Die hofverrigtinge van Mkuseli Apleni se aansoek om sy skorsing te betwis was aan die gang toe Zuma se kabinetskommeling aangekondig is.
Alles vir Woensdag 18 Oktober 2017
Man vas ná Pta-rooftog
Vinnige optrede deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is kort ná ʼn sakeman buite sy winkel in Centurion beroof is.
Eskom verwyder onwettige verbindings
Eskom het Dinsdagoggend groot hoeveelhede onwettige elektriese verbindings in ʼn nedersetting naby Benoni begin verwyder.
Hoër onderwys: Private instellings ál belangriker in SA
“Teen 2026 sal meer as ʼn miljoen studente aan private hoëronderwysinstellings studeer.”
Nuuskommentaar: Zuma teen Ramaphosa (die Westerse spioen)
Dié storie moet straks met ’n knippie sout geneem word – dat pres. Jacob Zuma besig is om ’n “intelligensieverslag” voor te berei om te toon dat adj.pres. Cyril Ramaphosa ’n Westerse spioen is en hom daarom in die pad gaan steek
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika speel vandag teen Bangladesj in hul tweede Eendag-kragmeting.
Jongste koninklike baba kom dán
Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate, het vandeesweek meer nuus oor die derde koninklike baba op sosiale media gedeel.
Panayiotou-verhoor byna op ʼn einde
Die uitgerekte moordverhoor het meer as ʼn jaar gelede begin.
Skote klap by Kaapstad-lughawe
ʼn Bendeleier is glo een van die mense wat tydens Woensdagoggend se voorval geskiet is.
KFC-saak: Beskuldigdes weer in hof
Die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het, verskyn Woensdag weer in die hof.
[Boek] Bonita Avenue
Die lewenslustige Siem Sigerius is ’n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus aan die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom ’n belowende toekoms in die politiek.
Pa sterf ná hy erg brand
“Weet jy gaan altyd hier saam ons wees en oor ons meisiekind waak!”
Potch-plaasaanval: Sakeman gegroet
Van Wyk is dood nadat hy Vrydagaand vermoedelik deur drie aanvallers op ʼn plaas buite Potchefstroom oorval is.
Verlede wys besoekende span se halfeindkanse is maar skraal
ʼn Halfeind is nooit ʼn lekker ding nie. Dis reg of weg vir die verloorder – selfs al het hy sy halfeind-teenstander twee keer in die ligafase van ʼn kompetisie geklop
ANC skors Jhb-raadslid ná korrupsie
Die ANC in Johannesburg het bevestig dat hy ʼn Johannesburgse raadslid geskors het nadat die raadslid aan korrupsie skuldig bevind is.
Beweerde grootkop agter R300 m-heroïenvonds vasgetrek
ʼn Beweerde grootkop agter die “groot heroïenvonds” wat die polisie buite Villiersdorp in die Wes-Kaap gemaak het, is vandeesweek in hegtenis geneem.
SAPD soek ‘hartelose’ verdagtes wat vulstasie roof, motoris doodskiet
“In die proses het ʼn motoris by die vulstasie stilgehou om brandstof in sy motor te gooi, en die verdagtes het sonder waarskuwing op hom losgebrand.”
Gedagte vir die dag: Die pad vorentoe
Vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste. (Filippense 1:21, 23)