Suid-Afrikaanse politieke partye het tot Woensdag kans om aan die OVK-vereistes te voldoen om vir die verkiesing te registreer.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Maart 2019
Outa het alternatiewe idees vir e-tolprobleme
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat teen e-tol gekant is, het die regering Dinsdag versoek om ander moontlikhede te oorweeg om die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) te finansier.
Mabuza sê oor Medupi, Kusile-kontrakte
Die kontrakte om die Medupi- en Kusile-kragstasies te bou is baie sleg gestruktureer en dit het tot korrupsie gelei, het adjunkpres. David Mabuza Dinsdag in die parlement toegegee.
Okosa: Verwyder voorsitter, vra LP’s
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie wil hê die voorsitter van Okosa wat skuldig bevind is aan bedrog, moet dadelik afgedank word.
16 beseer toe trein ontspoor
Minstens 16 persone is Dinsdag beseer toe drie waens van ʼn trein by die Elandsfontein-treinstasie in Boksburg ontspoor het.
Driejarige gered ná kaping
Twee vroue is vir ondervraging in aanhouding ná ʼn driejarige seuntjie gered is uit ʼn voertuig wat Dinsdagoggend vroeg in die suide van Johannesburg gekaap is.
ToekomsVenster: Leer Jesus weer persoonlik ken
Raak tog weer halsoorkop verlief op Jesus. Dis net Hy en Hy alleen.
Klag teen duiker ná voorval met walvis
“As die fotograaf in ʼn soortgelyke situasie met ʼn leeu beland het wat besig was om te jag, het almal nou gevra hoe die fotograaf so dom kon wees.”
Burgerd Botha vertel van romantiese verlowing langs Vaalrivier
“Aan die einde van die briefie het ek gevra: ‘Sal jy met my trou?’”
Foto’s: Beswaar teen Discovery se plan oorgedra
Gore sou aanvanklik vandag die memorandum aanvaar maar het iemand anders in sy plek gestuur.
Borskankerstryd bring Kaapse skool byeen
“Ons doen maar net wat sy nog altyd vir ons gedoen het; ons is hier om haar te ondersteun en ons glo sy sal hierdeur kom.”
200 diere brand in wildkampe dood
“Hy het eers gedink dit is ʼn aanval, maar toe hy buite kom, toe sien hy dit is ʼn brand. Dit was totale chaos.”
‘Binnelanders’-sterre is ‘Keelvol’ in nuwe produksie
Die twee geliefde akteurs stel ook albei hul musikale talent in die produksie ten toon.
Rooibostee maak naam in Japan
Meer as 2 000 ton rooibostee is in 2018 na Japan uitgevoer.
Amla gaan familie bystaan
Amla het gevra om weens menslikheidsredes van die laaste twee wedstryde verskoon te word.
Beseerde seeskilpadjie gered
Die klein seeskilpad is intussen “Sunny” gedoop.
Man glo deur tuinier van afgelope 26 jaar vermoor
Sy bure moes met afgryse toekyk toe hulle nie die veiligheidshek na sy huis kon oopkry om hom te hulp te snel nie.
SAUK kry reddingsboei
Die SAUK gaan noodfinansiering van die nasionale tesourie kry, het die minister van kommunikasie aangekondig.
Luister in 3 minute: Yes4Youth, Venezuela se kragkrisis en Nersa
Die drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is die regering se Yes4Youth-werkskema, Venezuela se elektrisiteitskrisis en Nersa wat ʼn verhoging in Eskom se elektrisiteitstariewe toegestaan het.
Is ‘Speckmagic’ se toorkunsies Bokmateriaal?
Powell: “Ek hoop Rosco kan dit maak vir die Wêreldbeker.”