Dit help nie om doekies om te draai nie, Springbokrugby is steeds in die maalgat van agteruitgang.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 Augustus 2018
Bottervinger-Bulle brou; WP spoel Vrystaat weg
Bottervingers het die Blou Bulle in Durban suur te staan gekom, en die Westelike Provinsie (en ʼn wolkbreuk) het die Vrystaat Cheetahs op Nuweland weggespoel.
Buurtwaglid geskiet: ‘Ons kan nou net wag en bid’
“Die dokters het tydens die operasie sy derm geheg waar daar skade was.”
Video: Afrrrikaans is maar moeilik!
Toe ʼn pa van Kaapstad ʼn video gemaak het van sy worsteling om sy Engelssprekende agtjarige dogtertjie die ‘r’-klank in Afrikaans baas te laat raak, het hy nie geweet wat dit vir hom gaan inhou nie.
Pta-leier ‘sterf as held’
“Hy moes eintlik in die bed gebly het, maar altyd bereid en gewillig om die gemeenskap te dien, het hy saam met sy span na die verdagtes in die veld gaan soek.”
Bejaarde vriendinne op plaas ontvoer
Twee bejaarde vriendinne is Vrydagmiddag glo ure lank op ʼn Limpopo-plaas aangeval en aangerand voordat hulle ontvoer is.
Man in Pta-park langs meisie doodgeskiet
Die Pretoria-polisie en ʼn private veiligheidsmaatskappy het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ʼn inwoner Saterdag in ʼn gewilde park koelbloedig langs sy meisie doodgeskiet het.
Beauden Barrett druk vier keer en All Blacks herhaal die loesing
Dit was nog beter as verlede naweek se loesing wat hulle die Wallabies in Sydney toegedien het toe die All Blacks op tuisbodem weer in die tweede helfte losgetrek het.
Tienermeisie sterf in ongeluk
ʼn Tienermeisie is dood toe die motor waarin sy ʼn passasier was Vrydagmiddag omgeslaan en gerol het.
Mark Minnie se kinders glo hy het die sneller getrek
“Ek sal nooit ten volle verstaan nie, maar ek respekteer pa se besluit. Sommige mense sê dat selfdood die maklike uitweg is vir lafaards, maar ek staan vandag hier en sê dat my pa nie een was nie.”
Nóg hupstootjies vir oorgrensrugbybande
Amerikaanse en Franse rugby wil hande vat, en Suid-Amerika kry ʼn eie beroepsklubliga met spanne uit vyf lande wat daaraan sal deelneem.
Ambassadeur dood in Senegal aangetref
Die 73-jarige diplomaat is na wat berig word deur haar chauffeur in haar woning aangetref toe hy vir werk aangemeld het.
Trump-twiet: AfriForum gee sy feite oor plaasmoorde, eiendomsreg in SA
AfriForum het gesê Donald Trump se twiet oor Suid-Afrika verwoord ʼn geregverdigde kommer oor gebeure in SA en het diegene wat daaroor twyfel versoek om hulle te vergewis van die feite rakende plaasmoorde en die bedreiging van eiendomsreg.
Foto’s en video: Bela-Bela-baken brand af
ʼn Gewilde baken in Bela-Bela, die Limpopo-vakansiedorpie, het Vrydagnag tot op die grond afgebrand.
‘Die Seemeeu’ ’n hoogtepunt by Silwerskermfees
Die Afrikaanse filmweergawe van Anton Tsjekof se drama Die Seemeeu is ’n kragtoer, en een van die onbetwiste hoogtepunte van die Silwerskermfees, wat tans in Kampsbaai, Kaapstad, plaasvind.
Gedagte vir die dag: God se liefdesverhouding gebaseer op sy goedheid
Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy ken elke mens wat op Hom vertrou. (Nahum 1:7)