U deelneem aan U bevrydende werk in die wêreld.
Die wêreld in foto’s – 26 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
“Ons is jammer,” sê Spur
“Ons het besef dat ons die afgelope paar maande nie na ons kliënte geluister het nie. Die onlangse konfrontasie tussen twee kliënte en die gevolglike reaksie, het ʼn kragtige boodskap tuisgebring en dit is dat ons gehoor moet gee aan ons kliënte se behoeftes en hul frustrasies.”
Coligny-moordsaak ‘moet vinnig afgehandel word’
Die oorledene se pa het Maandag ʼn paar keer voor die hofverrigtinge begin het aan die mans gesê om hul koppe op te lig. “Hou julle koppe op, hoekom kruip julle weg?”
Man kritiek ná hond hom aanval
“Die hond het die man aan die arm gebyt en grond toe geruk, waarna die hond hom in die gesig gebyt het.”
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 26 Junie 2017
Elvis Blue behou die nommer 1-posisie vir ʼn vierde week met sy nuutste enkelsnit, “Die Brug”.