Sterkte aan almal. Ons lees gedurig Suid-Afrikaanse nuus en dink aan julle.
Alles vir Dinsdag 22 Augustus 2017
[Foto’s] Skaars wit-koala in dieretuin gebore
Geen van haar broers of suster is dieselfde kleur nie, en sy het ook nie Albinisme nie.
Wat my kind moet weet oor leierskap
Dit is die tyd van die jaar waar meeste skole besig is met leierverkiesings. Vir baie leerders is dit ʼn tyd van spanning; baie droom van daardie spesiale baadjie of balkie en wil graag ʼn posisie beklee. Daarmee saam is daar ook verwagtinge van ouers en onderwysers.
Al meer Suid-Afrikaners verval in armoede
“Die getal mense wat onder die 2015-broodlyn van R441 per maand leef het met 2,8 miljoen toegeneem, vanaf 11 miljoen in 2011 tot 13,8 miljoen in 2015.”
‘Afrikaans hou Tulbagh-leerders in asbesskool’
Die departement van onderwys het egter gesê die bewerings is onakkuraat.
Knysna-brande: Nuwe verslag bevestig wat inwoners sê oor ontstaan
Dr. David Klatzow se verslag oor sy ondersoek na die ontstaan van die verwoestende Knysna-brande het dít wat talle inwoners oor die oorsprong van die brande gesê het, opnuut bevestig.
Uitdrukking: ʼn Snaakse entjie mens
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “‘n snaakse entjie mens”
‘Stroper’ in wildtuin doodgeskiet
ʼn Vermeende stroper is deur veldwagters in die Kruger-wildtuin doodgeskiet.
HuffPost-blog is nié haatspraak, sê persraad
“Dit kan wees dat die stuk sommige mense geïrriteer of ontstel het, maar om dit as haatspraak te klassifiseer, sal ʼn té groot sprong wees.”
[Video] SA akteur stort hart uit: ‘Ek word beter, nie bitter’
“Ek het in die hospitaal besef hoe dankbaar ek is vir klein dingetjies. Toe ek ophou drink en rook het, het ek besef wie ek wil wees. Toe ek my werk verloor het, het ek besef ek kan ʼn les leer daaruit. Ek kan leer en verbeter – ek gaan nie bitter word nie, ek gaan beter word.”
Mynbou en staalbedryf: Myne en hulle s’n
Mense het geld nodig, en om geld te verdien moet daar werk wees, en om werk te skep is volhoubare ekonomiese groei nodig.
[Resep] Maalvleis-en-eierbakkies
Terwyl ons aan tafel is, bak ’n ander gedeelte as dié bakkies vir kosblikke en die res van die maalvleis vries ek vir ’n volgende ete – sommer ’n paar goed in een skoot uitgesorteer.
Ondersoek na Sonny Bill nie vir stamp teen kop getoets is
Daar word ondersoek ingestel na waarom Sonny Bill Williams nie in Saterdag se eerste toets in vanjaar se Rugbykampioenskap teen die Wallabies vir harsingskudding getoets is nadat hy ʼn stamp teen die kop gekry het nie.
Polisie vlek glo sindikaat oop
Vyf buitelanders wat glo deel is van ʼn sindikaat is in Wonderboom-Suid in Pretoria vasgetrek.
Drie vas oor kalf in badkamer
“Die kalfie is glo die vorige dag op ʼn plaas naby Tweeling gesteel.”
Ma pleit om hulp ná dogter (13) vermis raak
“Haar simkaart is uit die selfoon gehaal. Dit is dus nou vir ons moeiliker om haar op te spoor. Ons is doodbekommerd – daar is geen leidrade in dié stadium nie,” sê Hanlie Muller.
‘Gee hom die bal, gee hom die bal!’
Daar is sekere spelers wat jou hoedervleis gee wanneer jy hulle die eerste keer in aksie sien.
[Foto’s] Miljoene kyk verwonderd na kus-tot-kus sonsverduistering
Miljoene Amerikaners, onder wie verskeie Hollywood-sterre, het Maandag hul teleskope, kameras en beskermende brille gegryp om verwonderd te kyk na die eerste algehele sonsverduistering wat in meer as ʼn eeu van die Oos- tot die Weskus in die VSA gesien kon word.
Bokke darem weer bo Wallabies op ranglys
Die Springbokke is nog nie waar hul ondersteuners hulle op Wêreldrugby se ranglys wil sien nie, maar die pil is darem in ʼn mate verguld met ʼn skuif verby die Wallabies.
Shaleen speel Fiela nou met ‘meer diepte’
“Die oomblik as ek die kopdoek aansit, word ek Fiela. Ek het Fiela 30 jaar gelede gespeel, maar dis werklik asof niks verander het nie. Ek is seker ek speel nou die rol met baie meer diepte as 30 jaar gelede.”